More almal.
My hele lewe lank nooit n jag geweer besit nie. Het so 3 jaar terug 2 jaggewere by n familie vriend wat afgetree het oor gekoop.
1994 BRNO Kzz601 .243 asook n ou Spaanse mauser k98 aksie+- 1950's met Wilson combat dun loop .308
Ek het nou onlangs eers die jag gewere uit die kluis gehaal en begin daarmee skiet om te kyk dat alles reg werk.
BRNO .243 100% werkende toestand, ek koop die week n Gun Warrior silencer vir hom.
Die Mauser .308 het heelwat werk nodig en is tans by wapensmit om picatinny rail op te sit, asook nuwe sneller meganisme. Is ook toegerus met n ou Hog Silencer.
Dan gaan ek en my seun maar aan die gewere gewoond raak die vakansie, hopenlik reg om volgende jaar met my seun op sy eerste jag te gaan.
Julle sal maar van my hoor soos ek baie vrae vra.....
Groete
Nuwe Lid,- Groete vanuit Pretoria
-
Zuku
- Sr. Member

- Posts: 299
- Joined: Mon May 29, 2017 7:28 pm
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nuwe Lid,- Groete vanuit Pretoria
Baie welkom. Geniet dit terdee.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
