Dagsê
Ek lees gister 'n storie geskryf deur 'n gesoute joernalis. Hy vertel onder andere van 'n bok wat hy geskiet het. Toe ek daardie storie lees, wou ek amper nie glo wat op papier staan nie... want sien ek was sy PH op daardie spesifieke jag. Wat daar geskryf staan is, met permissie gesê, taamlik ver verwyder van die waarheid. Wat my wenkbroue nog meer laat lig het, is dat die man skryf hoe die bok in woede gebrul en gesoek het na die oorsaak van die gevaar na sy eerste skoot. Hy het die bok glo met die volgende skoot doodgeskiet. Uhmmm... wat ek kan bevestig, is dat die bok uiteindelik wel dood is en dat beide sy agterbene gebreek was.
Hierdie persoon het by meer as een geleentheid snaakse waarhede vertel. Hy is onder andere gekonfronteer deur 'n Oos-Kapenaar wat 'n jag heel anders onthou as hoe daaroor berig is.
Nadat ek die storie gelees het, het ek opnuut begin wonder oor al die jagstories wat 'n mens lees. Hoeveel joernalistieke vryheid lê opgesluit in artikels en boeke wat oor die jare heen gepubliseer is. Miskien moet 'n mens glad nie daaroor dink nie, net die storie geniet want wie wil nou 'n lekker storie met feite staan en beneuk.
Ek hoop my ink droog op voordat ek dit nodig ag om joernalistieke vryheid te begin gebruik.
Mooi loop
Joernalistieke vryheid?
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Joernalistieke vryheid?
Ja nee, hierdie is ‘n groot waarheid. Dit verstom my altyd hoe baie en aanmekaar mense lieg. Vriendelik met hulle waarheid omgaan.
Jou waarheid; My waarheid; Dié waarheid.
Beste.
Jou waarheid; My waarheid; Dié waarheid.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: Joernalistieke vryheid?
En meestal draai alles om ego en status. Al moet ons dan nou spekskiet of met die hele vark gooi. Net Oom Pine word erken om so te praat. 
Maak 'n verskil
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Joernalistieke vryheid?
Normaalweg is die woorde GROOT en BEK gepas erêns teenwoordig wanneer na sulkeres in een sin t.o.v. “karakter beskrywing” verwys word. Of net, hou verby!Ratel wrote: Wed Mar 26, 2025 1:57 pm En meestal draai alles om ego en status. Al moet ons dan nou spekskiet of met die hele vark gooi. Net Oom Pine word erken om so te praat.![]()
Of wat sê my grootbek nou?
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- saswart
- Sr. Member

- Posts: 482
- Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Re: Joernalistieke vryheid?
Dankie Oom Koos, ja dit is interessant dat mense openlik stories sal verdraai... Laat my dink aan aan die boeke van ene Peter Hatahway Captsick wie se stories blykbaar met sakke sout gelees moet word of selfs gesteelde stories is wat hy aan homself toegeskryf het...
Laat my dink aan die grappie wat my klein kiddies van hou om te vertel. 'n Man en sy 3 pelle vang altyd vis, maar die man kom elke keer met 'n storie dat sy vis is net soveel groter as die pelle s'n. As die een pel 'n arm lengte een vang, is die man se vis 'n arm en 'n hand lank gewees. So besluit die 3 pelle, toe hulle nou uiteindelik moeg is vir sy stories, hulle gaan sy hande vasbind as daar wees visgevang word. so gebeur dit, die man, met sy hande vasgeboei, luister na hoe groot hul visse was, en toe hy sien hy kon iets se, lig hy sy geboeide hande op, strek sy wysvingers uit en se "my vis se oog was so groot".

-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2139
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Joernalistieke vryheid?
Oom Koos, onder sulke omstandighede mag Oom as senior, gesoute jagter en direkte ooggetuie gerus sy tjank aftrap. Noem hom gerus 'n leuenaar, en vertel dit vir sy baas/maatskappy.
Daar is 'n groot verskil tussen joernalistieke vryheid en lieg. Die joernalis mag 'n storie oortuigend of mooi vertel, maar hy moet by die feite bly. 'n Mens mag selfs 'n oog toeknyp as hy dalk eensydig is, of net sekere dele vertel - mits dit regverdig en billik is. Om blatant te lieg is iets anders en nie aanvaarbaar nie.
Van daaglikse ervaring met die menslike spesie kan ek met oortuiging sê dat dit nie net oor jagstories gaan nie. Dit geld ook vir egbreuk, diefstal, geweld en ander misdrywe. Daar is altyd 'n rede of verskoning waarom dit aanvaarbaar sou wees, of nie so erg nie.

toxicsox
- Sr. Member

- Posts: 350
- Joined: Thu May 19, 2016 9:30 am
Re: Joernalistieke vryheid?
Net die Swartwildebeeste van die Duineveld in die Noord Kaap brul so....
- Giepie
- Hero Member

- Posts: 1540
- Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Re: Joernalistieke vryheid?
Ek is absoluut pro joernalistieke vryheid, maar joernalistieke verantwoordelikheid moet volledig daarmee saamgaan. Stories vir humor is een ding, maar dan moet dit darem duidelik gesien word as tong-in-die-kies. Vir my, stories kan veelkleurig vertel word, maar moenie 'n goeie storie met ONWAARHEDE bederf nie.
Die probleem is dat onkundiges nie kan onderskei tussen waarheid en fiksie nie, en dan nonsens glo en dit nadoen.
Die probleem is dat onkundiges nie kan onderskei tussen waarheid en fiksie nie, en dan nonsens glo en dit nadoen.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Joernalistieke vryheid?
Giepie ek stem saam, Baie mites (wat later as feite oorvertel word) oor wild en jag het in die verlede ontstaan omdat skrywers/joernaliste sekere dinge as die waarheid verkondig het. Dit steek my dwars in die krop.
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Joernalistieke vryheid?
Neewat, wie gaan baat deur om in n vuisgeveg betrokke te raak oor wat nooit klinklaar bewys kan word nie.
Die natuur van die alfa man wat gaan jag, visvang, 4x4 ry, en aan enige buitelewe sport deelneem is om maar oor sy prestasies te spog met n bier in die hand.
Kom ons kyk nou maar na die laaste hoë profiel geval, waar Gregor Woods, sonder twyfel bewys het dat Harry Manners ‘n leunaar was, en dat Kambaku! die boek fiksie was.Terloops niemand kan of wil bewys dat elke woord uit sy pen, maand na maand in Magnum,nog altyd evangelie was nie. Baie geluk mnr Woods. Jy het ‘n afgestorwene wat nogtans beskou word as n legende in die ivoorjag bedreif se naam deur die modder gesleep, en aan Suid Afrika (jou leserskring is nog nie globaal nie) bewys die ou man was n skobbejak. Jy het dit ook met die vermetelheid gedoen om hom jou vriend te noem.
Is Harry seergemaan daardeur? Ek twyfel - “Strange friend,” I said, “here is no cause to mourn.” Laat my aan dié dooie se woorde dink in Wilfred Owen se gedig Strange Meeting.
Gee Wally om? Ek twyfel ook sterk.
So wie het wat bereik? Gregor het homself oortuig dat hy n deel van sy anatomie met n fraksie vergroot het, ‘n klomp het die skandes soos n hond uit n blik piering opgelek, en regdenkende mense het alweer daarvan vergeet.
Dit laat my dink aan my laerskool dae toe ons uitvind ons voorgeskrewe boek “Uit oerwoud en vlakte” van Sangiro was plagiaat, en almal se oupas was tot in hulle murg geskok.

.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44