Gout

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Gout

Post by 3006 »

Ai, niks in die lewe bring groter vreugde vir 'n moe? Kapenaar met 'n

vis-en-hoenderdieet as 'n langnaweek in die Karoo of Vrystaat nie. Die

oggend, middag en aandvleisvure brand hoog en die vet drup uit die

vakansiebaarde, dis 'n geil besigheid man, geil s? ek jou, geil. Jou

beker loop oor. Soggens is dit skaapniertjies, middae skaaptjops en

saans ietsie kleins soos 'n steak of varkboudjie. Hier beteken 'n

gebalanseerde dieet 'n tjop in elke hand. Tussendeur word daar aan

springbokbiltong of geelvet beesbiltong gekou om die kieste in

oefening te hou. Soos met alle goeie dinge kom daar 'n einde aan alles.

Die terugtog Kaap toe kom soos 'n dief in die nag. Daar word uitgestel

en weggepraat maar vader tyd het ges? dis Sondagmiddag en so sal dit

wees. Na 'n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met

skaapboud-toebroodjies, biltong en dro?wors vir padkos. Voetslepend en

klaend word die tasse gepak en gelaai en met stroewe gesigte word die

familie gegroet. Die stilte in die motor is oorverdowend wanneer ons

die N1 vat terug Kaap toe.

Edenburg, Trompsburg, Colesberg, Spietkop , Hanover , Spietkop,

Richmond , Kamera flits die dorpe verby. Drie Susters......... amper

halfpad en die Sondagmiddag trek lang skadu's oor die Groot Karoo. Ai,

as ons maar al die skapies langs die pad kon saamvat vir die mense in

die Kaap. Hulle weet nie wat hulle mis nie. Glo mos net aan vis en

hoender. Hoender is mos die nasionale vo?l van die Wes-Kaap. Na Drie

Susters kom ek agter daar is fout. Groooooot fout!!!! 'n Pyn van

epidermiese proporsies skiet my regterenkel binne. Dit moet 'n

beroerte wees!!! Ek sweer dis 'n hartaanval......... my hart sit juis

in my skoene. Kry mens miskien 'n voetaanval, bosluisvoet of

slangvoet?

Die moontlikhede is legio. Die pyn neem alles oor. Die kinders wonder

of pa krismis gaan haal. Liefie wil weet of ek koors het. "Bel die

dokter" is al wat ek uitkry terwyl ek stotterend asem probeer kry en

my lewe by my verbyflits. Ek trap die petrol dieper in met my

linkervoet terwyl trane saggies oor my wange rol. Hoekom is die Kaap

so v?r??

Vroulief bel die dokter wakker uit sy Sondagmiddagslapie. Dis NOOD

broer. Sy vertel in kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok vra

hieroor en daaroor en waar die pyn is en of daar ou rugbybeserings is

in die regtervoet. Dan 'n lang stilte. Ons albei verwag die ergste en

ek ry stadiger om die skok beter te absorbeer. "Nee" s? Dok, "as dit

so pyn en die pyn daar is en julle die en daai ge?et het, daar geen

koors is nie, die pyn nie "loop" nie, dan lyk dit na ghout."

"Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir kinders vir karsiek?"

Dankie tog, dink ek, ons is al by die merrikasie, ons vorder. "O,

setpille" hoor ek vroulief s?. "Hy moet ten minste 100mg inkry". "Maar

ek het net 15 en 20mg pilletjies" hoor ek vroutjie s? terwyl ek hard

dink hoe ek die klomp pille in my gat gaan opkry. Synde Dok op

"loudspeaker" is, kan ek darem self in my toestand uitwerk hoeveel

keer gaan ek die prosedure moet doen. Toe Dok aflui staan ek dadelik

vas - my hol is 'n "one-way" en ek het ook 'n binneste - "Sal wag tot

op Beaufort-Wes, daar behoort 'n noodapteek te wees" s? ek kortaf en

handel daarmee die gesprek af ter wille van die kinders.

Op Beaufort-Wes is 'n noodapteek so skaars soos re?n. Niks oop op 'n

Sondagaand nie. "Druk maar deur Kaap toe" kners ek tussen my tande uit.

Ek sit nou al kaalvoet met die lugre?ling vol oop op my voet. Vroulief

maak die kinders en haarself onder kombersies toe maar s? eerder niks

nie. Ek wil my voet vries sodat ek hom kan afbreek en in die kar se

boot terug Kaap toe ry. 'n Man het sy trots en ek is geen hoender wat

klein pilletjies agterstevoorom pik nie.



Op Leeu Gamka is al my manlikheid moer toe - alles is wit van die pyn.

"Vrou gee maar - dit is nou of nooit, en ek "nou" liewer as "nooit".

Vroulief fynkam haar "toolbox" en kom met die fantastiese nuus -

"Hiers nog 'n 100mg setpil". Dankie tog. Elke pyn het sy eie gewig. My

pyn voel baie swaarder as 100mg maar met pilletjie in die hand

bestorm, of was dit nou bekruip of huppel ek na die plek van

verligting by die Ultra City . Hierdie ding moet net werk, dink ek by

myself en probeer moed skep en myself opwerk en motiveer vir dit wat

voorl?.

Ek worstel en sweet, maar ek weet hy MOET in, my moed gaan dit nie 'n

tweede keer maak nie. Dit voel vir my of ek die "bulls eye" van 'n

dartboard van die agterkant af op een been moet kry terwyl ek die

ander mense in die kleedkamer met fyn en sagte kreungeluidjies

vermaak. Die ding voel soos 'n pynappel.

Na dit vir my gevoel het soos ure se gesukkel is ek terug kar toe en

ons vat die pad verder Kaap toe. Die kinders wil weet hoekom pa se o?

so groot is en of ek vir hulle Rooikappie en Wolf gaan opvoer om die

pad om te kry. Niemand s? verder iets nie en tot vroulief bly

tjoepstil, sy weet wanneer vraetyd verby is. Dit is so stil in die kar

dat die kinders snoesig aan die slaap raak. Ek sit nogsteeds met my

pyn en trap die petrol al hoe dieper om in die Kaap te kom. My voet

pyn en my hol brand soos 'n koe?lwond. Ek voel vuil, soos iemand wat

verkrag is en die gebeure in die toilette op Leeu Gamka is vir ewig in

my geheue ingeprent. Wonder of ek nie 'n sielkundige moet gaan sien as

die pyn eers weg is nie?

By Laingsburg probeer vroutjie 'n geselsie. "Voel jy al beter, Skat?"

"NEE, *&^%$ maar dis 'n skerp pil daai." Ek is sommer die moer in vir

als wat wit jasse dra. "Wat bedoel jy met 'n skerp pil?" wil vroulief

weet.

"Daar is dan *(&^%$ alluminium om die pil man. Ek moes die pil omtrent

pannelbeat om die meeste van die skerp kante plat te kry. As ek die

ding net so in my hol gedruk het sou ek my teen die tyd al inwendig

doodgebloei het" verduidelik ek.

Die volgende oomblik smaak dit vir my vroulief het as

selfmoordbomplanter by Elkaida gekwalifiseer. Sy ontplof dat die

kinders se lyfies so ruk en hulle met hulle handjies bokant hulle

koppe gryp in hulle slaap. Ek het haar laas so hoor lag toe sy gehoor

het van haar eerste swangerskap. Sy sien die moerse vraagteken op my

voorkop en sy bulder dit uit: " JY MOES DIE ALLUMINIUM AFHAAL JOU

POEPOL!!!!!!!!!" Met die trek sy haar selfoon nader en ek weet die

word nou weer vir al haar vriendinne vertel. Dat die verskriklikste

pyn in my voet en 'n bradpyn in my gat nou vir iemand so snaaks kan

wees.

Ek moes myself verdedig. "Maar ek dog dit werk soos 'n kapsule. Mens

breek mos nie 'n kapsule oop nie, netnou vergiftig jy jouself met 'n

oordosis, die besigheid moet mos stadig mens se sisteem bekruip." My

manlikheid en intelek is daarmee heen. Die hele w?reld gaan dit ook

nou weet. Vroulief mishandel behoorlik die selfoontjie om die nuus oor

die heelal te versprei terwyl sy saggies, amper geheimsinng giggel en

geluidjies van plesier maak. Ek kry simpatie met mans wat hulle

vrouens moer.

Dok is natuurlik die eerste om van my ongelukkie te hoor. Hy kan

sommer my lyding oor die internet uitblaker en die eer kry vir die

beste mediese joke van die maand. Dokters is almal etters. Geen setpil

sal ooit weer dieselfde wees nie. Hoe gaan ek die w?reld weer in die

o? kyk?

Gaan ek ooit herstel van my ure van lyding en vernedering in die

toilette op Leeu Gamka? Ek raak hartseer en verlang terug na die tere

liefde en simpatie van my moeder.

Volgende oggend is ek natuurlik 'n "celeb" by die werk. Almal wil net

bemoedigend aan my vat of 'n ou geselsie aanknoop. Wil weet of ek nou

'n "stainless steel silencer" het. Ha ha ha - lag vir jou gat man! Ek

wens julle kry die pyn wat ek in my voet gehad het in julle "s

ilencers", dan praat ons weer. *&^%$# klomp ape!!!

Ek weet nou nog nie of die setpil gewerk het nie. Ek sal moet wag tot

al die aluminium "corode" het.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Gout

Post by spekieries »

Dankie 3006

Ek het baie lank laas so lekker gelag. Ek het nog nie ghout gehad nie, maar ek verstaan dit is nie grappies nie. Ek dink daar is manne wat die intense pyn wat die man gehad het beter gaan verstaan.
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Gout

Post by erx »

Menere, nou lekker gelag, maar ook simpatie met die arme man gehad.
Ek self skat my maar nog jonk en het altyd geluister hoe die ou ballies kla. Glo my, hy word nie gereserveer vir die ou dag nie, as hy jou vat is dit definitief nie kafee toe nie!
As jy mos vir mense se jy het gout dan se almal, hou op suip man, maar daai is ver van die waarheid af, daai luukse vet vleisies en suur goete wat so lekker is, hulle vang jou vinnig.
Jy kan 'n week, selfs twee of meer heel normaal verkeer dan besluit ek toe laas week, hier is lekker vars tamaties, so ek "simmer" hul so lekker sammet uie, dan die bacon en 'n lekker romerige sous met pasta, ai tog, eet te lekker die aand.
More oggend skrik jy wakker, jy het gedroom daar le 'n 10 ton klip op jou enkel, intussen is dit net die laken! Met moiete probeer jy die laken van jou voet af kry, ok, nou kan ons try opstaan. Lig nou daai enkel 5mm bo die bed, sonder om die bed nat te maak en te roep, mamma, da is groot fout, ek dink my enkel is gebreuk!
Met baie moeite en die laaste knie operasie se krukke is jy uiteindelik by die dokter.
Hy vra, meneer wat is fout. Ek antw, dok, my enkel is gebreuk!
Hy se, nou wat het gebeur, geval of hoe?
Jong dok, jy sal nou nie glo, maar ek het gistraand gaan slaap en van oggend toe ek wakker word is my enkel gebreuk!
Nou ja, menere, dit is gout, glo my, it can make a grown man cry!


Groete
erx
Post Reply