Te-regwysings - Nuwe Lede
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Te-regwysings - Nuwe Lede
Vir die ou manne op die forum asook die minder oues, daar het 'n kultuur ontstaan dat nuwe lede terreggewys word indien hulle hulself nie voorstel nie. Ek versoek elkeen om dit per PM aan die nuwe lid te doen/oor te dra. Baie nuwe ouens is selfbewus om te skryf en met sy eerste skrywe word hy in die bek geruk. Dit kan 'n slegte ondervinding wees wat die persoon nie weer sal laat skryf nie. Die terregwysing is dan privaat en sal dit makliker verwerk/aanvaar word as in die openbare forum.
Kom ons behou die gemaklike informele manier van die forum.
Vir die nuwe ouens:
Stel jou voor by nuwe aansluiting en laat weet ons van waar jy is en jou belangstellings.
Groete
Heinrich (Jaracal)

Last edited by jaracal on Tue Sep 06, 2011 8:42 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Ek sekondeer.
Ek hou nie daarvan as iemand net uit die staansppor kom adverteer nie, maar uit die blokke spring met 'n vraag of hulp soek het my nog nooit gepla nie.
Ek dink dat dit belangrik is dat daar reels moet wees wat gehandhaaf moet word
Neels

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Indien daar geadverteer word voordat die ou homself voorstel en deelneem en die forum net as basis vir advertensie gebruik kan dit aan die moderators gerapporteer word wat die post sal verwyder.
Dan bly ons in lyn met die gees van die forum.
Groete
Heinrich
Dan bly ons in lyn met die gees van die forum.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Skuldig...
Jammer as ek iemand se tone getrap het.
Dankie vir die duidelik maak Heinrich...

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- jaracal
- Administrator

- Posts: 1886
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Hallo Gerhard
Geen probleem nie en die post was op niemand spesifiek gemik nie. Ons is al gemaklik met mekaar maar ek kan onthou toe ek die eerste keer op 'n forum (nogal in Engels ook) begin skryf het. Indien ek afgejak of in die bek geruk was na my eerste "post" sou ek nou seker forum sku gewees het. Ek wil dat almal gemaklik en informeel met mekaar kan kommunikeer.
Groete
Heinrich
Geen probleem nie en die post was op niemand spesifiek gemik nie. Ons is al gemaklik met mekaar maar ek kan onthou toe ek die eerste keer op 'n forum (nogal in Engels ook) begin skryf het. Indien ek afgejak of in die bek geruk was na my eerste "post" sou ek nou seker forum sku gewees het. Ek wil dat almal gemaklik en informeel met mekaar kan kommunikeer.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Nee ek verstaan baie goed Heinrich.
Maar soos baie van die "ou" manne hier het ons al te veel manne gesien wat net wil kaans vat en adverteer en dan weg raak.
Ek is op bitter baie forums reg oor die wereld en ek kan eerlik waar s? dat jou forum maklik een van die beste is...
Ek onthou nog goed toe ek aangesluit het terwyl ek in Angola gewerk het en hoe ek lus was vir jakkals roep...
Nou is hier so magdom inligting oor alles wat skiet dat nuwe lede vir dae lank kan sit en lees en leer en die manne hier is nie skaam om raad te gee of om inligting te gee nie...

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Heinrich
Baie dankie vir die beste geweer alle jakkalsjag forum waarvan ek weet. Ek voel dit 'n behoefte van die hart om namens al die gebruikers (as ek mag) vir jou dankie te s?.
Groete
Anton

- Christo Els
- Sr. Member

- Posts: 430
- Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Ek sekondeerspekieries wrote: Heinrich
Baie dankie vir die beste geweer alle jakkalsjag forum waarvan ek weet. Ek voel dit 'n behoefte van die hart om namens al die gebruikers (as ek mag) vir jou dankie te s?.
Groete
Anton
en as ek mag sal dit baie lekker wees as almal net hulle naaste tuisdorp of omgewing sal insit by die lokasie afdeling van 'n man se inligting, want dit is baie ongemaklik om met 'n man te praat maar jy weet nie van waar is hy nie. of dit moet verpligte inligting wees
dankie vir die lekker forum
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Christo Els
Hoekom wil jy weet waar die persoon se lokasie is as n man in Timbaktu of Nigel is maak tog nie saak nie as hy stront praat praat hy dit en klaar.
Beretta
Hoekom wil jy weet waar die persoon se lokasie is as n man in Timbaktu of Nigel is maak tog nie saak nie as hy stront praat praat hy dit en klaar.
Beretta
- Christo Els
- Sr. Member

- Posts: 430
- Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Beretta uit belangstelling in die ander persoon en dit gee meer agtergrond oor die persoon. Ek hou daarvan om te weet met wie ek praat
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
-
henslin
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Baretta
My stukkie dinges.
Ek gaan heeltemal anders reageer op 'n plasing van mense uit Knysna ( Bosloeries - sout van die aarde ) as een van die ander sogenaamde 'gesiene lede'. Ek het reeds uit die plasing van my tuisdorp 'n paar pelle in my onmiddelike omgewing opgespoor. Sou nooit van hulle geweet het as ons net op naamvlak gepraat het nie. Ons mag seker nou maar so 'n paar jagte en aandjies onder mekaar uitruil.
Christo
Van waneer af is Pofadder nie jou tuiste nie - ek glo ek sou trots gewees het as dit my tuiste was. As jy skaam is vir jou 'lokaliteit' - los dit net uit !!
Ek glo die forum is nie plek vir 'high society en oliekuiwe ' nie. Dis 'n plek vir 'n klomp jakkalsjagters en 'n pophuis vol mense wat lief is vir jag en die natuur met mekaar kan gesels en gatskuur !!.
Gaan ek verkeerd wees as ek van Jaracal ( Heinrich ) vra om die tipe negatiewe woorspelery net doodeenvoudig uit te haal ? Weet hy kan nie elke post vinnig deurwerk nie - sorry !!!

Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Henslin
Jy sien dit is my punt so maw die ou van Pofadder gaan nie die beste antwoord kry nie net omdat hy nie n Bosloerie is nie.Of verstaan ek jou nou verkeerd

- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Hahahahaaha! Kyk hieso, het julle n probleem met Pofadder ,of kliprand? Ek bly tussen die 2 dorpies in die boesmanland 
Ek het nog altyd goeie raad gekry,seker maar omdad die manne nie weet waar die boesmanland is nie
Ek stem saam ek wil ook weet waar n ou bly. Mens weet nooit dalk bly hy hier in my om gewing,dan kan man mos lekker gesels.
Groetnis

Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Armand
Wil my voorkom ons kan nie meer lekker gesels nie, ek bly in Potch en nie in die Boesmanland nie.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
henslin
- Sr. Member

- Posts: 401
- Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Baretta en andere
Wat ek eintlik bedoel het is - HOEKOM MOET JY SKAAM WEES OF TERUGSTAAN VIR WAAR JY JOU MERK EN JOU FAMILIE SE MERK OP DIE LANDKAART GEMAAK HET!. Die Oubaas het vir ons elkeen 'n paadjie uitgewerk. Myne verskil van joune en die outjie langs jou. Pla my nie waar jy bly of slaap nie - as jy as vriend aanvaarbaar is - WELKOM !!!!
Wat ek eintlik bedoel het is - HOEKOM MOET JY SKAAM WEES OF TERUGSTAAN VIR WAAR JY JOU MERK EN JOU FAMILIE SE MERK OP DIE LANDKAART GEMAAK HET!. Die Oubaas het vir ons elkeen 'n paadjie uitgewerk. Myne verskil van joune en die outjie langs jou. Pla my nie waar jy bly of slaap nie - as jy as vriend aanvaarbaar is - WELKOM !!!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3527
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Jaa nee ek stem saam. Maar dit sal lekker wees dat n man se waar hy bly mens weet nooit dalk bly hy in die selle straat as jy,haha of op die buurplaas! 
Groetnis
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
- Christo Els
- Sr. Member

- Posts: 430
- Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Ek stem ookArmand Steenkamp wrote: Hahahahaaha! Kyk hieso, het julle n probleem met Pofadder ,of kliprand? Ek bly tussen die 2 dorpies in die boesmanland
Ek het nog altyd goeie raad gekry,seker maar omdad die manne nie weet waar die boesmanland is nie
Ek stem saam ek wil ook weet waar n ou bly. Mens weet nooit dalk bly hy hier in my om gewing,dan kan man mos lekker gesels.
Groetnis
Nee ek het gee probleem waar 'n man of vrou bly nie maar dit is net lekker om te weet waar die manne bly.
As ek 'n jag in die die boesmanland tussen kliprand en pofadder wil re?l dan weet ek nou maar ek kan mater Armand kontak
en dit is nie so maklik al die manne bly plekke te onthou as hulle, hulself voorstel nie.
Ek is 'n trotse inwoner van Upington
Last edited by Christo Els on Wed Sep 07, 2011 10:36 am, edited 1 time in total.
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Christo
Ek's ook 'n kanaal-aap, ons het lank op Kakamas geboer en Upington was ons inkopiedorp. Ek smaak daai w?reld stukkend. Lekker w?reld, lekker mense. Gaan juis op 18 September deur Upington om in die Boesmanland te jag (anderkant Kakamas op Pofadderpad) saam met Christiaan Klindt, miskien ken jy hom.
Ek het darem bitter baie nagte deur op 'n International trekker gesit om lusern te baal vir mense. Dan wou die ooms h? jy moet die lusern met 'n doutjie baal sodat die blare nie so erg verloor nie en hy 'n bietjie gewig kan score by die Kooperasie. In die somer is daar baie muggies en saans baie muskiete langs Grootrivier. Soms het jy sommer so 600 bale gebaal sonder om teenspoed op te tel. Dan stop jy gou vir koffie, trek op die volgende land in en dan gooi daai blerrie baler net stukkende bale. Hoekom die baaldraad soms so aanmekaar gebreek het sal ek seker nooit weet nie. Partykeer kry jy die probleem gou, maar ander kere.... Ai, tot vandag toe bly die reuk van lusern vir my iets besonders. Wie van julle het dalk ook lusern gebaal en dan moes jy self agterna laai met die lusernhake. Ons kon darem daai bale lekker hoog op lorries gooi met die hake.
Sorry ek hijack die topic, kon net nie help om die stukkie nuttelose inligting met julle te deel nie.

Nee wat Koos hijack doen hulle in JHB
Dit is nou presies wat ek bedoel as ek vra dat almal hulle bly plek op sit. Nou het ek iets meer van jou geleer as wat ek so indien jy nie gesien waar ek bly nie.
Ja Koos ek self het nog nooit gestroop nie, maar het al baie die skema boere gehoor s? dat as jy nie kan vloek nie dan moet jy vir jou 'n baler aanskaf. Die ding bring jou blykbaar nader aan die hel.
Dis die wat ons kerke voller is sekere tye van die jaar

Koos ek ken hom nie persoonlik nie, het al van hom gehoor.
OOOO hel sorry kerels hier is ek nou die hijaker
Dit is nou presies wat ek bedoel as ek vra dat almal hulle bly plek op sit. Nou het ek iets meer van jou geleer as wat ek so indien jy nie gesien waar ek bly nie.
Ja Koos ek self het nog nooit gestroop nie, maar het al baie die skema boere gehoor s? dat as jy nie kan vloek nie dan moet jy vir jou 'n baler aanskaf. Die ding bring jou blykbaar nader aan die hel.
Dis die wat ons kerke voller is sekere tye van die jaar
Koos ek ken hom nie persoonlik nie, het al van hom gehoor.
OOOO hel sorry kerels hier is ek nou die hijaker
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Hein, dieselfde het ek ook al op ander forums gesien.
Is daar nie 'n manier hoe mens iemand kan "dwing" om eers by Nuwe lede te post voor jou profiel aktief raak om elders te post nie.
Dit sal maak dat persoon eers moet voorstel en dan eers is sy rekening oop om aan te gaan

Ek weet nie hoe die forum se program agter die skerms werk nie, net 'n voorstel.
Peet

Work to live, don"t live to work
-
Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
KoosKoos Barnard wrote: Ek's ook 'n kanaal-aap, ons het lank op Kakamas geboer en Upington was ons inkopiedorp.
Jy was nie dalk op Kakamas in Ho?rskool Martin Oosthuizen op skool nie?
En rondom 1976 daar klaar gemaak nie?
Andre, nie dalk jou broer nie?
Skolla
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Skolla
Ja, ek was in Martin Oosthuizen en ja Andr? is my broer.
Groetnis
Ja, ek was in Martin Oosthuizen en ja Andr? is my broer.
Groetnis
- Christo Els
- Sr. Member

- Posts: 430
- Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Dankie ludwig ons probeer maar hierdie kant om dit so te hou.
Laat weet as jy weer hier kom dan kan ons blad skut
Laat weet as jy weer hier kom dan kan ons blad skut
Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
- johan1
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Goeie more.
Ek wil graag weet wat is snrmember en hero member ens. Ek het gister deel geword van die forum en my vasgeloop in n uitrap sessie(haha) Is dat nou maar die kutuur hier... of hoe werk dit. Is dit net manne wat jakkalse skiet? Hoekom is die mense hier so byterig, ek meen as jy nuut op n plek is en nog nie als weet nie , en dan foute maak, help die mense reg maar so kef kef . ek verstaan nie lekker nie of maak julle maar so hier

moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Te-regwysings - Nuwe Lede
Hi Johan 1
Die manne is nie tegtig so bytterig nie, hulle hou net nie daarvan dat lede inkom en die eerste post wat hulle maak is adverteer nie. Newbie is iemand met minder as 50 posts, daarna word jy full member na jou 100 ste post, na 250 dink ek word jy senior member en hero member kom later.
Ek hoop dit maak dit duideliker. Jy is nou klaar oor die vingers getik, geniet dit hier by ons. Die konsep is maar dieselfde as by enige klub ens. ons stel ons mos maar altyd voor as ons iewers aansluit.
Groete
Jaco

Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!
Groete
Jaco Stander
Groete
Jaco Stander