Enjin vir kragopwekker
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3071
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Enjin vir kragopwekker
Naand Manne
Ons het ‘n 15kva 3 fase trekker aangedrewe krag opwekker op die plaas.
Ek sal hom graag wil omskakel na ‘n eenheid wat mens direk ‘n enjin op kan monteer sodat hy sonder ‘n trekker kan werk.
Enige voorstelle?
Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Enjin vir kragopwekker
Diesel verkieslik en as mens dalk aircooled kan gaan.
Deutz miskien? Of is hulle te oud
Sent from my iPhone using Tapatalk
Deutz miskien? Of is hulle te oud
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2944
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Enjin vir kragopwekker
Kyk ook na HATZ.
Ons onlangs omskakeling gedoen, 2de HATZ. (2-4 M41)
Beste.
Ons onlangs omskakeling gedoen, 2de HATZ. (2-4 M41)
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3071
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Enjin vir kragopwekker
Waar/wie kontak mens?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2944
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Enjin vir kragopwekker
Ons het Hatz Diesel Cape Town in Stikland gebruik. Buitelander is eienaar en presisie is sy rigsnoer.
Kontak Hatz se hoofkantoor in JHB - Google - en verneem watter agentskap is naaste aan jou.
Bevestig die beskikbaarheid van elke onderdeel/ masjiengedeelte voortydig, ons het lank gewag weens die oorlog se impak.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3071
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Enjin vir kragopwekker
Dankie!
Wonder hoe gaan mens bereken watse grootte engine is nodig om die generator te draai.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Wonder hoe gaan mens bereken watse grootte engine is nodig om die generator te draai.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Stef1274
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm
Re: Enjin vir kragopwekker
Slimmes hier, double check asb net die getalle wat ek hier gee.Apie wrote: Sun Oct 29, 2023 4:05 pm Dankie!
Wonder hoe gaan mens bereken watse grootte engine is nodig om die generator te draai.
Sent from my iPhone using Tapatalk
As die generator rated is vir 15kVA sal hy teoreties 15kW nodig he teen volvrag, as ons aanneem dat daar geen verliese is nie. Dit is moeilik om nou so uit die vuis te raai wat is die effektiewe doeltreffendheid, maar ek persoonlik sou hom op so 80% werk. Hy moet dus 15kW/0.8 = 18.75kW op die flywheel kan gee vir vol power delivery, opgerond tot 20kW.
Hou ook in gedagte dat hy 'n sekere RPM gaan moet loop om so na aan 50Hz as moontlik te kan gee (ek maak 'n aanname dat die nie 'n opwekker is wat die stroom rectify en weer invert op presiese frekwensie nie). So die 20kW rating moenie net die max power rating wees nie, maar dit moet die rating wees op die RPM wat jy hom gaan moet loop vir 50Hz.
Indien dit 'n 2-pool opwekker is, gaan hy 3000rpm moet loop om daardie frekwensie te gee. So sy rating moet wees 20kW @ 3000rpm. Vir 'n 4-pool, 20kW @ 1500rpm, en so aan. Dit is nou vir direkte of 1:1 aandrywing tussen enjin en opwekker. As jy 'n belt drive tussen die twee het, kan dit dalk verskil as jy 'n ratio het (m.a.w. twee pulleys van verskillende groottes).
Maar onthou dat dit alles gebasseer is op die aanname dat jy waarlik 15kVA soek. Dalk vra jy altyd net bv 3kVA van hom, dan verander die som.
308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
-
Stef1274
- Jr. Member

- Posts: 75
- Joined: Thu Jan 26, 2023 1:27 pm
Re: Enjin vir kragopwekker
Iets waarna jy gaan moet kyk, is dat die enjin 'n goeie metode het om die rpm konstant te hou, al wissel die vraag (demand, van die elektriese kant af). Ek is nie so op hoogte van hoe sulke stationary enjins in die mark dit bereik nie.
Die geluk met die trekker (neem aan jy trek hom van die PTO af) is dat hy reeds 'n goeie/effektiewe governor het. As jy teen 'n konstante spoed wil rip byvoorbeeld, moet die brandstoftoevoer reageer as jy 'n boomwortel tref, sodat hy nie skielik afneem in spoed nie. So sou hy die opwekker ook op 'n redelike spoed handhaaf al sit jy drie ketels gelyk aan, of al sit jy slegs een gloeilamp aan.
Om met 'n enjin te sê jy hou net die throttle (brandstof- of lugtoevoer) konstant, is nie dieselfde as om te sê jy hou die rpm konstant nie. Wisselende frekwensie is nie great vir AC toerusting nie, so maak seker jy weet wat jy koop in terme van spoed:vrag beheer.
Die geluk met die trekker (neem aan jy trek hom van die PTO af) is dat hy reeds 'n goeie/effektiewe governor het. As jy teen 'n konstante spoed wil rip byvoorbeeld, moet die brandstoftoevoer reageer as jy 'n boomwortel tref, sodat hy nie skielik afneem in spoed nie. So sou hy die opwekker ook op 'n redelike spoed handhaaf al sit jy drie ketels gelyk aan, of al sit jy slegs een gloeilamp aan.
Om met 'n enjin te sê jy hou net die throttle (brandstof- of lugtoevoer) konstant, is nie dieselfde as om te sê jy hou die rpm konstant nie. Wisselende frekwensie is nie great vir AC toerusting nie, so maak seker jy weet wat jy koop in terme van spoed:vrag beheer.
308 Win - Custom Israeli Mauser
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
303 Bri - Enfield 1970s Sporter
6.5 Grendel - Howa Mini
9mmS - Beretta 84BB
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Enjin vir kragopwekker
Ek het heleklomp 28 KVA eenhede vir 40ft reefers verkoeling. Vanaf regte egte Deutz, Kabota, FAW, Toyota, Perkins tot Isuzu 2.5 engines.
Deesdae koop ek kompleet FAW 4 silinder engines. Hulle kom met starter, radiator, cowling, altenators ens. jy gooi net vloeistowwe en koppel aan altenator.
Bitter lig op brandstof en hulle hou verbasend goed. Jy koop 'n splinternuwe "crate motor " vir R38 000 - R58 000. Die R58 000 model het 'n klein turbo op en trek tans 'n 38KVA altenator.
Om deesdae Deutz en Hatz engines te koop of herstel is bitter duur. Jy kan by DBZ Koloster namaak Deutz koop en aftermarket parte ook, maar dit bly duur.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3071
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Re: Enjin vir kragopwekker
Dankie manne!!
Tau
Hoe hou die FAW sy RPM konstant?
Sal ‘n lister werk?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Tau
Hoe hou die FAW sy RPM konstant?
Sal ‘n lister werk?
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Enjin vir kragopwekker
Kom ons begin voor:Apie wrote: Sun Oct 29, 2023 4:05 pm Dankie!
Wonder hoe gaan mens bereken watse grootte engine is nodig om die generator te draai?
Die trekker se kragaftakker loop gewoonlik teen 540 OPM (Omwentelinge Per Minuut). Daar is sekere trekkers wat ook 'n 1000 OPM opsie het.
'n 4-pool wisselstroom opwekker (alternator) moet teen 1500 OPM loop.
Het jou trekker-opwekker 'n V-band katrolstelsel wat die spoed opjaag?
Kyk op die opwekker se plaatjie hoeveel OPM hy moet loop.
Jy sal moontlik die opwekker met 'n stel V-bande moet aandryf om die spoed reg te kry. Laat die bande en katrolle deur 'n kundige uitwerk, want jy wil seker 'n betroubare stelsel hê. Dis nie sommer net so eenvoudig nie.
Om enjin kW te bereken:
kW op as = Opwekker kVA / arbeidsfaktor = 15/0.8 = 18,75kW
Vir V-band aandrywing wrywingsverliese las 10% by: 18,75 x 1,1 = 20,63kW (As jy die opwekker direk aan die enjin kan koppel, skakel jy hierdie verlies uit.)
kompenseer vir hoogte bo seevlak en warm toestande: +15% = 23,72kW
Om voorsiening te maak vir enjinslytasie oor tyd en kort pieke: +25% = 29,65kW. (Rond af na 30kW)
Dis wat die enjin moet gee teen sy werkspoed (OPM), nie die maksimum op die plaatjie nie. As die enjin teen 1500 OPM gaan werk, kan jy dus nie sy 2800 OPM kW gebruik nie. Kry sy verrigtingskurwe en lees sy 1500 OPM kW af.
Hierdie is nou vir 'n gebalanseerde 3-fase las. As jy jou huishouding daarme wil bedryf en al jou kragverbruikers enkelfase is, gaan jou las nie gebalanseerd wees nie, m.a.w. van die fases gaan minder las hê. Dan kan jy die enjin se grootte effens kleiner kies.
Ek hou baie van die ou Deutz lugverkoelde enjins. Hulle is meer brandstofdoeltreffend en goedkoper om te onderhou as meeste moderne enjins met al hulle elektronika. Ongelukkig is hulle ook lawaaierig en rook 'n bietjie, wat maak dat die Europeërs hulle nie meer toelaat nie. Gelukkig kan jy die identiese item uit Indië kry met die naam "Kirloskar". Hier loop baie van hulle in SA. http://kirloskar-engines-sa.co.za/
Ek hou baie van die meer moderne Lister enjins. Hulle is nogal taai en betroubaar. Ongelukkig is hulle onderdele belaglik duur, wat die opsie vir my bederf. Die ouer stadige Listers met oop vliegwiele, (6/1, 8/1, 12/2, 16/2 ens) is soms nog beskikbaar vanuit Indië, maar hulle brandstofverbruik is omtrent dubbeld die van meer moderne enjins. Die stadige enjinspoed (600 - 850 OPM) veroorsaak ook dat die ligte lekker flikker soos by 'n disco...
Om 'n dieselenjin met meganiese spoedbeheer teen 'n redelik konstante spoed te laat loop (belangrik om 50Hz uit die opwekker te kry) moet sy "governor" se veer aangepas wees vir die spesifieke spoed. Nogtans gaan sy spoed effens verander as die las verander.
Oorweeg dit ook om die trekker-aangedrewe opwekker te verkoop en 'n nuwe, moderne opwekkereenheid aan te skaf wat elektroniese spoed- en frekwensiebeheer het. Gewoonlik is hulle ook toe gebou en loop lekker stil. Jou elektriese en elektroniese toestelle gaan vir jou dankie sê.
As jy 'n nuwe eenheid aanskaf, kyk maar wat is sy piek kW en "continuous" kW uitsette. Ignoreer die piek uitset, hy kan nie daar werk nie. Dis net om 'n toestel se aansit-stroom te oorkom vir 'n sekonde of 2. Dit is goed om die opwekker nie meer as 80% van sy aangeslane uitset te belas nie.
As jy al die somme gemaak het, oorweeg ook maar sonkrag. Dis duurder, maar vreet nie brandstof nie, solank die son skyn. As dit dik bewolk is, moet jy maar weer die trekker-opwekker nader trek.
-
Apie
- Hero Member

- Posts: 3071
- Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Enjin vir kragopwekker
Dankie Alwin
Dis ‘n Massey 135(hy is al redelik bejaard) hy is 540rpm op sy pto
So sy rev counter het al jare terug die gees gegee.
Hulle was uit die fabriek 34kw destyds
Die opwekkker word op plaas gebruik hoofsaaklik vir sweiswerk en die grinder.
Opwekker is op waentjie met sy stel pulleys. Hy het ‘n voltmeter so ons gee maar altyd die trekker vet tot sy voltmeter op sy merk is en dan werk ons met hom.
Het gedink om hom in ‘n ‘stand alone’ unit te omskep om hom meerdoelig te maak.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Dis ‘n Massey 135(hy is al redelik bejaard) hy is 540rpm op sy pto
So sy rev counter het al jare terug die gees gegee.
Hulle was uit die fabriek 34kw destyds
Die opwekkker word op plaas gebruik hoofsaaklik vir sweiswerk en die grinder.
Opwekker is op waentjie met sy stel pulleys. Hy het ‘n voltmeter so ons gee maar altyd die trekker vet tot sy voltmeter op sy merk is en dan werk ons met hom.
Het gedink om hom in ‘n ‘stand alone’ unit te omskep om hom meerdoelig te maak.
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Enjin vir kragopwekker
Die MF135 het in SA 'n Perkins AD3.152 enjin in gehad. (3 silinders, 152 kubieke duim (2,5 liter)).Apie wrote: Wed Nov 01, 2023 6:15 am Dankie Alwin
Dis ‘n Massey 135(hy is al redelik bejaard) hy is 540rpm op sy pto
So sy rev counter het al jare terug die gees gegee.
Hulle was uit die fabriek 34kw destyds
Die opwekkker word op plaas gebruik hoofsaaklik vir sweiswerk en die grinder.
Opwekker is op waentjie met sy stel pulleys. Hy het ‘n voltmeter so ons gee maar altyd die trekker vet tot sy voltmeter op sy merk is en dan werk ons met hom.
Het gedink om hom in ‘n ‘stand alone’ unit te omskep om hom meerdoelig te maak.
Sy maks uitset van 33,9kW het hy gegee teen 2000 RPM.
Ek vermoed die kragaftakker se 540 OPM was teen 'n bietjie laer enjinspoed, wat ons ongeveer by 30kW uitbring. Hierdie is dus 'n goeie passing.
Dit sal goed wees om vir die opwekker ook 'n digitale frekwensiemeter op te sit. Veral elektriese motors (pompe, yskaste, ens.) moet die regte frekwensie (50Hz) inkry, want dit bepaal hulle loopspoed.
Gewoonlik is 'n sweismasjien (groot industriële modelle uitgesluit) en die grinder enkelfase masjiene. Die groot 15kVAopwekker is omtrent 3 keer so groot as benodig. Vir minder as 'n geskikte dieselenjin, kan jy dalk 'n kompakte enkelfase opwekker van ongeveer 5kVA bekom wat hierdie werk maklik sal baasraak.