Nog n Slilencer vraag

Post Reply
Pew-Pew
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Tue May 02, 2023 5:43 am

Nog n Slilencer vraag

Post by Pew-Pew »

Dagse, iets vreemd gebeur met my geweer.

Silencer 1 skiet bitter mooi tight groups. Silencer 2 skiet 2" groups op 100m met presies dieselfde lading.

Al verskil wat ek kan agterkom is dat silencer 1 omtrent 350gram meer weeg. So dit se vir my die harmonics op die barrel verander bietjie.

Wat is die maklikste manier om silencer 2 te laat group sonder om van voor af met lading ontwikkeling te begin??

Silencer 1 en 2 "clip" glad nie. Die poi verskil is omtrent 80mm vertikaal op 100m tussen die twee silencers. Dis n 24" heavy varmint barrel, so dis ook bietjie vreemd mar seker verstaanbaar.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Nog n Slilencer vraag

Post by Ds J »

Gebruik waterpypklampe en klamp n totaal van 340gram aan nr 2. Dit sal aandui watter effek die gewig het.

Ek weet van verskillende skuts wie se gewere bietjie akkurater is met n knaldemper. Die ekstra gewig maak n verskil aan die beweging van die loop.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nog n Slilencer vraag

Post by tripodmvr »

Kyk of die koeëls nie No. 2 raak nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Nog n Slilencer vraag

Post by Alwin »

tripodmvr wrote: Sun Dec 10, 2023 2:08 pm Kyk of die koeëls nie No. 2 raak nie.
Soms vlieg hulle net baie naby aan die "baffels" deur, sonder om enige tekens te los.
Ek het al verskeie gewere, my eie .22 inkluis, se presisie verbeter deur die demper se gat so 0,5mm groter te boor.

Daar mag natuurlik ander redes ook wees.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Nog n Slilencer vraag

Post by Ds J »

Alwin wrote: Sun Dec 10, 2023 9:54 pm Soms vlieg hulle net baie naby aan die "baffels" deur, sonder om enige tekens te los.
Ek het al verskeie gewere, my eie .22 inkluis, se presisie verbeter deur die demper se gat so 0,5mm groter te boor.
Hoe beïnvloed die groter gat sy dempvermoë?
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2126
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Nog n Slilencer vraag

Post by Malan123 »

Ds J wrote: Sun Dec 10, 2023 10:24 pm
Alwin wrote: Sun Dec 10, 2023 9:54 pm Soms vlieg hulle net baie naby aan die "baffels" deur, sonder om enige tekens te los.
Ek het al verskeie gewere, my eie .22 inkluis, se presisie verbeter deur die demper se gat so 0,5mm groter te boor.
Hoe beïnvloed die groter gat sy dempvermoë?
Neewat teoreties maak dit verskil, maar in die regte lewe gaan jy niks agterkom nie
User avatar
jdpretorius
Hero Member
Hero Member
Posts: 2465
Joined: Mon Aug 10, 2015 10:43 am

Re: Nog n Slilencer vraag

Post by jdpretorius »

N oud geweersmid het eendag my vertel dat hy n .22 sin tot 10mm oop geboor het voor dit werklik n verskil gemaak het.... hy't juis die 270 se gat tot 8.5mm geboor, sonder dat ek iets kon agterkom in terug skop & klank

Sent from my SM-A536E using Tapatalk

338 WM, 30-06 Sprg, 270 Win, 9mm, 12br
Groete, Johan
Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1873
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm

Re: Nog n Slilencer vraag

Post by Alwin »

Ds J wrote: Sun Dec 10, 2023 10:24 pm
Alwin wrote: Sun Dec 10, 2023 9:54 pm Soms vlieg hulle net baie naby aan die "baffels" deur, sonder om enige tekens te los.
Ek het al verskeie gewere, my eie .22 inkluis, se presisie verbeter deur die demper se gat so 0,5mm groter te boor.
Hoe beïnvloed die groter gat sy dempvermoë?
Of die klank beïnvloed word of nie, maak net saak as die geweer reeds akkuraat is.
User avatar
rustiek
Newbie
Newbie
Posts: 18
Joined: Fri Oct 20, 2023 7:51 pm

Re: Nog n Slilencer vraag

Post by rustiek »

Ek het my 338WM se Warrior silencer met break vir n ruk op die 270 gebruik. Later het ek n 270 Mute opgesit. Die verskil in klank demp was nogal groot. Daar was minder van n verskil in skop tussen die twee, maar daar was tog n verskil.

Sent from my SM-A336E using Tapatalk

Post Reply