Gonge Montering opsies

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
Post Reply
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1115
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Gonge Montering opsies

Post by J le Roux »

Opinies asb Menere

My jagvriend het 'n VRN 500 sheet gekoop om ghonge te laat sny.

Die vraag is nou wat is die beste montering opsie. Webbing, kettings, pype... Nou is die regte tyd om te besluit.

Elke opsie het natuurlik voordele en nadele, deel asb jul ervaring, ontwerpe en voorstelle.

Baie dankie by voorbaat.
Last edited by J le Roux on Fri Oct 16, 2026 8:46 pm, edited 2 times in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Smith223
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 348
Joined: Tue May 01, 2018 6:39 pm

Re: Gonge Montering opsies

Post by Smith223 »

In Amerika hang hulle hoofsaaklik die gonge op y-standards.
Mens kan ‘n bracket maak wat verhoed dat die gong uitklim met impak.

Kompetisies waar die meeste gonge afgeskiet word is die wat aan conveyor belt gehang word. Ek sou dit vermy.
Anschutz 22LR
Howa 223 Rem
BRNO 243 Win
Howa 6.5 CR
Tikka 7mm RSAUM
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Gonge Montering opsies

Post by Arnold »

Die regte conveyer hou regtig lank. Ek praat nou van iets wat minstens 10mm dik is en n paar lae geweefde materiaal in het.

Mens kry n rubber met een laag materiaal wat vinnig in die son disintegreer en die lap vinnig afgeskiet word.

So ek hou van die regte conveyor belt, maar het nognie ondervinding met die staal hakke nie. Kettings word te maklik afgeskiet.

Gebruik minstens 16mm 8.8 boute. 10mm word afgeskiet.

Ek het begin werk aan n y-bar hak maar het besig geraak na die eerste prototype.

Sent from my SM-S931B using Tapatalk

Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Gonge Montering opsies

Post by Koos Barnard »

Ek sluit by Arnold aan: Vermy kettings ten alle koste, dit word baie gereeld afgeskiet, selfs op 200m. Moet ook nie ore aan die ghongs sweis wat uitstaan nie, hulle word ook afgeskiet.
Mooi loop
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2159
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Gonge Montering opsies

Post by Koos Barnard »

Ek sluit by Arnold aan: Vermy kettings ten alle koste, dit word baie gereeld afgeskiet, selfs op 200m. Moet ook nie ore aan die ghongs sweis wat uitstaan nie, hulle word ook afgeskiet.
Mooi loop
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13603
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Gonge Montering opsies

Post by Capt. Yoda »

n Hak is vinniger om op te stel as conveyor belde maar die gat in die gong waar die hak in druk raak ovaal na n tyd se skiet en dan steek die gong somer halfpad terug vas. Met groot kalibers buig die gong ook daar op die gat
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply