sukkel om klanke na mp3 te kry

Post Reply
User avatar
jeep
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Wed Jul 06, 2011 9:37 pm

sukkel om klanke na mp3 te kry

Post by jeep »

dag se almal ek het ietwat van n probleem om roep klank van cd na mp3 oor te sit en dan na my foxpro te kry .
ek weet nie of ek maar net dom is of erg rekenaar gestermd is nie
hoop daar is iemandwat my kan help  :'(
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: sukkel om klanke na mp3 te kry

Post by Doepie01 »

Hallo Jeep

Die klanke op jou CD behoort klaar in MP3 formaat te wees. Jy moet dan n program "foxpro programmer" van foxpro se website aflaai. Jy gebruik hierdie program om de klanke oor te laai na jou roeper toe. Maak net seker dat die klanke 3 syfers vooraan het bv 001Jakhuil. Hoop jy kom reg.

Groete
Doepie
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: sukkel om klanke na mp3 te kry

Post by jaracal »

Hallo Jeep
Jy kan windows media player gebruik om dit van die CD te "rip" na die rekenaar in MP3 formaat. Indien jy WMPlayer 11 het is dit baie maklik. Laai dit gratis af by windows update indien jy dit nie het nie.
Indien jy nie regkom nie laat my weet, ek help graag.
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
jeep
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Wed Jul 06, 2011 9:37 pm

Re: sukkel om klanke na mp3 te kry

Post by jeep »

Hallo Doepie
ek het die program al afgelaai maar blykbaar is my cd nie in mp3 formaat gesny nie
dit is nie n copy nie dis die ware jakop van jaracal
ek sal maar aanhou krap sal hom moet baas raak want die brakies pla erg
dankie vir die hulp
karoo groete
User avatar
jeep
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Wed Jul 06, 2011 9:37 pm

Re: sukkel om klanke na mp3 te kry

Post by jeep »

Hallo Heinrich
Goed om van jou te hoor. Gaan dit probeer en kyk of ek dan iets ga reg kry.
net terloops het nou al 45 klien jakkies en 8 mammas en pappas by neste met grond honde gevang
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: sukkel om klanke na mp3 te kry

Post by Francois Marais »

jeep

Laai die programmetjie vir jou verniet af....

freerip

hy is klein en werk sommer lekker maklik.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: sukkel om klanke na mp3 te kry

Post by theedge »

jeep wrote: Hallo Doepie
ek het die program al afgelaai maar blykbaar is my cd nie in mp3 formaat gesny nie
dit is nie n copy nie dis die ware jakop van jaracal
ek sal maar aanhou krap sal hom moet baas raak want die brakies pla erg
dankie vir die hulp
karoo groete
Jeep dag maat
Win se program maak dat jy cd (nie mp3 of 4) kan rip - as jy dit rip het jy keuse na wat jy dit wil rip dit is hier waar jy die ware jacob cd rip na mp3 sodat dit op die fox gelaai kan word.  As jy die cd gerip het moet jy seker maak jou memory kaart van die fox kom nie uit cell nie hulle werk nie leker nie nog net probleme met hulle gehad.  Sorg dat die kaart geformat is in fat32. 

Nou moet jy daai  klanke wat jy gerip met op daai kaart laai sorg net dat jy hulle reg benoem
000 klanknaam
001 klanknaam 2
002 klanknaam 3

Nadat jy dit gedoen het laai jy die kaart in jou fox en maak soos die boek se om die roeper te laai:
When People Walk Away From You, Let Them Go.
Your Destiny Is Never Tied To Anyone Who Leaves You. It Doesn't Mean They Are Bad People.
It Just Means That Their Part In Your Story Is Over.. !
Image
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: sukkel om klanke na mp3 te kry

Post by Henk »

Jeep,
Los al die gesukkel en kom kuier maar een aand hier by my. Bring laptop en roeper dan sort ons jou gou-gou uit.......!!
Henk
Skiet naby....skiet raak !!
User avatar
jeep
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Wed Jul 06, 2011 9:37 pm

Re: sukkel om klanke na mp3 te kry

Post by jeep »

Dankie manne met die al die raad behoort ek iets reg te kry moet net een van die twee linker hande probeer gebruik.
Henk daai gedagte van jou kan werk met n lekker merino hammel rib op die vlam.
het jy toe iets reg gekry met daai famielie daar in die vaalrante?
Henk
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 70
Joined: Tue Mar 22, 2011 10:23 pm

Re: sukkel om klanke na mp3 te kry

Post by Henk »

Jeep,
Maak dit 'n dorperlam se rib en dis 'n "date".
Martin het die reun gekry, maar daai teef het intussen haar doktors graad in die pos gekry. Sy het laasweek twee lammers gevat, maar net op 400m oog gewys en nie weer gesien nie.
Skiet naby....skiet raak !!
Post Reply