Jou onwettige vuurwapen is nie in 'n kluis nie

Post Reply
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Jou onwettige vuurwapen is nie in 'n kluis nie

Post by tripodmvr »

Alhoewel dit sekerlik wetlik korrek is, waarom wil jy 'n onwettige vuurwapen in 'n kluis bêre?

The suspect could not produce valid firearm licences and will be charged. He will also be charged for failing to safeguard the firearms in the prescribed manner.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1876
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Jou onwettige vuurwapen is nie in 'n kluis nie

Post by Ratel »

Ek dink dit moet in konteks gelees word. As dit 'n wapen was wat die persoon bv nie meer mag besit het nie en dit was nogtans in sy besit maak dit sin dat buiten die onwettige wapen hy ook nalatig was deur die wapen nie behoorlik te bere nie en dit maklik kon gebruik word vir misdaad ens. Ek dink hier aan iets soos waar 'n lisensiehouer afsterf en die persone wie ook in die huis woon besit die wapen sonder die nodige permitte. Hang alles af seker van wat die spesifieke omstandighede is.
Maak 'n verskil
User avatar
Grenslyn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 366
Joined: Wed Apr 08, 2015 9:25 am

Re: Jou onwettige vuurwapen is nie in 'n kluis nie

Post by Grenslyn »

Voorbeeld 1
Ek steel en ry met 'n voertuig. Dit is 'n oortreding van die wet. Ek ry 160km/h met dieselfde voertuig. Dit is nog 'n oortreding van die wet.
Voorbeeld 2
Ek ontvoer iemand en verkrag en vermoor daardie persoon. Dit is drie verskillende oortredings en sal vir al drie aangekla word.

Ek doen dit nie regtig nie!
Hein
Post Reply