
Die twee ramme het ons gewaar op die boomlyn tusen gras en die bome op die heuwel toe ons oppad was af na die drif toe.
Wel die jaar het ek eendag vroeer afgery vir die BASA skiet opstel Dalton toe.
Ons gasheer Henning, waar ek sou bly het toe al rukkie terug al begin dophou wat hy sien op die plaas en vir my lusmakker video gewys van twee ramme wat in die lande inkom.
Hy kyk mooi na sy rietbokke en laat nie jong ramme skiet nie sodat hy altyd teelramme en ouer jag trofee ramme beskikbaar het vir geklukkige jagters.
Wel daar was twee ramme wat hy eenkant gesit op die lys wat sy standaard stempel drae en Woensdag middag net na 4 uur is ek en hy oppad na die spesifieke land toe met die 6.5x55 Carl Gustav, gelaai met 140gr Spoor koele.
Die Woensdag was warm buitegewoon warm vir 22 Julie en ons het mooi die lande van hoogte dopgehou maar niks gewaar nie.
Henning noem toe laat ons 'n draai ry om die lande en dalk gewaar ons iets en die wind was ook mooi konstant lig in een rigting.
Hy wys my toe sy lande en waar hy Pecan bome ook begin het en sy planne met sy boerdery op die lande en laat weet ook hy het "oats" geplant op sekere deel wat die rietbokke voor lief is en na to wei as hulle verskyn.
Skaakmaat
Alhoewel die rietbokke gewoond is aan bakkies trekkers en voertuie is hulle baie sku vir mense wat loop en toe ons terug oor die heuwel kom weer oppad deur die drif na die anderkant van die land waar ons begin het toe sien ek 'n rietbok ram 30 meter van die bakkie af in die lang gras wat vir ons loer. Die ram lyk vir al klaar mooi groot en Henning verduidleik en wys vir my wat die verskil is tussen jonger ram en ouer ram.
Henning noem toe vir my die is die jong ene wat saam met die ouer ram loop en hy is veilig en ons probeer toe loer waar die ouer ram is na 5 minute se staan en loer beweeg ons toe stadig af ondertoe en nie 20 meter verder verskyn die ou ram! Hier teen die bakkie net langs die pad nie 10 meter van ons af. Dis toe ek besef ek verstaan wat Henning gese het die ene is reg.
Maar ons is ingeboks die jonger ram agter ons die groot man hier net voor ons en as ons verby ry en van onder af gaan oploop vir 'n "stalk" gaan hulle ons sien en ruik aangesien die wind reguit na hulle toe gaan waai.
Henning besluit toe om hulle rustig te maak en ons beweeg toe weg van hulle af na die anderkant van die land om te gaan kyk of ons potensiele no.2 ram gewaar wat op Henning se lys is.
Heel anderkant in die land kyk ons terug en sien die groot ram nogsteeds teen die pad staan in gras en hy hou ons stip dop en het snuf in die neus gekry oor die plan van ons. Die ou groote staan toe nou seker 800-900meter weg van ons en kyk mooi af op ons lekker in die son. Die jonger ene sien ons toe nie meer nie. Henning het sy spotting scope uitgehaal en bevestig dat dit die ou ram is en ons beplan toe 'n ander plan. Paar weke terug het Henning gras bale gemaak wat nog in die land staan en hy gaan my aflaai waar die ramme gewoonlik in die laat middag uitkom.
Toe ons naby die area kom waar Henniing my sou aflaai sien ek toe die jonger ram so 200 meter weg en Henning noem toe hulle is oppad na die oop land toe. Ek word afgelaai en Henning gaan neem posisie in bo in die land waar ons begin het om alles dop te hou. Die dat die jonger ram nou land toe kom sal dalk die meneer van bo af nader bring.

My posisie teen die baal en waar die ram moes uitkom na die regter kant van die land onder.
Hoe meer ek die jong ram dophou en kyk deur my verkyker met die wind wat perfek my rigting waai hoe meer dink ek die is ook 'n mooi ram en sit rustig en wag vir die ouer ram maar soos genoem hy het ons plan sien kom.
Later met my loer en soek van die ouer ram met die heuwel op het die jong ram my gewaar en begin fluit en toe na so 5 minute se loer vir my in die bos weer inbeweeg.
Henning, ry toe nader en se vir my die ander ram is uit en hy het hom gewaar. Ons tyd raak min son is al agter die heuwel en ons beweeg so vinnig as moontlik en hou maar die bale tussen ons en sy siglyn. Uiteindelik aangekom by die baal en Henning bevestig dat die die ander ram is maar dit raak vinnig donker afstand 165 meter en hier kry ek bok-koors. Ek probeer rustig raak maar die ram wei gedurig en beweeg met meestal frontale posisie en ek wil nie 'n kans vat op die leeftyd rietbok nie. Uiteindelik bedaar ek en hy draai amper dwars ek gaan skiet waar die punt van die skouer en nek bymekaar kom en die hoek gaan laat die koeel na die oorkanste agter die blad beweeg. Ek hou die skoot middel lyf want ek moet oor takke en grasse skiet en met die dat dit donker raak kan ons ook nie sien hoe ver hy agter die graslyn en takke presies staan.
Ek dink Henning was op die pount om vir my te noem dit raak nou te laat toe die skoot klap en met mooi doef kom die klank terug van mooi raakskoot en die ram is plat. Ons staan en loer waar hy geval het net ingeval dit skraamskoot was op sy rug beweeg toe nader.
Gelukkig het ek hoer gemik want die ram was seker 25-30 meter agter die lang gras en fyn bossies. Dit sou 'n groot kans gewees het om deur dit te skiet.
Skoot was perfek waar ek gemik het en hier le my monster rietbok ram dit was baie spesiaal om sou mooi dier te kon jag en alhoewel die ander monster weggekom het is ek oor die maan met die meneer en my soeke na trofee rietbok ram is finaal afgesluit.


Daar was net net genoeg tyd en lig vir die mooi fotos en gelukkig met deesdae se selfone wat so mooi lig kan gebruik die perfekt einde tot die perfekte rietbok gebring.
Dankie dat ek die prag jag kon deel met julle en natuurlik het die Spoor Koeel perfek gewerk en hard gewerk baie bene gevang maar soos Henning se "In what stage of the animal's passing life has the bullet failed!"
Ek plaas die koeel en informasie later op die Spoor Bullet company draad.
