DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Enige iets pas hier/ discuss anything here
Post Reply
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by BenJacobs »

Dagsê almal.

Ek vra uit desperaatheid, ek het heelwat vleis om te verwerk na my jagseisoen. Ek het gedink om rugstringe te hou vir steaks, boude vir biltong en die res te maal vir wors, droëwors en salami.

Ek het nog altyd Freddy Hirsh se speserye gebruik. Hier is dit hoendertande en as jy dit kry werk dit R700 'n pak uit. Het iemand van die slim mense hier dalk resepte vir biltong spessery en droë wors? Ek gaan dalk 'n peper kaas wors mengsel ook try bymekaar toor.

Groete Ben
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by BenJacobs »

Oh ja, en as iemand 'n lekker salami al gemaak het, deel asb jou proses. Ek het 'n roker, so ek kan hulle rook.
Groete Ben
User avatar
swakop_toe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 52
Joined: Mon Apr 08, 2013 3:23 pm

Re: DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by swakop_toe »

Dubbel-pos
Last edited by swakop_toe on Sat Nov 22, 2025 7:32 pm, edited 2 times in total.
Norinco 1911A1 45ACP Compact
Howa 1500 .243Win Varminter
LeeEnfield .303
User avatar
swakop_toe
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 52
Joined: Mon Apr 08, 2013 3:23 pm

Re: DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by swakop_toe »

Hierdie is my biltong resep al die laaste 10jaar
Non-irradiated koljander en growwe swartpeper.
Kosher sout is nogal verbasend lekker, vars uitgedrukte suurlemoen sap.
Heerlik. Image
Norinco 1911A1 45ACP Compact
Howa 1500 .243Win Varminter
LeeEnfield .303
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by Ds J »

Ben, droë vleis werk nie mooi in daardie nat klimaat nie. Die Amerikaners (en Kanadese) wat biltong wil maak het droëers, en kan oor die algemeen net klein hoeveelhede gereed kry wat vir enkele dae hou.

Kyk na moderne resep vir pemican - dit is n tradisionele vleisverwerking van die Batis in Kanada. Jy kan gerookte en gepekelde verwerking ook probeer.

Ek sukkel om foto's op die forum te plaas - sal vir jou n resep aanstuur.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by Eduard Venter »

Maklikste is sommer gewone sout en peper biltong, ek geniet dit nogal. 18g sout en 3g peper vir elke kg vleis. Kan enige iets bysit na smaak.

Aangeheg is oom Stefaans Blaauw van Hentiesbaai se wors resep wat werk vir droëwors en boerewors (persoonlik hou ek meer van die resep as droëwors)

Maar die dominee praat waar, biltong en droëwors gaan maar sukkel as die area vogtig is. Ek sukkel self nou in die bosveld om dit droog te kry en dit het nog nie vreeslik baie gereën diekant nie. Image

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1247
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

Re: DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by TFDADD »

Ben, in daardie vogtige klimaat in Kanada is dit beter om jou biltonge te sny soos jy hulle wil hê en dan in so ± 3kg pakke te vakuum verpak en te vries. 3kg nat biltong gee ongeveer 1kg droë bitong - afhangende van hoe nat of droog jy jou biltong verkies.
LET WEL: Geen speserye op soos sout, peper en wat nog alles op die vakuum verpakte biltonge nie.

Wanneer jy biltong gaan nodig kry, haal so 1 of 2 pakke uit en laat hulle ontvries, dan is hulle weer soos vars gesnyde biltonge, sout en spesery hulle dan soos jy verkies.
Stem saam met wat gesê is, biltong droogkas in julle wêreld sal dalk beter werk.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by Ratel »

Almal gee goeie raad. Ek sou biltong kas met waaier en gloeilamp 24/7 gebruik. Om jou biktong in sterk bruin asyn water deur te trek voor jy ophang help vir muf. Dan as jy n groot dehumidifier het om dit in vertrek aan te los. Ek stem saam Eduard gewone fyn sout en peper mengsel werk lekker. Wil darem nog proe ek eet vleis. Ek kerf, vacuum seal en vries my effens klam biltong. Hou n jaar lank maklik
Maak 'n verskil
BenJacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 880
Joined: Thu Aug 24, 2017 3:00 pm

Re: DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by BenJacobs »

Dankie almal.
Die huise is hier is klimaat beheer en die lug is verbasend droog! Veral wanneer dit gesneeu het is dit bitter droog, klink snaaks maar ons het "humidifiers" in die huis om vog terug te sit in lug.

Verder het ek 'n lekker biltong kas gemaak laasjaar en het al heelwat bees biltong en droëwors gedroog, werk nogal lekker, wors hang so week en biltong so 4 dae. Ek het presies gedoen soos TFDADD sê. Biltong in pakke gevries, en uitgehaal en gespice met die Kalahari biltong speserye wat ek saam gebring het van RSA.

Dankie vir almal se raad ek gaan dalk eenvoudig hou en bietjie die bogenoemde resepte toets.

Groete Ben
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by Johan Nel »

Ben,
Daar is 'n paar webwerwe wat videos en resepte oor Droëwors en biltong het. Een so een is 2 Guys & a Cooler. Kyk na die link onder met hulle resep vir droëwors. Die lekker van die resep formaat is dat jy jou vleis se gewig wat jy wil maak, intik, dan werk dit presies die hoeveelheid van elke bestanddele uit.
https://twoguysandacooler.com/south-african-droewors/
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by Johan Nel »

https://twoguysandacooler.com/biltong/
Die li k hierbo is hulle biltong resep.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: DIY Biltong, wors en droëwors speserye

Post by Johan Nel »

Dan is daar 'n man, Charlé Visser, 'n Suid Afrikaanse chef, wat hom tans in Rusland bevind wat drie weergawes van 'n droëwors resep op sy webwerf gee:
https://www.pantsdownapronson.com/droew ... pe/#recipe
Die varkvleis weergawe amuseer my in die sin dat almal "weet" mens gebruik nie varkvet in droëwors nie, want dit word galsteriig, maar hy gebruik dit in die een resep.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
Post Reply