'n Storie geleen.

Post Reply
User avatar
TFDADD
Hero Member
Hero Member
Posts: 1247
Joined: Mon Nov 14, 2016 8:42 am

'n Storie geleen.

Post by TFDADD »

AARTAPPELSKYFIES.

Teks: "JAKOB het ook verder gereis, en die engele van God het hom ontmoet." ~ Génesis 32:1 📖.

’n Klein seuntjie wil bitter graag die Hemelse Vader ontmoet. Hy besef dat dit sal tyd neem om te reis na waar die Here woon!
Dus pak hy in sy tas ’n pakkie aartappelskyfies en ’n 6-pak vrugtesap en toe begin hy met sy reis.

Ongeveer drie blokke van sy huis af ontmoet hy ’n ouerige man. Die man het in die speelpark gesit en stilweg na die duiwe gestaar wat op die grond rondloop.
Die seun gaan langs die oom sit en maak sy tas oop. Hy was van plan om van sy vrugtesap te drink, toe hy opmerk dat die ou man honger voorkom.
Hy bied toe vir die oom van die skyfies aan. Dankbaar neem die ou man dit, terwyl ’n vriendelike, sagte glimlag oor die ou man se gesig versprei, soos hy na die seuntjie kyk.
Die ou man se glimlag was verskriklik mooi dat die seuntjie dit weer wou sien, en hy bied vir die oom ’n blikkie koeldrank aan.
Weereens glimlag die ou man teenoor die seuntjie. Die mannetjie was verheugd!
Die hele middag sit die twee daar eet en glimlag teenoor mekaar – sonder om ’n woord te sê.

Toe dit skemer word, besef die seuntjie hoe moeg hy was en hy staan op om te loop. Skaars het hy ’n paar treë gegee, of hy swaai om.
Hy hardloop na die ou man terug en gee hom ’n drukkie. Hy kyk op na die ou man en gee hom die grootste glimlag ooit . . .

Toe die seuntjie na ’n kort tydjie die voordeur van hul huis oopmaak, was sy moeder verbaas om die vrolike gesiggie te sien.
Sy vra hom: “Wat het jy vandag gedoen wat jou so gelukkig maak?”
Hy reageer spontaan: “Ek het middagete met God gehad.”
Nog voordat sy moeder kon reageer, voeg hy by: “Weet jy wat, Ma? Hy besit die mooiste glimlag wat ek nog gesien het!”

Intussen het die ou man, ook oorweldig van geluk by sy huis aangekom.
Sy seun was verstom oor die blik van tevredenheid op sy Pa se gesig.
Hy vra: “Pa wat het jy vandag gedoen wat jou so gelukkig maak?”
Die ou man antwoord: "Ek het aartappelskyfies saam met die Here in die park geëet.”
Voordat sy seun kon reageer, voeg hy by: "Weet jy, hy is veel jonger as wat ek verwag het!”

Te dikwels onderskat ons die krag van ’n aanraking, ’n glimlag, ’n vriendelike woord, ’n geopende oor, ’n eerlike kompliment of die kleinste omgee-daad, almal het die vermoë om die lewe te verander.
Mense kom in ons lewens vir ’n rede, ’n seisoen, of lewenslank!
Omhels almal gelykwaardig!! Geniet middagete met God . . . . bring skyfies.

Stuur hierdie leesstuk aan die mense wie jou lewe op ’n spesiale manier geraak het. Laat hulle besef hoe belangrik hulle is. Ek het!!!
God sit steeds op Sy troon. Jy mag deur ’n moeilike tyd gaan nou, maar die Hemelse Vader is gereed om jou te seën op so ’n wyse wat Hy alleen kan doen. Behou die geloof! Die Here seën jou.

Hierdie is my aartappelskyfies vir jou.

Kom bid saam: Skepper van Alles Wat Is, help ons elke dag om die lig en sout in ander se lewens te wees en U Liefde uitstraal.
Dankie. 🙏.
Hierdie land vandag op my rekenaar, 'n eenvoudige storie met tog 'n belangrike lewensles daarin, gekoppel aan ons wat in Hom glo se praktiese uitdra van ons geloof aan ander in ons samelewing.
Ek deel dit met almal wat verstaan, want ek kan dit nie net vir myself hou nie.
Mooi loop.
"Facts are stubborn things; and whatever may be our wishes, our inclinations, or the dictates of our passion,
they cannot alter the state of facts and evidence. ~ John Adams.

We are honest, trustworthy and reliable.
partner
Hero Member
Hero Member
Posts: 982
Joined: Sun Jun 19, 2011 8:24 pm

Re: 'n Storie geleen.

Post by partner »

Baie dankie.
Post Reply