Page 5 of 45
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Thu Sep 13, 2012 10:36 am
by SV MAD (Henk)
Danie Lombard .243 wrote:
dit is mos die fyn houtjies wat die vuur start en die ou duk anties wat die plan deur voer.
Tolla smile nou wyd...
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Fri Sep 14, 2012 9:05 am
by Benbrand
Hallo Kerels
Hier is my Nege Drie Mauser...
Moet net die kolf laat oordoen. Het dit self gedoen so 2 jaar terug en nou begin die Stain afkom en die hout lyk nie te mooi nie. Sal hom graag weer die oorspronklike London Oil finish wil gee.
Het 'n 3-9x38 Lynx Scope op.
Groetnis
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Fri Sep 14, 2012 9:16 am
by Hilux01
Ben
Ai maar dis n mooi Mauser daai, laai fotos as jy die kolf oorgedoen het ook
Watter soort recoil pad het jy daar op?
Henk
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Fri Sep 14, 2012 9:35 am
by Benbrand
Dankie man, ja nee ek het baie vertroue in daai roer. Dis 'n Winchester pad wat ek opgesit het Henk.
Moet s?, daai Sabatti van jou is 'n beaut!!
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Fri Sep 14, 2012 11:08 am
by Toppie
DWB,
Ek het ook vir my 'n CZ550 9.3x62 aangeskaf maar ek is spesiaal gevra om die die tydskale vir die verkryging van die lisensie nie vir jou te gee (jy sal blykbaar jou polse afkou)
Ek het gisteraand bietjie gaan kyk of die teleskoop reg is, loop soos purity vir 'n baba)
Ons gaan op ons eerste date die einde van die maand om bosvarke en koedoes in vrugteboorde te gaan uitsorteer.
Groete,
Pieter
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Fri Sep 14, 2012 11:18 am
by DWB
Hehehehe,
Pieter,
Baie geluk!
Ja die polisie is my minder genadig met die een.
Ek moet binnekort 'n kolonel bel vir terugvoerimg en ek hoop dit is goed!
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Fri Sep 14, 2012 11:28 am
by IceRoss
Hilux01 wrote:
@SV Mad,
Ek het n PM van Toppie ook gekry op die forum verstaan hy het ook n 9.3
Kom nou Toppie gee ons meer info en n foto man
Ek sien ons is al op 16 x
Waar is die fotos manne? Gee ons bietjie 9.3 Porn om na te kyk so op n Donderdag
Dammit Henk as ek net die foto kan op kry sal ek "wys" maar dit is n gesokkel!

Re: 9.3x62 Bende
Posted: Sun Sep 16, 2012 6:23 pm
by Hilux01
@IceRoss as jy my email met fotos sal ek dit vir jou opsit
Ek was gister vir eerste uitstappie met my 9.3 op die skietbaan, ek moet net noem daar is geen beter gevoel wat n man met sy nuwe geweer kan h? as om 50 rondtes deur n splinter nuwe loop te stuur nie
Ek het ook Vrydag die Nikon laat op sit
WOW, ek gaan ek kan nie wag om weer op die skietbaan te draai nie
Ek sal later beter fotos wys met die Nikon op
Henk
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Sun Sep 16, 2012 6:39 pm
by DWB
Henk jy kan nou wragtig nie so min s? nie!
Vertel bietjie meer!!!
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Mon Sep 17, 2012 7:02 am
by IceRoss
Hilux01 wrote:
@IceRoss as jy my email met fotos sal ek dit vir jou opsit
Ek was gister vir eerste uitstappie met my 9.3 op die skietbaan, ek moet net noem daar is geen beter gevoel wat n man met sy nuwe geweer kan h? as om 50 rondtes deur n splinter nuwe loop te stuur nie
Ek het ook Vrydag die Nikon laat op sit
WOW, ek gaan ek kan nie wag om weer op die skietbaan te draai nie
Ek sal later beter fotos wys met die Nikon op
Dankie Henk ek sal gaan kyk wat ek het en dan vir jou aanstuur. Bly jy het die trippie op die skietbaan geniet en ek stem 100% saam, n man met n nuwe geweer op die skietbaan is gelukkiger as n vrou met n diamant aan haar vinger!

Beplan jy om self te herlaai ook?
Henk
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Mon Sep 17, 2012 4:16 pm
by DWB
En daar is hy vandag goedgekeur!!
Gaan hom vanaand skiet!!!
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Mon Sep 17, 2012 7:47 pm
by Marc
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Mon Sep 17, 2012 8:24 pm
by DWB
Dankie Marc!
Ja dit sal voorwaar 'n voorreg wees!
Ek is al reeds besig om te kyk of ek nie my droom vlakvark kan opspoor hier naby nie.
Mooi aand!
PS: manne die geweer skiet baie lekker, het haar netnou getestdrive!!!
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Mon Sep 17, 2012 9:13 pm
by Flip Nel
[img width=560 height=420]
http://i1099.photobucket.com/albums/g39 ... 012005.jpg[/img]
Nou hier is myne 'n cz 550
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Mon Sep 17, 2012 9:18 pm
by DWB
Baie mooi Flip!
Watse kolf het jy op?
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Mon Sep 17, 2012 9:27 pm
by Hilux01
DWB
Baie geluk, ek weet hy gaan jou sommer baie plesier verskaf, hoop daai skouer het mooi gehou
Ons moet dringend plan maak vir n ernstige 9.3 kuier of saam trek
Oom Flip, daai is n mooi CZ
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Mon Sep 17, 2012 10:37 pm
by Flip Nel
DWB
Dis 'n armtec kolf, is 3 jaar terug opgesit toe my houtkolf gekraak het, maar die ouens (geweerplek hier in Namibia) het nie goeie job gedoen nie, my skroewe het bly loskom, het hom toe na geweersmid in windhoek geneem, nou is hy wakker skiet duim groeperings met Highland ammo, Pro-am gee duim half. Ek is nou baie happy.
Hilux
dankie , jong ek is nog nie 'n oom nie asb. tog dit laat my oud voel

Re: 9.3x62 Bende
Posted: Tue Sep 18, 2012 5:52 am
by DWB
Dankie OOM Flip
Het die kolf crossbolts ingehad voor hy gekraak het?
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Tue Sep 18, 2012 7:26 am
by Wouter Roets
Deon
Baie geluk man! Ek hoop hy gee jou so baie plesier soos jy gehoop het hy gaan!
Groetnis
Wout
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Tue Sep 18, 2012 7:27 am
by DWB
Dankie Baas Wout! Ek is seker hy gaan!!!
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Tue Sep 18, 2012 3:35 pm
by Skier
Foto's van my twee nege-drie roers,
FN Mauser Standaard (oop visier)
FN Mauser Deluxe (Swarovski Z3 3-9x36)
Mooiloop,
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Tue Sep 18, 2012 4:47 pm
by Hilux01
Skier, daai is twee mooi roere
Mnre
Hiermee my fotos van die 9.3x62 (my nuwe trots) en die Nikon Monarch 2-8x32
Ek dink dit lyk heel "ok"
Henk
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Tue Sep 18, 2012 8:41 pm
by DWB
Henk & Skier
Baie mooi manne!!!!!!!!1
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Tue Sep 18, 2012 8:47 pm
by immelmanw
kopskoot wrote:
DWB,
Sorry man, ek weet ek is nie n moderator nie, maar is hierdie topic nie nou by die verkeerde afdeling nie.
Hierdie afdeling is mos vir grootwild kalibers
Toemaar ek soek sommer net moeilikheid!!
Ronald, waar pas n 30-06 in?
Re: 9.3x62 Bende
Posted: Wed Sep 19, 2012 12:03 am
by Flip Nel
DWB
Hy het nie inghaad niemaar dit was nie die probleem nie, iemand het hom perongeluk omgestamp op die plaas. Gelukkig het ek assuransie so alles is darrem okay gewees