Koue loop skoot uit 'n nie so koue loop nie

Post Reply
hierswolf
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm

Koue loop skoot uit 'n nie so koue loop nie

Post by hierswolf »

‘n Snaakse ding het my hierdie week oorgekom en ek deel dit graag hier op die forum. Ek het vir my 260AI Savage LRP ‘n nuwe knaldemper gekoop met a tuner op en hom die naweek getoets om te sien hoe hy werk. Ek het vir dieselfde moeite ook sommer dat hulle vir my die loop groef sny van ‘n M20 na ‘n M18 sodat ek my brakes ook op die geweer kan gebruik.

Ek het ‘n arbitrere lading en TPL gebruik en met hom gaan skiet. Dit het nie lank gevat om te sien dat iets fout is nie en dat al die groepe ‘n patroon het.
Picture 1.png
Ek het 11 groepe geskiet en in elke liewe een was die eerste skoot so duim hoog. Tussen groepe het ek ‘n barrel cool op gesit, opgestaan om die tuner te verander en dan die volgende groep geskiet. Ek skat dit het so 90-120 sekondes gevat. Na elke 3rde groep het ek die loop so 5 min kans gegee om af te koel.

‘n Mens kan nog ‘n koue loop skoot verstaan maar 90-120 sekondes se afkoel moet nie genoeg wees om weer een te gee nie.

Siende dat die geweer nie hierdie probleem gehad het voor ek aan hom laat werk het nie het ek toe begin fout soek waar die wapensmit aan die geweer gewerk het. Ek kon nie op die oog af fout sien met die knaldemper of die groef wat gesny was nie en het toe gekyk of die kolf genoeg ge-torque was. Dit het gelyk of hy hier by die 55-60 getorque was, wat reg is, maar ek besluit toe om elkgeval hom net weer aftehaal en weer mooi op te sit. Hierdie is hoe hy toe skiet na ek dit gedoen het. Ek het hom so 6-7min gegee om af te koel tussen groepe.
Picture 2.jpg
Dit het heelwat beter gegaan na die kolf weer mooi vasgemaak was, maar die groep in die middel het nogsteeds ‘n hoe eerste skoot gegee wat vir my se ek sal nog moet kyk na die bedding.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Koue loop skoot uit 'n nie so koue loop nie

Post by Nico Harris »

Ek het n 243 lrp gehaad. Twee keer oogebed en klomp goed nog probeer- hy van dag een so gemaak tot ek hom verkoop het op 2000 skote- altyd eerste skoot 1 duim hoog.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Koue loop skoot uit 'n nie so koue loop nie

Post by Capt. Yoda »

55-60 LB is vreeslik baie in my opinie, het daai LRP 2 askie skroewe of 3 soos die target modelle?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
JF123
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm

Re: Koue loop skoot uit 'n nie so koue loop nie

Post by JF123 »

Het jy die groepe met of sonder die knaldemper geskiet? Hoe vergelyk die groepe?
hierswolf
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm

Re: Koue loop skoot uit 'n nie so koue loop nie

Post by hierswolf »

Capt. Oblivious wrote: Mon May 15, 2023 8:52 am 55-60 LB is vreeslik baie in my opinie, het daai LRP 2 askie skroewe of 3 soos die target modelle?
As ek nie mis het nie is 60-65 wat voorgeskryf word vir die HS-precision kolf op die LRP model. Ek torque hom gewoonlik 60 voor en 55 agter.

Hy het twee skroewe in die aksie in.
hierswolf
Full Member
Full Member
Posts: 112
Joined: Sun Apr 27, 2014 9:55 pm

Re: Koue loop skoot uit 'n nie so koue loop nie

Post by hierswolf »

JF123 wrote: Mon May 15, 2023 9:05 am Het jy die groepe met of sonder die knaldemper geskiet? Hoe vergelyk die groepe?
Al die groepe was met die demper geskiet, maar dis dalk iets om te toets.
Post Reply