Oxtail Potjie???
- foxripper
- Sr. Member

- Posts: 440
- Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm
Oxtail Potjie???
Kan een van julle my miskien help met n lekker Oxtail Potjie resep asb. Het n paar op die internet gesien maar die resepte het hopeloos te veel detail in.
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
-
Plant
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Tue Mar 15, 2011 6:10 pm
Re: Oxtail Potjie???
Foxie, ek gaan jou probeer help, die resep het al vele glimlagte opgelewer.
2 Kg Oxtail
1 Kg Mushrooms
1 Kg Wortels
500 g Seldery
4 Groot uie.
4 groot knoffelhuisies
1 Blikkie tamatie en uie smoor
1 klein blikkie tamatie puree
6 Blikkies Guiness (Daai ierse moedersmelk)
3 Lourier blare "Bay leaf"
Gemaalde koljander
Swart peper
Sout na smaak
Steak en chop spice
Self raising flour
Olyf olie
1 Pakkie bruin uie sop
Bruin asyn
Worchestire sous
Chutney.
Ek gebruik 'n lekker groot swartboom pot, gooi lagie olyf olie in en verhit tot redelik warm.
Neem die self raising flour, meng aromat en steak en chops spice in die meel in, gooi in 'n heel checkers sak, en skud die oxtail stukke daar in.
Haal meelbedekte stukke uit, skud ekstra meel af en braai tot mooi bruin in die olie.
haal stukke uit, sit in 'n bak eenkant, en sprinkel weer liggies met steak en chop spice.
Kap wortels, seldery en uie in klein blokkies. ( die is om die sous te veryk en geur te gee, nie as die groente komponent nie)
Gooi fyn knoffel huisies in die olie, en voeg dan groente mengsel in.
Braai tot alles lekker sag en geurig is, roer dan tamatie puree in, en kook lekker deur.
Gooi nou oxtail terug in die pot, gooi blikkie tamatie en uiesmoor in, saam met swart peper, lourierblare en koljander, laat kook vir so 5 minute.
Gooi nou Guiness in todat dit die vleis heel bedek.
Kook nou op medium hitte met deksel op vir so 2- 2.5 uur.
Vleis behoort nou al murg sag te wees.
Gebruik maatbeker en meng bruin uiesop, 2 eetlepels Worchestire sous, 40 ml bruinasyn en halwe koppie chutney, todat dit so amper loperige pasta maak.
as dit nog te styf is, vat van die sous uit die pot, en meng saam met die sop in.
Gooi sop in pot, roer deur, en gooi mushrooms bo op.
Maak deksel toe en los vir so 10 minute. PASOP vir aanbrand as die sop by gegooi is.
Na so halfuur se kook is jy reg om te rol, of as nog e loperig, haal deksel af en laat wegkook.
As jy die pot wil rek kan jy so na 2 uur se kook nog 'n kilogram wortels, aartappels en nog 1 ui bygooi in groter stukke gesny.
Die Guinnes kan ook vervang word met 'n goeie bottel rooiwyn (Namaqua Cabernet Sauvignon) en "Beefstock" passop net vir te veel sout dan.
Ek persoonlik hou van die vleis pot(sonder 2de byvoeging van groente), en kook hom tot die vleis eenkant le en die bene met die hand uithaal en die murg suig.
Bedien die outjie met Stampmielies of 'n lekker stukkie potbrood.
PS: die volgende oggend is hy nog lekkerder.
Hoop dit help dam so bietjie, is dalk ingewikkeld maar die moeite werd

Plant,
Baie dankie vir die tyd wat jy spandeer het om die resep te stuur Hou van die Guiness idee.
Het dit uitgeprint en sal jou na die naweek laat weet wat hoe dit gesmaak het.
Dankie weereens.
Groete
Foxi
Baie dankie vir die tyd wat jy spandeer het om die resep te stuur Hou van die Guiness idee.
Het dit uitgeprint en sal jou na die naweek laat weet wat hoe dit gesmaak het.
Dankie weereens.
Groete
Foxi
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
-
Plant
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Tue Mar 15, 2011 6:10 pm
Re: Oxtail Potjie???
In die Haak Fox, hoop hy smaak lekker.
Ek se altyd as die kos nie lekker is nie, dan het jy te min gedrink voor die tyd
Lekker naweek, gelukkig kan die bokke nie verloor nie.
Groete.
Ek se altyd as die kos nie lekker is nie, dan het jy te min gedrink voor die tyd
Lekker naweek, gelukkig kan die bokke nie verloor nie.
Groete.
- foxripper
- Sr. Member

- Posts: 440
- Joined: Tue Jan 26, 2010 4:59 pm
Re: Oxtail Potjie???
Verseker, die bokke kannie verloor nie maar die Bulle gaan nie semi's haal nie...whahaha...oops, nou maak ek slapende honde wakker.
25-06 Remington 700; 308 Musgrave Model 80
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
Re: Oxtail Potjie???
BEESSTERTPOTJIE
2 beessterte opgesny
4 wortels in dik skywe gesny
3 medium gekapte uie
1 blikkie botterboontjiessout
1 pakkie beesstertpoeier
250ml beesboeljon
4 aartappels in dik skywe gesny
250ml groenertjies
250g sampioene
6 murgpampoentjies in skyfies
2 uie in skywe gesny
Verbruin die beesstert in ?n warm pot met olie en gekapte uie.
Voeg sout by. Voeg soppoeier en boeljon by.
Voeg water by en laat prut vir 2? uur.
Skep vet af.
Voeg laag aartappels en wortels by.
Daarna n laag botter-boontjies met sous.
Voeg laag ertjies rou sampioene, murgpampoentjies en laag uieringe.
Maak pot toe en prut vir ? ? uur. Maak kluitjies en pak bo-op.
Sit deksel terug en prut vir 15 minute sonder om deksel te lig.
Bedien 10 persone.

"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design