Moet Jakkalse gejag word.

Post Reply
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Moet Jakkalse gejag word.

Post by spekieries »

My Neef boer in die Bosveld met beeste. Aanvanklik was daar baie rooibokke, in die tyd van die "Smartie bokke" het hy 'n klomp laat vang. Deesdae is daar bitter min rooibokke en elke jaar skiet ons meer koedoes as rooibokke. Ek is van mening daar is te veel Rooijakkalse. As ons dit vir hom sê, dan kom hy met die redenasie van die dominante jakkals wat gejag word, word vervang deur twee of drie nuwes. My vraag aan die jakkals manne :1. Kan die jakkalse die aanteel so vreet dat hulle nie 'n kans het om te vermeerder nie en 2. Is die storie van die dominante jakkals skiet en 'n klomp wat sy plek vat 'n ouvroustorie?
Jaco Bezuidenhout
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 293
Joined: Tue Dec 09, 2008 1:39 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Jaco Bezuidenhout »

More Spiekeries
Ek sou se verseker ja daar moet jakkalse gejag word. Jul sal sien dat ander klein wild en sommige voel soorte ook afwesig is agv jakkalse/oor predasie
Die dominante jakkals teorie hou ook nie water nie,wat vreet hulle aanwas ?
As daar genoeg kos is sal n jakkals paar nie hul tyd mors om heeldag en nag rond te harloop en ander jakkakse te probeer weg hou vd plaas af nie
As jakkalse minder gemaak word sal jul dadelik n verskil sien in sowel die rooibokke se aanteel asook ander kleinwild
Groete
Jaco
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by J le Roux »

So paar jaar terug het Dr Dave Pepler op RSG verduidelik dat dit die oorbevolking van jakkalse veroorsaak word deur die mens se praktyke, en dat ons dus ook hul getalle self moet beheer.
Last edited by J le Roux on Mon Aug 25, 2025 9:36 am, edited 2 times in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Geno »

spekieries wrote: Sun Aug 24, 2025 10:08 pm 1. Kan die jakkalse die aanteel so vreet dat hulle nie 'n kans het om te vermeerder nie en 2. Is die storie van die dominante jakkals skiet en 'n klomp wat sy plek vat 'n ouvroustorie?
Ja verseker. Jakkalse is nie meer aasdiere nie. Daar waar die leeus, hienas ens. uitgewis en weggedryf is, moet ander roofdiere nou die gaping vul om aas te maak. Jakkalse en bruin hienas jag nou aktief want daar is nie ander roofdiere wat die jagwerk doen en hulle los om die aasdier rol te vertolk nie.
spekieries wrote: Sun Aug 24, 2025 10:08 pm Is die storie van die dominante jakkals skiet en 'n klomp wat sy plek vat 'n ouvroustorie?
Jakkalse se gebied grootte word bepaal deur kos en water. Hulle populasiedigdheid kan maar direk aan die veld se drakrag gekoppel word. Daarom is daar dele van die land wat natuurlik droeer is en laer dfrakrag het wat 'n stel jakkalse op 4500-6000ha hou, en ander dele met baie kos en water wat 'n stel op 100ha hou. Hulle verdra mekaar al hoe meer soos die kos en water meer is.


In kort, ons skiet jakkalse om die tydperk tussen vangste te verleng. Ja na die stel gedood is, gaan daar weer inkom. Maar nie meer as wat daar was nie. Net soveel as wat die veld kan dra.
Goed, beter, 6millimeter!
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Dawie Malan »

Groot vraag is wat gebeur as die dominante jakkals deur weerlig doodgeslaan word?

Die ontploffing in rooijakkalsgetalle is as gevolg van die verhoogde protiëne in die veld. Veldmuise en springhase het 'n pes geword omdat daar soveel kos vir hulle is as gevolg van al die landbou en huishoudelike vullis wat onbewerk gestort word. Huisrotte, wat uitheems tot Suid Africa was, het deur die hele land versprei en jakkalse eet hulle nou graag. Veral in die duisende hektare grond wat onbewerk is en nie behoorlik op geboer word nie. In die ou dae was 5 kleintjies vir 'n jakkaslteef baie, nou is 10 of selfs 11 kleintjies volop te sien in post mortems. En hoewel jakkalse lekker eet aan die knaagdiere om hulle getalle hoog te hou, verander hulle hul dieet as daar lammers naby is.

Waar daar 'n gesonde balans van groter roofdiere is, soos in die wildtuin, is die jakkalse onder beheer. Waar dit nie so is nie, moet ons hulle maar self beheer.
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by James Wilson »

My vraag rondom die ''Dominante jakkals" is altyd wanneer ek n n karkas sien of fotos daarvan en daar sit 10 jakkals op die karkas. Watter een in die dominante jakkals wat die ander moet weg hou?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1886
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by jaracal »

Daar is verskeie navorsing wat bevestig dat wanneer die Apex predatore weg is die ander hulle plek inneem tereg soos Geno dit hier bo noem.
Jakkalse kry elke jaar ten minste 3 x kleintjies (meer in areas waar minder jakkalse voorkom) en dit elke jaar. So word jakkalse elke jaar meer indien hulle getalle nie beheer word nie en kan hulle veral rooibokke, nyalas en ander kleiner boksoorte in die bosveld se aanteel omtrent opvreet veral as die plase nie uitsonderlik groot is nie. Dominansie speel meer 'n rol in teeltyd maw Aug-Des wanneer die kleintjies klein is of nog jonk is, en veral naby die teel gate, daarna word die jonger jakkalse verdra veral as hulle 'n "submissive" houding inneem. Die volgende navorsing stuk verduidelik die konsep van wanneer die apex predatore verwyder word wat gebeur.
Rise of Meso -Predators.pdf

Groete
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Ds J »

Jakkalse in ons omgewing is veral lastig in teeltyd wanneer die jongetjies baie kos nodig het, en ook wanneer hulle leer jag. Hulle trek soms kalwers plat.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by spekieries »

Baie dankie vir al die kommentaar. Ek het defnitief klarigheid in my gemoed en skietgoed vir die redenasie ontvang.
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Eduard Venter »

Dis seker maar net die dominte jakkalse wat sy lammers almal opvreet

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Ds J »

Eduard Venter wrote: Wed Aug 27, 2025 8:23 am Dis seker maar net die dominte jakkalse wat sy lammers almal opvreetImage

Sent from my SM-G780F using Tapatalk
Ek het 'n vermoede dat daar groot verskille in die optrede van jakkalse is, maar ek verstaan ongelukkig te min daarvan. Die rede vir my stelling is dat 'n vriend van my gesukkel het met 'n jakkals wat skape vang totdat hy n hoenderhok in die veld gesit het. Die jakkals (n groot mannetjie) het elke derde dag 'n hoender kom haal en die skape uitgelos. Daar was ook basies geen ander jakkalse in die direkte omgewing nie. Hierdie sou 'n goeie argument ten gunste van die "dominante-jakkals-teorie" kon wees.
Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1349
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Toxxyc »

Die vraag is "moet jakkalse gejag word?".

In my opinie, nee, hulle moet net geskiet word. In die nag. Van die bakkie af. Met 'n spotlight. En dis mos nie jag nie?
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1540
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Giepie »

Ek dink daar is gedurig veranderinge wat plaasvind by jakkalsgedrag en getalle. Die groter getal kleintjies kan ook wees omdat daar meer jakkalse geskiet word, hoe groter die uitdunning, hoe meer die aanteling.

Rondom die dominante, of Alpha's, by die wildevarke in die VSA het hulle agter gekom dat wanneer die Alpha beer of sog geskiet word, is die aanteel meer omdat die chaos maak dat die ander dan probeer om die Alpha te word. Wanneer daar 'n sterk Alpha paar is, word die ander nie so maklik toegelaat om aan te teel nie. By hyenas gebeur dit ook. Maar omdat dit by 'n paar spesies 'n gedrag is, beteken nie dat dit by almal voorkom nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Nico de Jager »

....... ja! Asseblief tog!
User avatar
BeesBreet
Hero Member
Hero Member
Posts: 1649
Joined: Sat Nov 22, 2014 9:03 am

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by BeesBreet »

Rooikat is ook rooibok se baas…
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Geno »

Giepie wrote:Die groter getal kleintjies kan ook wees omdat daar meer jakkalse geskiet word, hoe groter die uitdunning, hoe meer die aanteling.
.
Hoe presies werk dit, en is daar enige studies wat dit bevestig?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Ratel »

Ek lees elke pos en sien baie opinies. Hier is my opinie. Ons het ons familie plaas 30 jaar terug gekoop en daar was geen vlakhase en steenbokkies gewees nie. Daar was wel n horde jakkalse en ons skape het gereeld minder geword. Ek het eers op n oningeligte manier begin om jakkalse uit te dun. As ek terug dink het ek baie jakkalse laat matrikuleer. Vandat ek dinge begin reg doen het was die vlakhase skielik meer en het n steenbok ram en ooi n lam groot gemaak. Die lank en kort is dat mens heeltyd jakkalse en rooikatte moet minder maak aangesien hulle natuurlike vyande uitgewis is. Vir die wie dink n mens skiet jakkalse en jag hulle nie het ek slegte nuus. Jakkalse is skelm en dit verg fyn beplanning om hulle uit te skiet/jag.
Maak 'n verskil
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Moet Jakkalse gejag word.

Post by Eduard Venter »

Geno wrote:
Giepie wrote:Die groter getal kleintjies kan ook wees omdat daar meer jakkalse geskiet word, hoe groter die uitdunning, hoe meer die aanteling.
.
Hoe presies werk dit, en is daar enige studies wat dit bevestig?
Ek koop ook nie daai teorie nie. Dan moet renosters darem maar teel dat dit bars met al die stropery!

Op 'n ernstige noot, ek dink 'n meer realistiese idee is dalk omdat daar geskiet word is daar nou minder kompetisie en meer kos per jakkals, dus beter aanteel per teef. Sien dit maar met my beeste en wild ook, as daar te veel van 'n spesie is teel hulle swakker aan

Sent from my SM-G780F using Tapatalk

Post Reply