308 vs 6.5CM vs 6.5X55
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Môre manne, help my besluit vir n jaggeweer vir my seun. Spesies sal springbok tot kudu grootte wees. Geweer sal n dunloop Tikka wees. Ek sal graag koeël gewig van 120-125gr wil laai vir bietjie platter trajek. Die 125greiners in 308 sal seker nie so goed doen soos die 120gr 6.5've nie veral in die wind. Tussen die 2 6.5's sien ek dat Tikka sekere modelle Creedmoors n 24" loop gee, maar die 6.5X55 net standaard 22,4". Gee dit die Creedmoor n voordeel bo die Swede in hierdie geval. Wat sou julle sê is die grootste wild wat die 6.5 met goeie 140gr koeël betroubaar kan doodskiet. Die teenvraag is nou weer, wat is jul ondervinding met 125gr koeëls uit n 308 vir jag doeleindes.
Ek luister by die radio.
Ek luister by die radio.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Het al jong kinders gehelp om koedoes, BWB en Gemsbokke met 6.5x55 en premeum koels te jag
Die 6.5x55 vs die 6.5Creed is much of a muchness, die x55 met n 22.5" loop gaan nie regtig iets op gee teen die 24" creed nie
Aksie lengtes in Tikka is ook elk geval die selfde die 6.5x55 se dop se rim is net bq groter as die 6.5Creed sin so as jy klaar n 243/308 shell holder het gaan jy net een spesifiek vir die x55 moet koop, goeie dopppe vir die x55 was vir lank skaars gewees maar ek verstaan daar is nou weer taamlik in die land, doppe se pryse is ook maar baie dieselfde
Persoonlik sou ek die korter loop x55 vat en hom met n lekker sterk 140gr koel agter n vol dop N540 laai, niemand sal my oortuig n 6.5Creed is akurater as n goeie moderne 6.5x55 nie

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Hano243
- Sr. Member

- Posts: 292
- Joined: Wed Jan 21, 2015 3:56 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
+1Persoonlik sou ek die korter loop x55 vat en hom met n lekker sterk 140gr koel agter n vol dop N540 laai, niemand sal my oortuig n 6.5Creed is akurater as n goeie moderne 6.5x55 nie
Hano
- avo
- Jr. Member

- Posts: 78
- Joined: Wed May 03, 2017 3:52 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
6.5x55 all the way!
-
Carel-Chris
- Jr. Member

- Posts: 53
- Joined: Fri Jul 22, 2022 8:44 am
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Ek het 'n 308 en skiet meestal bosveld. SBC 165gr.
Het 'n geleentheid gekry vir Springbok jag so 3 weke terug.
Het toe die 125gr Hornady SST gelaai. Skiet so net oor 2900fps
Was so 200 tot 250 meter skote. Het heel goed gevaar.
Het toe sommer bietjie die gongs ook gaan skiet op 500m. Het 'n paar skote gevat in die wind om op teiken te kom maar toe ook lekker geloop

BRNO .22LR
BRNO 30-06
CZ 308W
CBC 12Br
Superbru kampioen 2023
BRNO 30-06
CZ 308W
CBC 12Br
Superbru kampioen 2023
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7989
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Hier is 'n voorstel ... kry die 6.5x55 en dan ackley jy hom 
Die Ackley ontsluit daai dop en jy kan sommer lekker spoed ook bykry
Die Ackley ontsluit daai dop en jy kan sommer lekker spoed ook bykry
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Ek het niks spoed gewen met my 22duim lopie toe ek my 6m5x55 Ackley nie.. As ek dit weer moet doen sou ek hom standaard hou. My 6.5x55AI het nou n 27duim loop en en skiet n 140gr pit teen 2960fps baie lekker.
Groetnis
Groetnis
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1184
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
6.5x55 met SBC 140gr punte, dan jag jy enige "plains game" met gemakCapt. Yoda wrote: Tue Aug 26, 2025 8:16 am Het al jong kinders gehelp om koedoes, BWB en Gemsbokke met 6.5x55 en premeum koels te jag
Die 6.5x55 vs die 6.5Creed is much of a muchness, die x55 met n 22.5" loop gaan nie regtig iets op gee teen die 24" creed nie
Aksie lengtes in Tikka is ook elk geval die selfde die 6.5x55 se dop se rim is net bq groter as die 6.5Creed sin so as jy klaar n 243/308 shell holder het gaan jy net een spesifiek vir die x55 moet koop, goeie dopppe vir die x55 was vir lank skaars gewees maar ek verstaan daar is nou weer taamlik in die land, doppe se pryse is ook maar baie dieselfde
Persoonlik sou ek die korter loop x55 vat en hom met n lekker sterk 140gr koel agter n vol dop N540 laai, niemand sal my oortuig n 6.5Creed is akurater as n goeie moderne 6.5x55 nie
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Ek sien heelwat 6.5 Creedmoors wat goed skiet met 100gr Eld VT's wat lekker springbok behoort te skiet,(kopskote) hoe doen die 6.5 Swede met 100gr'ne.
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
In plaas van 'n 6,5x55AI sal ek eerder gaan vir 'n 6,5 PRC. Gee dal net daardie ietsie meer gemoedsrus.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Koop maar die x55. Soos die kinders groei het die x55 die vermoeë om 156gr koeëls ook te skiet vir grooter wild. BWB en eland val lekker met die x55 en156gr Norma Oryx. Maar vir eers sal hy ook lekker diens doen met veral die 120-130gr monos terwyl die kinders klein is.
- Jakkie07
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Fri Oct 05, 2012 10:11 am
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
My seun is 13.
in die kluis is n 308 en n 6.5x55
Hy los nie my 6.x55 uit nie. Ons skiet 140gr in hom, dis die CZ so sy loop is 24".
in die kluis is n 308 en n 6.5x55
Hy los nie my 6.x55 uit nie. Ons skiet 140gr in hom, dis die CZ so sy loop is 24".
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 826
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Dankie vir almal se insette, my seun word nou 16 en recoil is nie n probleem nie. Die probleem is hy skiet met my 308 en dan kry ek die 243. Dis tyd dat hy sy eie gun kry. Keuse sal dan tussen 308 of 6.5X55 wees afhangend wat ons raakloop.
Groetnis
Groetnis
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Is daar enige voordeel met 'n 308 en 165gr punt bo die 6.5 as jy 'n groot koedoebul wil skiet?
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Kyk of daar 'n geleentheid is dat hy die twee kalibers kan probeer, en laat hom dan kies. Die hoeveelheid tyd op die baan is belangriker as die bietjie beter of swakker trajek van die kalibers.
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1184
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Ek het 'n koedoe bul op 260m met 6.5x55 met 143gr ELDX geskiet.HeinM wrote: Wed Aug 27, 2025 3:58 pm Is daar enige voordeel met 'n 308 en 165gr punt bo die 6.5 as jy 'n groot koedoebul wil skiet?
Hys net so dood soos wat 'n 308 hom sou maak.
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Skootplasing is seker maar alles.
- heywillie
- Hero Member

- Posts: 1184
- Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Net so
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
-
ThinusS
- Sr. Member

- Posts: 316
- Joined: Sun Jul 17, 2011 10:00 am
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Ek het redelik baie ondervinding met al drie in die jagveld, op wild van springbokke tot elande, met dieselfde skootplasing en koeëls van soortgelyke gehalte gaan geen bok 'n verskil agter kom nie.
Kies die een waarvan jy die meeste hou.
Kies die een waarvan jy die meeste hou.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Wat sal die hoogste node spoed moontlik wees uit n 20" 308 met n 130gr mono en die regte kruit?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Ek het S321 gebruik en lyk asof 2980vps veilig op 'n node sal wees.LUAN wrote: Fri Aug 29, 2025 9:21 am Wat sal die hoogste node spoed moontlik wees uit n 20" 308 met n 130gr mono en die regte kruit?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Dankie Tripod. Sjoe vinniger as n 6.5 met n korter loop ook nog. En bc maak mos nie saak op gewone jag afstande of hoe. Ek het reeds die doppe en dies so maak meer sin om nog n 308 te koop. Wil iets baie lig kry vir stap jag maar dan gaan recoil ook meer wees dis hoekom ek dink aan 125-130gr skiet.tripodmvr wrote:Ek het S321 gebruik en lyk asof 2980vps veilig op 'n node sal wees.LUAN wrote: Fri Aug 29, 2025 9:21 am Wat sal die hoogste node spoed moontlik wees uit n 20" 308 met n 130gr mono en die regte kruit?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Hoe so Armand?Armand Steenkamp wrote: Tue Aug 26, 2025 9:53 am Ek het niks spoed gewen met my 22duim lopie toe ek my 6m5x55 Ackley nie.. As ek dit weer moet doen sou ek hom standaard hou. My 6.5x55AI het nou n 27duim loop en en skiet n 140gr pit teen 2960fps baie lekker.
Groetnis
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Kan nie rerig se nie. Maar dit is wel wat ek agter kom met sommige van my ander Ackleys ook. Dit was verseker die geval met my punt en kruit kombinasie. Al wat ek kan dink dit dat die kort lopie nie die ekstra dryfmiddel kan verbrand nie. Toe ek na n langer pyp gaan toe wen ek verseker.Wouter Roets wrote: Mon Sep 01, 2025 11:17 amHoe so Armand?Armand Steenkamp wrote: Tue Aug 26, 2025 9:53 am Ek het niks spoed gewen met my 22duim lopie toe ek my 6m5x55 Ackley nie.. As ek dit weer moet doen sou ek hom standaard hou. My 6.5x55AI het nou n 27duim loop en en skiet n 140gr pit teen 2960fps baie lekker.
Groetnis
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7548
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 308 vs 6.5CM vs 6.5X55
Armand
Ek glo in die geval van die 6.5x55 wat in Ackley gewaad(relatief overbore) stadig verbrandende poeier met swaarder koeels verkies n korter loop verseker n invloed gaan he op verrigting. Ek glo ook in die tyd van jou toetse was jy net aanwesig op Somchem poeiers, waar n mens vandag heelwat meer opsies het.
In n hele paar van my Ackleys het ek my lope korter gemaak, maar ek het baie huiswerk ingesit oor koeel en kruitkeuse om die beste uit die kombinasie te kry. In my oe een van die vele voordele van n Ackley om in n korter loop dieselfde of meer spoed te kry as die voogkaliber in n langer loop. So in hierdie geval van Lamchop waar hy graag 120-130gr koeels wil skiet uit n 22 duim loop sal die Ackley verseker n groot aanwins wees. Nie net die ekstra dopkapasiteit nie maar die feit dat jy teen hedendaagse drukvlakke ook kan hardloop.
Groetnis
Wouter