Watter gr koeels vir plankgeweer
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Paar mense sukkel met die 155gr ELDM.
Ek stel voor jy begin met 10 thou sprong en werk dan op 20 thou op 'n slag tot met 150 thou en kyk watter spring groepeer die beste.
So, 0.01", 0.03", 0.05" ens..

30-06
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Dit is baie slegte nuus want ek het nou net n klomp van die punte gekoop.
Nie geweet ander mense sukkel ook met hulle nie.

- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3610
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Toe ek (baie) jare gelede begin Bisley skiet het met my Musgrave plank, het almal met PMP weermag ammunisie met 143gr spbt geskiet. Afstande was van 300 tot 900m en die manne met die groen baadjies het gereëld voltalle geskiet.
Ek het self nie te sleg geskiet nie maar nooit ‘n groen baadjie gekry nie, net ‘n blou een.
Daai tyd niks bekommer oor “jump” en sulke dinge nie.
Het nog steeds my ou plank en skiet nog een maal ‘n jaar die staat se interdepartementele skiet.
Vir interresantheid dog ek nou die dag laat ek net die jump meet. Sit ‘n 143gr liggies in ‘n dop en maak hom toe in die kamer. Daar val daai koëel voor by die dop uit so lank is die jump.
Daai geweer skiet een gat groeperings op 100m.
Dis maar my ervaring.
Lekker skiet

Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Jammer vir die HJFanta300 wrote: Thu Mar 13, 2025 6:26 pm Toe ek (baie) jare gelede begin Bisley skiet het met my Musgrave plank, het almal met PMP weermag ammunisie met 143gr spbt geskiet. Afstande was van 300 tot 900m en die manne met die groen baadjies het gereëld voltalle geskiet.
Ek het self nie te sleg geskiet nie maar nooit ‘n groen baadjie gekry nie, net ‘n blou een.
Daai tyd niks bekommer oor “jump” en sulke dinge nie.
Het nog steeds my ou plank en skiet nog een maal ‘n jaar die staat se interdepartementele skiet.
Vir interresantheid dog ek nou die dag laat ek net die jump meet. Sit ‘n 143gr liggies in ‘n dop en maak hom toe in die kamer. Daar val daai koëel voor by die dop uit so lank is die jump.
Daai geweer skiet een gat groeperings op 100m.
Dis maar my ervaring.
Lekker skiet
Daai weermag ammo is 143gr FMJ. Ek het so 'n paar zillion van die punte wat ek vir my plank laai. Die punte is nie almal dieselfde gewig nie. Ek weeg dit en laai dit in batches.
My geweer groepeer die beste met 150gr Nosler BT. Ek het nog net 150 oor...
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Kon jy agterkom op jump op die 150gBT punte n verskil maak by jou en wat is jou jump?
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Dit maak sonder twyfel 'n verskil. My geweer het 2 sweetspots. Een teen die lande - met lang koeels en een rondom 5mm van die lands af - met korter koeels. Ek laai die 150grBT / 155grCC / 165gr Sierra GK almal .3mm van die lande af vir beste groeperings.30-06 wrote: Fri Mar 14, 2025 8:16 am Kon jy agterkom op jump op die 150gBT punte n verskil maak by jou en wat is jou jump?
Ek skiet nie maksimum ladings nie, so dis veilige praktyk.
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Dankie.
Ek sukkel bietjie met al die verskillende metodes wat daar is om met sekerheid te se wanneer my punt teen die lands is.
Die probleem is dat die verskillende metodes vir my nie almal dieselfde antwoord gee nie.
Eric se jy moet die punt jam en dan .5 aftrek dan is jy op raak.
Wat gebruik jy om teen lands te bepaal want as jy .3 wil spring moet jy seker wees jou beginpunt is 100% reg.
Ervaar jy ook dat die nodes baie naby aan mekaar is, dink daai manne praat van 3thou wat die node wyd is.
Die ander ding wat ook n rol speel as jy verder uit die dop skuif is genoeg grip, dink jy dit speel ook n belangrike rol?

Ek neem aan jy doen dit: Doppe is almal eenvormig wat volume en lengte aanbetref?30-06 wrote: Fri Mar 14, 2025 10:00 am Dankie.
Ek sukkel bietjie met al die verskillende metodes wat daar is om met sekerheid te se wanneer my punt teen die lands is.
Die probleem is dat die verskillende metodes vir my nie almal dieselfde antwoord gee nie.
Eric se jy moet die punt jam en dan .5 aftrek dan is jy op raak.
Wat gebruik jy om teen lands te bepaal want as jy .3 wil spring moet jy seker wees jou beginpunt is 100% reg.
Ervaar jy ook dat die nodes baie naby aan mekaar is, dink daai manne praat van 3thou wat die node wyd is.
Die ander ding wat ook n rol speel as jy verder uit die dop skuif is genoeg grip, dink jy dit speel ook n belangrike rol?
Ek seat die betrokke punt effens in 'n ongelaaide dop. Laai dit dan in die geweer en trek versigtig uit. Meet die totale lengte en werk daarvandaan. Metode werk vir my...
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Het jy dalk n nommer waar ek jou kan kontak
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Ek weet nie wie vir jou sê die node is net 3 duisendstes wyd nie, maar daar is maar min mense wat so goed kan laai en skiet. Meeste het nie eens die toerusting om dit akuraat te meet nie.
As dit dan wel so is, stel ek voor jy verkoop daardie koeëls en kry iets wat nie so sensitief is nie. Anders gaan jy baie koeëls uitskiet en loop lewe mors om die perfekte sprong te kry. En net om volgende batch uit te vind jy moet alles van voor af doen.
As dit dan wel so is, stel ek voor jy verkoop daardie koeëls en kry iets wat nie so sensitief is nie. Anders gaan jy baie koeëls uitskiet en loop lewe mors om die perfekte sprong te kry. En net om volgende batch uit te vind jy moet alles van voor af doen.
-
30-06
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Aug 30, 2012 7:30 am
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Sorry ek het n fout gemaak, Eric Cortina se die node is 6 thou wyd hy toets in 3thou eenhede op n slag.
Ek stem 100% saam met jou stelling dat die meeste mense, myself ingesluit nie, so fyn kan meet en stel nie.
Ek het geleer 1mm Jump is veilig, maar ek sien Hein se sy geweer skiet mooi 0.3mm vanaf die lands.
Ek stem 100% saam met jou stelling dat die meeste mense, myself ingesluit nie, so fyn kan meet en stel nie.
Ek het geleer 1mm Jump is veilig, maar ek sien Hein se sy geweer skiet mooi 0.3mm vanaf die lands.
- Fanta300
- Hero Member

- Posts: 3610
- Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
@ Hein. Skuus vinger fout. Het bedoel FMJ.
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
-
J P
- Full Member

- Posts: 100
- Joined: Tue Jun 12, 2012 11:10 am
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Hier is 'n metode om 0-jump redelik akkuraat te bepaal. Dit verg bietjie meer moeite as meeste ander metodes, maar dit gee herhaalbare resultate.30-06 wrote:Dankie.
Ek sukkel bietjie met al die verskillende metodes wat daar is om met sekerheid te se wanneer my punt teen die lands is.
Die probleem is dat die verskillende metodes vir my nie almal dieselfde antwoord gee nie.
Eric se jy moet die punt jam en dan .5 aftrek dan is jy op raak.
Wat gebruik jy om teen lands te bepaal want as jy .3 wil spring moet jy seker wees jou beginpunt is 100% reg.
Ervaar jy ook dat die nodes baie naby aan mekaar is, dink daai manne praat van 3thou wat die node wyd is.
Die ander ding wat ook n rol speel as jy verder uit die dop skuif is genoeg grip, dink jy dit speel ook n belangrike rol?
https://youtu.be/tYZu7RG28ow?si=bYH7gsagxhhbzQZO
Groete
Sent from my SM-S928B using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Watter gr koeels vir plankgeweer
Jam n koel of jump n koel (en moenie bang wees om hom baie te jump nie), touch is pot 11.1.11 en jy sukkel net
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.