Dronkie

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Dronkie

Post by 3006 »

'n Man en sy vrou word wakker gemaak 3:00 uur in die oggend deur 'n harde
geklop aan die deur.

Die man staan op en gaan maak die deur oop waar 'n dronkie in die gietende
reen staan.

Die ou dronkie se hy het iemand nodig om hom te help stoot.

"Dit sal die dag wees,daar is nie 'n manier nie." Se die man.

"Dit is drie uur in die oggend." En hy slaan die deur toe en gaan terug bed
toe.

"Wie was dit?" vra sy vrou.

"Net 'n vreeslike dronk man wat iemand soek om hom te help stoot." Antwoord
hy.

"Het jy hom gehelp?" vra sy.

"Nee, dit is drie uur, en dit sous daar buite!"

Wel jy het 'n donderse kort geheue," se sy...

"Onthou jy drie maande terug toe ons kar gebreek het en daai twee ouens ons
gehelp het ?

Ek dink jy moet hierdie ou ook help en jy behoort jou te skaam."

Die man besef sy vrou is seker reg en trek toe maar aan.

Hy gaan uit in die gietende reen en roep uit,

"Hallo, is jy nog daar?"

"Ja." kom die antwoord terug.

"Het jy nog iemand nodig om jou te stoot?" vra hy.

"Ja, asseblief." Kom die antwoord uit die donkerte.

"Waar is jy?" vra die man.

"Hier op die swing." antwoord die dronkie.
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Dronkie

Post by FE »

Kan net dink wat deur su kop is op daardie oomblik!
Born to hunt, but forced to work!
Post Reply