Ek dog sommer ek kom deel iets interessants wat ek op die interweb teegekom het vanoggend. Hodgdon van Amerika het onlangs die kruit wat in Hornady Superformance Ammo en LeverEvolution Ammo gebruik word beskikbaar gestel aan die Amerikaanse herlaaiers. Hierdie is spesiaal-geformuleerde kruit wat spesiaal ontwerp is om hoe spoed teen aanvaarbare druk te handhaaf. Die spoed wat die yanks met die goed haal is enige iets van 100 - 250 fs vinniger as met standaard kruite. Gaan kyk bietjie die link: http://www.hodgdon.com/PDF/SuperLever.pdf Daai goed verander sommer 'n gewone magnum in 'n ultra-mag!
Ek wil nie Somchem afkraak of hulle nie ondersteun nie, maar ek wens met 'n seer hart ons kon van die Amerikaanse kruite hier kry. Hulle hoef nie vir my Superformance kruit te gee nie, net 'n paar blikke Hodgdon H4350 en IMR4350 en nog so paar ander en die wereld sal reg wees!!
Ai manne, is daar nie een of ander manier hoe ons Amerikaanse kruite aan wal kan kry nie? Ek weet meeste ouens gaan vir my se ek is belaglik, en ek weet NIEMAND in hierdie land hou ingevoerde kruit aan nie, maar ek voel Suid-Afrikaners is lief genoeg vir die skiet- en jagsport dat ons dit verdien om ook hierdie tipe kruite en ander komponente te kan gebruik!!
Groete,
Lourens

