Goeie middag.
Ek verneem graag van gesoute vlakvark braaiers van jul resepte om heel jong vlakvark op die oop vuur gaar te maak.
Beste groete
Resep vir Jong Vlakvark op Spit
-
jooste
- Full Member

- Posts: 166
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Resep vir Jong Vlakvark op Spit
Nico Jooste
-
Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Resep vir Jong Vlakvark op Spit
Ek luister graag. Ongeag die resep hy gaan soos karp proe 
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1484
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Resep vir Jong Vlakvark op Spit
Sako 30-06 het op n tyd n resep hier geplaas. Ek kry nie die skakel geplaas nie maar seker jy sal kry as jy soek daarvoor.
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Sent from my SM-G780F using Tapatalk
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Resep vir Jong Vlakvark op Spit
EK sou die varkie vir ten minste vir 24 uur voor die braai in 'n brine sit. 2% sout op die volume van die water. Jy kan ook goed soos peper, tiemie, roosmaryn etc in jou brine sit, suiker oor.
Dan moet jy besluit watse tipe sousie jy wil oorsit. Ek sou gaan vir iets soos olyf olie, suurlemoen en knoffel en botter wat saam liggies warm gemaak is. Maak dan 'n kwassie van roosmaryn takkies en gebruik dit om die sous gereeld oor hom te smeer. Versigtig met die sout - want hy was klaar in die brine.
Obviously op 'n spit.
As jy nie die olyolie etc route wil gaan nie kan jy hom aan die einde met braai sous soos Jimmy sous besmeer - en dan nog 'n rukkie braai, maar wees versigtig want Jimmy sous het suiker in wat baie maklik brand - jy wil nie die ding mooi gaarmaak en op die laaste oomblik verbrand nie.
'n Termometer is baie belangrik in die geval ook. Jy wil die dikste dele van die verk ie die boude oor die 65 grade kry en dit daar hou vir ten minste 3 minute.
Ek het al paar van die wilde varke hier by my in die roker gegooi na 'n brine en vir 6 ure met kersie hout berook en pulled porc gemaak - was baie lekker.
As jou varkie maer is kan jy stop met gerookte of ongerookte bacon om bietjie vetjies te gee.
Geniet

Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
-
jooste
- Full Member

- Posts: 166
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Re: Resep vir Jong Vlakvark op Spit
More vlakvark spesialiste.
Baie dankie vir jul goeie raad.
Dit het my baie idees gegee en met n mengsel van bogenoemde raad is ek seker ek gaan iets suksesvol en lekker hierdie komende naweek aan my gaste kan voorsit.
Nogmaals baie dankie.

Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Resep vir Jong Vlakvark op Spit
Die wet brine is 'n slim plan. Dit werk vir baie tipes vleis, maar die water moet nie TE koud wees as jy die vark insit nie. As dit water te koud is, dan trek die vleis nie so baie vloeistof op nie. Kamertemp water, laat hy in die yskas koud word. Dit maak die vleis sagter en baie meer juicy.
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Resep vir Jong Vlakvark op Spit
Ockert
Jy wil nie dalk daai spit ontwerp met ons deel nie?
Ek wil baie graag vir my so ene bou. Dankie by voorbaat
Jy wil nie dalk daai spit ontwerp met ons deel nie?
Ek wil baie graag vir my so ene bou. Dankie by voorbaat
-
jooste
- Full Member

- Posts: 166
- Joined: Wed May 08, 2013 3:20 pm
Re: Resep vir Jong Vlakvark op Spit
Goeie middag aan almal wat raad veskaf het
Ek het gister die varkie (13kg) voorgesit vir vadersdag ete. Dit was ongelooflik lekker.
Omdat dit maar koud en nat was het my plan om hom op spit te sit nie mooi uitgewerk nie. Ek het die varkie in kwarte gesny en die rugstring heel gehou.
Hier is my resep en metode:
- Saterdag oggend: stop varkie met blokkies spek, knoffel en spuit in met slaaisous
- Sondag oggend: - pak varkie kwarte en rugstring in twee oond bakke en gooi een bottel slaaisous plus koppie sprite in elke bak
- maak bakke toe en sit in oond teen 160 grade vir 3 ure
- draai elke uur om en bedruip met sous in bak
- steek houtvuur so half elf aan en teen 12uur het ek lekker kole
- braai kwarte vir so 45minute op matige vuur, draai gereeld om en bedruip met "sweet & tangy" sous
Sit voor en almal eet hul vingers af.
Hierdie resep, sonder die braai gedeelte, gebruik ek ook vir lekker skaapboud (Lochner de Kok se resep).
Probeer dit gerus. Jy sal nie spyt wees nie.
Jagtersgroete.