Amerikaanse kruite - Nuwe Hodgdon Hornady Superformance kruit

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Amerikaanse kruite - Nuwe Hodgdon Hornady Superformance kruit

Post by Lourens »

Dag manne,

Ek dog sommer ek kom deel iets interessants wat ek op die interweb teegekom het vanoggend. Hodgdon van Amerika het onlangs die kruit wat in Hornady Superformance Ammo en LeverEvolution Ammo gebruik word beskikbaar gestel aan die Amerikaanse herlaaiers. Hierdie is spesiaal-geformuleerde kruit wat spesiaal ontwerp is om hoe spoed teen aanvaarbare druk te handhaaf. Die spoed wat die yanks met die goed haal is enige iets van 100 - 250 fs vinniger as met standaard kruite. Gaan kyk bietjie die link: http://www.hodgdon.com/PDF/SuperLever.pdf Daai goed verander sommer 'n gewone magnum in 'n ultra-mag!  ;D ;D

Ek wil nie Somchem afkraak of hulle nie ondersteun nie, maar ek wens met 'n seer hart ons kon van die Amerikaanse kruite hier kry. Hulle hoef nie vir my Superformance kruit te gee nie, net 'n paar blikke Hodgdon H4350 en IMR4350 en nog so paar ander en die wereld sal reg wees!!

Ai manne, is daar nie een of ander manier hoe ons Amerikaanse kruite aan wal kan kry nie? Ek weet meeste ouens gaan vir my se ek is belaglik, en ek weet NIEMAND in hierdie land hou ingevoerde kruit aan nie, maar ek voel Suid-Afrikaners is lief genoeg vir die skiet- en jagsport dat ons dit verdien om ook hierdie tipe kruite en ander komponente te kan gebruik!!  :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'( :'(

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Amerikaanse kruite - Nuwe Hodgdon Hornady Superformance kruit

Post by Francois Marais »

Lourens

Ons, Ahrens Guns, in Nam, gaan probeer om n besending Hodgon kruit in te bring, nav hoe dit met hierdie besending gaan, red tape, delivery time, prys, prys op shipping en al die ander goete, sal ons dan besluit of daar opvolg besendings sal wees. Ekself sien baie uit na die veelbesproke VITAVOURI kruit.....

Sal julle op hoogte hou, maar ons sukkel nou 8 maande om een container uit die states hier te kry, so moontlik gaan ons nog lank moet wag vir die kruit.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
blaser
Hero Member
Hero Member
Posts: 1609
Joined: Mon Nov 08, 2010 1:42 pm

Re: Amerikaanse kruite - Nuwe Hodgdon Hornady Superformance kruit

Post by blaser »

Presies die kruit wat ek nodig het vir die 204
Lourens
Ek is nie so beskeie oor somchem nie volgens my n derde wereldse vervaardiger met eerste wereld pryse
In vsa koop jy somer kruit in n 25 l emer hier sal dit seker n droom bly
Somchem het nie eers n goeie haal geweer kruit nie en sal fantasties wees as iemand kan inbring
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: Amerikaanse kruite - Nuwe Hodgdon Hornady Superformance kruit

Post by DawieKotze »

Ek kon 'n rukkie terug Norma kruit by Rosentahls in die Kaap kry teen redelike duur prys (kannie presies onthou nie).

Wat dink julle daarvan en is dit die moeite werd? Die probleem was dat ek nie geweet het wat die beskikbaarheid vorentoe sou wees nie en hulle kon my nie oortuig dat dit nie probleem sou wees nie. Het toe maar gelos.
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Amerikaanse kruite - Nuwe Hodgdon Hornady Superformance kruit

Post by Gerhard »

Sal darm baie daarvan hou om Hodgon Little Gun kruit in die hande te kan kry vir die Hornet...

Lyk of ek dan met gemak n 45gr SP teen 3000fps sal kan skiet... :o
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Amerikaanse kruite - Nuwe Hodgdon Hornady Superformance kruit

Post by Lourens »

Dis uitstekende nuus FM, ek hoop van harte die besending kom deur dat ons bietjie kan sien hoe maak daai kruit van anderkant die water. Wonder net watse logistieke probleme ons gaan he om van daai Hodgdon van Nam af tot hier in pretoria te kry? Dink ek gaan sommer ook vir Rosenthals 'n lui gee en hoor van daai Norma kruit.... ;D

Ek stem Gerhard daai little gun kruit lyk of hy 'n Hornet se gat lekker warm maak as ek so na die amerikaners se data kyk.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Amerikaanse kruite - Nuwe Hodgdon Hornady Superformance kruit

Post by Lourens »

Ekt vir Rosenthals in Kaapstad 'n lui gegee oor die Norma kruit, hulle het ongelukig geen meer vooraad oor nie en die laastes wat hulle gehad het was so 4 jaar gelede. Dit was ook teen die belaglike prys van sowat R800 - R1000 per blik.  :o :o 

Die groot probleem is blykbaar dat die kruit in Swede waar dit vervaardig word as plofstof ("explosives") bekend staan en nie dryfmiddel ("propellant") soos by ons nie. Die manne wat die skepe ry het blykbaar 'n groot probleem met die vervoer van plofstof. Ander probleem is ook omdat dit as plofstof geklasifiseer word mag 'n wapenwinkel net 50KG in sy besit hou, dus 100 blikke. Die maksimum van 100 blikke regverdig blykbaar nie die kostes en probleme verbonde aan die proses nie. Sommer net 'n brokkie interessante inligting....

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
BOATS
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Fri Mar 26, 2010 11:24 am

Re: Amerikaanse kruite - Nuwe Hodgdon Hornady Superformance kruit

Post by BOATS »

Ek het al van die Superformance kriut gebriuk op my 243.365 kriut is baie beter met diesefde lading.Ek kry nie naastenby dieslefde spoed met die biutelandse kruit nie.
Post Reply