Page 5 of 8
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Sun Jun 02, 2013 6:56 pm
by GIDO
Wouter Roets wrote:1. Stefan764 - Ruger
2. Lourens Kilian - Howa
3. Piet Breedt - Howa
4. Piet-Skiet - Howa
5. DirtOldSix - Howa
6. SS - Howa
7. Tau - Ruger
8. Hugo V - Howa
9. SV MAD - Howa
10. Vincehond - Howa
11. atplay - Howa
12. Johan Loots Ruger african hougue.
13. Roger! - Howa
14. Phillip de Bruyn - Howa
15. Molopohunt-Ruger
16. KSV - Howa
17. F.L.A.S.H - Howa
18. Jan Nel
19. Louwrens Nel - Ruger Alaskan
20. Wes - Howa
21. Hingsding - Howa
22.Kobus vd Berg-Howa Stainless
23 Grumpy Howa houtkolf (Doen aansoek vir lisensie die week) Klaar betaal!!!
24. JohanP - Howa, Lisensie so pas goedgekeur :-)
25. Chris Swart- Howa (Moet nog vir CFR oortuig...)
26. Madfin Howa
27. Jurie Scholtz Savage Alaskan Brush hunter
28. Andy- Ruger African Hawkeye
29. Fred - Ruger African
30. Wouter Roets - Ruger Alaskan
31. Noors - Ruger Alaskan
32. GIDO - Howa
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Sun Jun 23, 2013 8:38 am
by tau
Ai manne my hart is seer. My 7.5 x fixed leupold wat ek vanaf my 7mm Rem Mag fagehaal het en toe op my .308 win en nou op die .375 Ruger het, het gegaan. My oupa het die scope in die 70's gekoop vir sy 7mm en hy het my baie goeie diens gegee. Lyk my die recoil van die Ruger het hom nou gebreek. nadat ek laaskeer 3 groepe van onder die 35 mm geskiet het het ek gister gesukkel om my groot gong op 100m raak te skiet. Dan hoog dan laag maar sommer soos in 20 cm op en af skyf. Die mounts is nog lekker vas en dit is darem die genuine Ruger mounts wat saam met die roer kom.
Wys net na jare se diens op 'n 7mm wat mesn dink het recoil en dan net 60 skote op die Ruger en hy gee die gees op. Was rerig 'n lekker scope met so dot sight in die middel. Was nooit 'n great papier skiet scope nie, maar hy het lekker in die bos gejag of diere wat beweeg wat gewkes is.
Elkgeval ek moet oor 3 weke gaan jag in die Oos-Kaap so ek dink 'n Nikon monarch 2.5-10 x 42 sal die nommer wees vir die outjie. Daar gaan my budget vir die Kudud bul, sal maar koeie skiet. Het iemand ander plan wat so in dieselfde prysklas val?
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Mon Jul 15, 2013 3:17 pm
by Quinna
1. Stefan764 - Ruger
2. Lourens Kilian - Howa
3. Piet Breedt - Howa
4. Piet-Skiet - Howa
5. DirtOldSix - Howa
6. SS - Howa
7. Tau - Ruger
8. Hugo V - Howa
9. SV MAD - Howa
10. Vincehond - Howa
11. atplay - Howa
12. Johan Loots Ruger african hougue.
13. Roger! - Howa
14. Phillip de Bruyn - Howa
15. Molopohunt-Ruger
16. KSV - Howa
17. F.L.A.S.H - Howa
18. Jan Nel
19. Louwrens Nel - Ruger Alaskan
20. Wes - Howa
21. Hingsding - Howa
22.Kobus vd Berg-Howa Stainless
23 Grumpy Howa houtkolf (Doen aansoek vir lisensie die week) Klaar betaal!!!
24. JohanP - Howa, Lisensie so pas goedgekeur :-)
25. Chris Swart- Howa (Moet nog vir CFR oortuig...)
26. Madfin Howa
27. Jurie Scholtz Savage Alaskan Brush hunter
28. Andy- Ruger African Hawkeye
29. Fred - Ruger African
30. Wouter Roets - Ruger Alaskan
31. Noors - Ruger Alaskan
32. GIDO - Howa
33. Quinna - Howa (wag net vir lis)
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Aug 13, 2013 10:28 pm
by Piet Breedt
Ek het ook vir my n Ruger Alaskan gekoop, en gaan die Howa verkoop. Niks fout met hom nie, net baie gehou van die gevoel en die aanle van die Ruger.
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Thu Aug 15, 2013 5:52 pm
by John
Middag manne
Mag ek ook maar die bende join? Dink dit is regverdig aangesien ek ook een het
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Aug 20, 2013 9:01 pm
by JohanvB
del
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Wed Aug 21, 2013 7:05 am
by tau
Warm water en seep.
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Wed Aug 21, 2013 7:13 am
by JohanvB
..
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Wed Aug 21, 2013 7:35 am
by tau
Gepraat van daai kolf. Wie van julle het al lekker ver die roer gedra? Daai knoppies op die grip van die kolf het my lekker rou geskaaf op ons laaste jag.
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Wed Aug 21, 2013 9:23 am
by Stefan764
Dra hom oor die skouer aan die loop, Sullivan style! Blouwildebees het my 7ure in verskiklike ruig terrain die plaas mooi gewys... So ek ken hom haha, hy kan nogals swaar raak...
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Wed Aug 21, 2013 11:59 am
by tau
Stefan764 wrote:Dra hom oor die skouer aan die loop, Sullivan style! Blouwildebees het my 7ure in verskiklike ruig terrain die plaas mooi gewys... So ek ken hom haha, hy kan nogals swaar raak...
Nee sjoe ek Sullivan nie my ou ek is mos spoorsnyer en benodig beide hande om mis te disekteer en ruik,proe en doeltreffend kan vastel wat die dier geet het en dus waar ek hom onder watter tipe boom sal vind.
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Jan 14, 2014 4:33 pm
by FJJoubert
Ek wil net se dat ons is nou al amper 100 lede op ons 375 Ruger FB groep en die manne deel lekker inligting!
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Jan 14, 2014 4:36 pm
by tau
FJJoubert wrote:Ek wil net se dat ons is nou al amper 100 lede op ons 375 Ruger FB groep en die manne deel lekker inligting!
Wat is julle naam?? Wie is julle en wat is julle bende teken?
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Jan 14, 2014 4:47 pm
by Chris Swart
FJJoubert wrote:Ek wil net se dat ons is nou al amper 100 lede op ons 375 Ruger FB groep en die manne deel lekker inligting!
Sit 'n link op Asseblief.
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Jan 14, 2014 4:50 pm
by FJJoubert
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Jan 14, 2014 4:57 pm
by Chris Swart
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Wed Feb 05, 2014 12:39 pm
by NicoJooste
34. NicoJooste - Howa
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Feb 25, 2014 7:54 am
by william007
Ek het ook 375 Ruger en hy is super nie n dag spyt oor hom nie hy werk soos n bom
beste koop nog
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Sat Mar 08, 2014 4:26 pm
by Sako75
Manne,
Ek het vandag in Kloppers in Bloem 100x Hornady 375 Ruger doppe gesien as julle sulke goed soek. Prys was onder R1,000 vir 50 dink ek.
Ek weet hulle was skaars op 'n stadium en ek sit dit op, dalk help dit iemand.
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Mar 03, 2015 3:25 pm
by tau
As mens vat hoe mal die wereld oor die .375 Ruger was 2 jaar terug en hoe elke tweede post oor die wapens was, dan is die stilte tans darem skokkend. Het almal besef dat jou 7mm, 30-06 of .308 net so goed alles kan jag wat nie skop, krap of byt. Het te veel manne hulleself overgun in 'n kort tydjie oor die aangename koop prys van die eerste Howa's?
My geweer word erg afgeskeep. En het in 2013 laas bloed getrek. EK gaan nou weer die lyne optel en wil graag vanjaar met haar 'n Eland en BWB jag. My grootste vrees om met die wapen te jag is dat as ek oor 150m meter begin skiet is my kennis van die wapen se trajek baie swak. Ek oefen ook nie so baie met die kaliber om die afstande te leer ken nie, want dit is net eenvoudig te duur.
Ek het Impala 300gr solids begin skiet, maar hulle val soos 'n klip anderkant 150m en kan nie met die 200gr GS customs of die 270gr TSX vergelyk word nie. Hulle gee wel 'n gong sleg pak. My geweer is met 'n x 4 fixed duitse teleskoop toegerus wat asemrowend werk in die bos, maar as jy anderkant 100m gaan kuier raak dit moeilik.
EK dink ook recoil is 'n realiteit vir party manne. My Ruger Alaskan is baie rustig en hanteerbaar, maar die kaliber skop lekker as jy hom met 'n houtkolf toerus veral 'n laminated kolf wat nie baie gewig het nie.
Wie gebruik nog hulle .375 Rugers baie? EK los deesdae my 7mm en 6.5mm by die huis en forseer myself om die Ruger te gebruik.
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Mar 03, 2015 3:29 pm
by tau
1. Stefan764 - Ruger
2. Lourens Kilian - Howa
3. Piet Breedt - Ruger
4. Piet-Skiet - Howa
5. DirtOldSix - Howa
6. SS - Howa
7. Tau - Ruger
8. Hugo V - Howa
9. SV MAD - Howa
10. Vincehond - Howa
11. atplay - Howa
12. Johan Loots Ruger african hougue.
13. Roger! - Howa
14. Phillip de Bruyn - Howa
15. Molopohunt-Ruger
16. KSV - Howa
17. F.L.A.S.H - Howa
18. Jan Nel
19. Louwrens Nel - Ruger Alaskan
20. Wes - Howa
21. Hingsding - Howa
22.Kobus vd Berg-Howa Stainless
23 Grumpy Howa houtkolf (Doen aansoek vir lisensie die week) Klaar betaal!!!
24. JohanP - Howa, Lisensie so pas goedgekeur :-)
25. Chris Swart- Howa (Moet nog vir CFR oortuig...)
26. Madfin Howa
27. Jurie Scholtz Savage Alaskan Brush hunter
28. Andy- Ruger African Hawkeye
29. Fred - Ruger African
30. Wouter Roets - Ruger Alaskan
31. Noors - Ruger Alaskan
32. GIDO - Howa
33. Quinna - Howa (wag net vir lis)
34. John -
35. Nico Jooste - Howa
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Mar 03, 2015 3:40 pm
by Wouter Roets
Tau
My Alascan is die heel eerste geweer wat ek na gryp as ek plaas toe gaan.
Groetnis
Wout
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Mar 03, 2015 3:56 pm
by tau
Wouter as ek meer boswereld gejag het sou ek darem self net die Alaskan gebruik het. EK het 2 jaar terug in die OO-Kaap bitter naby skote gekry op Kudud en varke en die weglaatbare vleisskade en asemrowende doodmaak vermoe was lekker. Die afwesigheid van 'n knaldemper en my tekorkoming as skut met die roer se langafstand verrigting maak dat hy nie rerig saam met my in die vlaktes jag nie.
Het jy al so paar bokke met hom gejag? Het jy al die sneller gestel? My vriend wat saam met my sy Alaskan gekoop het kon eenvousig nie met die standaard sneller regkom nie.
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Mar 03, 2015 4:15 pm
by Louis Kriel
Tau jy's reg die 375Ruger se recoil het my al bietjie na my 30-06 laat verlang, maar vandat ek met Impala's jag is recoil iets van die verlede. Ek skiet elke jaar n hele paar gemsbokke en een of 2 koedoes. Die 375 sit hom darem net mooi vinnig neer. Het ook by die groepie aangesluit en dit lyk of die 375 Ruger hier is om te bly.
https://www.facebook.com/groups/506824379378589/
Re: 375 Ruger Bende
Posted: Tue Mar 03, 2015 4:40 pm
by Wouter Roets
Tau
Ek het die sneller dadelik met n Timney vervang soos ek maar met die meeste van my Rugers doen. Ek het nog nie veel met hom geskiet nie, maar ek sal bietjie werk maak daarvan die jaar. Ek het mos oorspronklik die geweer vir die plaas gekoop en toe besluit om hom maar oor te vat vir myself. Ek het destyds sommer fabrieksamminusie gekoop aangesien dit die maklikste was en ook boonop nie doppe kon kry nie. Ek hou glad nie van die DGX en DGS koeels nie so sal hulle maar uitskiet op varke en hulle kolegas bobbejane en jakkelse. Daarna sal ek hom stook met Barnes TSX 270gr waarna hy kan saamgaan op n oordentlike jagtrippie of twee. Sy boetie die 416 moet nog ingewei word so daar is baie werk. Dit is maar swaar werk maar iemand moet dit doen.
Groetnis
Wout