Page 5 of 12
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Jul 22, 2013 10:12 am
by Hilux01
Flip
Goed ek het die naweek bietjie kans gehad om daai 250gr Nosler BT op die baan te gaan gooi
Ek het goeie groepe reg deur die bank gekry en dink n ou kan sien dat Nosler se kwaliteits beheer baie goed is
Deon het gehelp destyds en QL reken ek moet 58.6gr se S341 gooi in die Norma doppe met n CCI250 primer om n node te kry op 2432vt/sek (dis natuurlik op die 250gr Accubond se data gewerk)
Ek het toe sommer omdat ek lus was om n paar koeels te gooi begin laai op 57gr en elke 0.5gr opgegaan tot by 60gr
Ek het nou nie al die presiese dat hier by die werk nie maar dit lyk of ek goeie groepe van 3 op 57.5, 58 en 58.5gr geskiet het almal sub-MOA
Die beste was so 0.7" vir die 57.5gr met 3 koeels - die snelheid was to so in die orde van 2410vt/sek as ek reg onthou
Ek gaan verseker die Accubond probeer - moet net eers spaar

Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Jul 22, 2013 10:20 am
by DWB
Henk, ek is bly as hulle mooi begin saamwerk!
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Jul 22, 2013 6:56 pm
by Flip Nel
Hilux01 wrote:Flip
Goed ek het die naweek bietjie kans gehad om daai 250gr Nosler BT op die baan te gaan gooi
Ek het goeie groepe reg deur die bank gekry en dink n ou kan sien dat Nosler se kwaliteits beheer baie goed is
Deon het gehelp destyds en QL reken ek moet 58.6gr se S341 gooi in die Norma doppe met n CCI250 primer om n node te kry op 2432vt/sek (dis natuurlik op die 250gr Accubond se data gewerk)
Ek het toe sommer omdat ek lus was om n paar koeels te gooi begin laai op 57gr en elke 0.5gr opgegaan tot by 60gr
Ek het nou nie al die presiese dat hier by die werk nie maar dit lyk of ek goeie groepe van 3 op 57.5, 58 en 58.5gr geskiet het almal sub-MOA
Die beste was so 0.7" vir die 57.5gr met 3 koeels - die snelheid was to so in die orde van 2410vt/sek as ek reg onthou
Ek gaan verseker die Accubond probeer - moet net eers spaar

Henk
Baie dankie vir die inligting
Ek het so 'n paar Accubond met S335 gelaai, net spoed gekyk nie groepe nie, 58 grain het my so 2525 gegee, sal erens 'n plan moet maak om skietbaan toe te gaan
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Jul 29, 2013 8:39 am
by Hilux01
Ek het met baie moeite en hulp van n pel 250gr Accubonds vanaf Pretoria laat kom en gelaai
Sou Saterdag saam my pa met sy .308 (180gr Ballistic Tips) die dag op die baan spandeer
Toe waai die wind so dat die teiken nie eers wil regop bly nie
Op die einde was n paar plastiek bottels met die haelgeweer en die saloontjie al wat kryt gebrand het
Ai my tyd is so beperk om n skietbaan te kom, maar met die wind saam besluit dis nie die moeite werd om die "duur" koeels te mors nie
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue Aug 13, 2013 3:16 pm
by Predator
Ek herlaai nou al geruime tyd vir my 9.3x62.
Ek het al baie sukses behaal met die 286gr Rhinos wat ek laai @ 2250 ft/sek met 52gr S335 -CCI200 primers.
In die bos met afstande van 80 - 120m is dit n dodelike lading.
Wat nou gemaak as jy n lang skoot moet vat? Dit gebeur nie aldag nie, maar wat van daardie dag as jy al vir 2 dae hard gejag het en laatmiddag met die son wat ernstig water trek staan daardie koedoe so 250 - 300 m van jou af, en jy weet dit is jou enigte kans om v vleisie huis toe te vat?
n Klompie jare gelde jag ek in Tolwe omgewing. 2 Dae hard gejag - heeldag in die veld - voete is seer en moed hang laag. Laatmiddag met die son wat ernstig begin verdwyn stap ons padlangs kamp toe. Skielik is daar lewe. n Troppie koedoes stap oor die pad - so 300 m van ons af. Skep skielik moed en begin bekruip. n Bul gaan staan stil in die pad en kyk in ons rigting. Nou weet ek - as hulle daar begin hardloop, is dit klaarpraat.
Ek neem toe lêhouding aan daar in die pad. Dis dêm ver vir die 9.3 met die 286 greine. Ek mik toe maar so op die hare op die skof. Skoot klap, koedoes hardloop. Die gids sê dis mis en ons begin die afstand aftree. Dit was so 270 m tot by die plek waar die koedoe gestaan het. Gids raak opgewonde - daar is bloed! Ons kry toe die koedoe so 40m van waar hy getref is. Die skoot is deur die hart met n ingangs wond en uitgangs wond dieselfde groote. Met die afslag was dit ook duidelik. Die ou 286 greiner het het nie oopgemaak nie.
Nou laai ek die 230 gr GS Custom teen 2650 ft/sek - 58gr S335. Ek zero op 200m en weet op 100 m is hy so 2" hoog - maar vir n langer skoot hoef ek nie soveel te kompenseer nie.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue Aug 13, 2013 3:20 pm
by DWB
Predator, die 9.3 is verbasend akkuraat op langer afstande.
Maar ja, ek sou ook nie dink die Rhino sou oopmaak op daai afstand nie.
Maar ek is seker daai GS gaan doen wat jy wil hê en nog meer!
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue Aug 13, 2013 9:25 pm
by Hilux01
Predator
Dankie dis weer nuwe manier van kyk na die ou stryd os
Ek sukkel tans om te besluit of ek dalk na 250gr Nosler Accubond moet oorskakel - daai is presies my redenasie tans vir die 250gr
Maar kon nog nie een klagte gee oor my 286gr Claw nie
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Wed Aug 14, 2013 9:15 am
by Predator
Dagse Hilux01
Ek het nog geen slegte woord gehoor van die Claw nie - die wat hom gebruik, praat met lof van hom.
As jy nou op die 250gr Accubonds besluit het, toets hom en laat weet hoe loop hy. Ek het nou juis n pakkie 250gr Barnes TSX hier wat ek graag wil toets. Sal hom maar eers op papier moet toets. Die jag vir die jaar is nou eers verby vir my.
Groetnis
Berkeley Geer
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue Sep 03, 2013 7:05 pm
by Benji93
Hallo manne
Wat is die min en max ladings met S355.
Ek wil 286gr swift a frames skiet.
Groot asb, ek sukkel :-)
Groete
Benno
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue Sep 03, 2013 8:17 pm
by DWB
Benno. Wat is jou loop lengte
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue Sep 03, 2013 9:05 pm
by Benji93
Hi
Dis n std CZ550 lux, laasjaar gekoop.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Wed Sep 04, 2013 8:36 am
by DWB
Benno, Jy kan begin op 53.7gr en op werk. (of 2245ft/s)
Maar moenie 'n spoed van 2411ft/s oorskry nie (of te wel 58.2gr)
Maar onthou, elke geweer is uniek, so hou die spoed dop. (Spoed is direk verwant aan druk)
Jou beste akkuraadheid behoort ook naby die 2 spoed grense te wees wat ek vir jou gegee het.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue Sep 17, 2013 5:11 pm
by mariusr
Wie ken die punt!? So ruk terug paar by ou gekoop vir die 9,3 x 62 vandag gelaai! 286gr baie lang punt! Raai eers! Lyk "awsome"!!!
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Tue Sep 17, 2013 7:19 pm
by mariusr
Lyk nie of iemand weet nie!? Brenneke torpedo silver solids!
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Wed Sep 18, 2013 7:25 am
by Hilux01
Marius
Dit lyk sommer Naas
Wat beplan jy om met die solids rond te jaag? Gaan jy buffel jag?
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Wed Sep 18, 2013 7:34 am
by mariusr
Mens weet nooit wat kom op die nege drie se pad nie! Miskien seekoei of so iets! He he! Ek het ook brass solids maar die brenneke punt was net vir my mooi ! Moet se sal nie twee keer dink om ollie aan te vat met die solids dink hy gaan bollie!!!
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Wed Sep 18, 2013 3:45 pm
by DWB
Lyk heel oulik oom Marius,
Het nou vir myself 260gr GS FN gekry, hulle lyk MEAN, nie oulik

Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Fri Nov 08, 2013 11:34 am
by jpgun
Dagse
My dag was gemaak toe ek gister die lesensie gekry het en my nuwe geweer kon gaan haal het. Nou will graag bietjie hulp vra rondom die herlaai van die 9.3 x62. Ek laai wel vir my ander kalibers maar het geen ondervinding vir die een nie. Ek kon Hornady interlock 286gr en Barnes TSX 250gr koeels sover in die hande kry. Soos wat ek op die forum al gelees het lyk dit of S355 beter is vir die 286gr interlock en S335 beter is vir die Barnes 250gr?
Sal 'n aanduiding van begin en max ladings wardeer as iemand dit het?
Ook vir watse spoed grense moet ek kyk?
Die Somchem data vir die Barnes 250gr is 2086-2354 f/s maar dit is vir S341. Hoe gaan dit vergelyk vir S335?
Ek het 'n Tikka hunter geweer en die loop lengte is 22 7/16.
Dankie
Johan
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Fri Nov 08, 2013 1:45 pm
by mariusr
Ek laai 58gr S341 vir 286grein punt vir die 9,3x62 loop mooi, spoed is so 2300 vt/ sec.Is ook goedkoper as die ander kruit!
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Nov 11, 2013 7:48 am
by Hilux01
Johan
Baie geluk met daai aankoop
Dis n lieflike kaliber en ek ruil myne vir niks nie
Ek laai tans 58.6gr S341 agter 286gr Claw met Norma doppe en CCI250 primers
Ek kry so in die orde van 2250vt/sek en myne groepeer maklik sub-MOA tot op 150m
Soos Marius noem S341 is meer beskikbaar en goedkoper, gebruik dit ook in my 303 en pa se 308 sonder moeilikheid
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Nov 11, 2013 8:07 am
by Pappabeer
Hilux01 wrote:Johan
Baie geluk met daai aankoop
Dis n lieflike kaliber en ek ruil myne vir niks nie
Ek laai tans 48.6gr S341 agter 286gr [/b]Claw met Norma doppe en CCI250 primers
Ek kry so in die orde van 2250vt/sek en myne groepeer maklik sub-MOA tot op 150m
Soos Marius noem S341 is meer beskikbaar en goedkoper, gebruik dit ook in my 303 en pa se 308 sonder moeilikheid
mariusr wrote:Ek laai 58gr S341 vir 286grein punt vir die 9,3x62 loop mooi, spoed is so 2300 vt/ sec.Is ook goedkoper as die ander kruit!
Daar kan nie 50 fps verskil met 10 grein dryfmiddel nie?
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Nov 11, 2013 8:18 am
by Hilux01
Eish
Nee dis n tik fout gewees
Het dit reggemaak, hoop dit maak meer sin Dewald

Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Nov 11, 2013 8:35 am
by Pappabeer
Thanks, jip, wou sê dieps n poefter lading daai.
Ek kry 2250 fps met n 300gr Rhino op 56gr S341. Jammer vir die vorige tikfout. Moet nie S365 gebruik nie.
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Nov 11, 2013 9:59 pm
by jpgun
Baie dankie vir die hulp sover.
Het iemand dalk n voorstel vir watse poeier ek
moet kry vir daai barnes 250gr TSX?
Re: 9.3 x 62 herlaai data
Posted: Mon Nov 11, 2013 11:40 pm
by Pappabeer
Jy kan veilig werk met S341 &S335.
Die 341 laai vir my maklikker, en is meer vergewend met 0,1 gr op of af. Dit alles gevat met die gedagte dat ek oopvisier jag, so ek jaag nie lang afstand akkuraatheid of spoed na nie..
As jy teen 55gr S341 begin en opwerk sal jy baie veilig wees