Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek voorsien grootskaalse "civil disobedience " soortgelyk aan etol as hulle voortgaan met die onwettig verklaring van herlaai en beperking op vuurwapens. Dankie aan mense soos Martin Hood en Jonathan Deal en ander wie voor vat in hierdie stryd teen die regime.
Ratel wrote: Sat Dec 06, 2025 7:46 am

Ek voorsien ook 'n wederstrewigheid by die bevolking weens verskeie redes.
Daar is te veel mense wat die geskiedenis ken en weet hoe lelik ontwapening kan eindig - veral in marxisties georiënteerde state.
Net so is daar genoeg mense wat eenvoudig insien dat hierdie 'n vergryping/magsmisbruik is deur die staat.
Laastens moet n mens aan jan alleman dink wat besef dat kriminele vrye teuels gaan hê sodra die gewone burgerlikes hulleself nie kan beskerm nie.
Ratel wrote: Sat Dec 06, 2025 7:46 am
Ek voorsien grootskaalse "civil disobedience " soortgelyk aan etol as hulle voortgaan met die onwettig verklaring van herlaai en beperking op vuurwapens. Dankie aan mense soos Martin Hood en Jonathan Deal en ander wie voor vat in hierdie stryd teen die regime.
Sign up to SAFE CITIZEN, if you haven't already, it's literally FREE, they (Jonathan Deal) will keep you in the loop, with updates etc , and join the future zoom calls if you can etc..
Kyk 'n bietjie na SAGA se nuutste mediavrystelling (5 Desember). Dit lyk my NEDLAC & Kie het gedurende die baie onlangse samesprekings bloedneus gekry van die vuurwapenbelangegroepe. Dit wil voorkom asof die regering glad nie voorbereid en opgewasse was om die vrae sinvol te beantwoord nie. As jy die mediavrystelling kan glo, wil dit lyk asof Martin Hood en die ander in ons kraal hulle baie goed van hul taak gekwyt het.
Mooi loop
Dag Wouter
Gerhan Archer is die nuwe president en hy het baie onlangs, (verlede week) in 'n video genoem dat SA Jagters ook die kwessie aanspreek en beslis deel is van almal wat die nuwe wetgewing teenstaan.
Please Share with your community, family, friends, neighbours, colleagues etc.
Dankie vir die bewus making. Ek het aangesluit by Safe Citizen en gaan beslis soveel mense moontlik in ons jagters organisasie bewus maak en vra om aan te sluit. Ons kan nie net stil sit en passief toekyk hoe 'n bang regering ons wapens wil weg vat nie.