9mm - herlaai toerusting raad nodig
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
9mm - herlaai toerusting raad nodig
Dagse Almal
Ek het asseblief julle manne wat vir 9mm herlaai se kennis / raad nodig. Ek het besluit om vir my n' 9mm pistool aan te skaf en wil solank begin dies / doppe ens koop en wil sommer eenkeer graag ordentlike toerusting koop. My vrae vir eers is soos volg:
1. Watter maak dies gaan die beste werk in my Forster Co- Ax press?
2. Koop ek maar eers goedkoop rak patrone en skiet hulle uit vir doppe of watter maak doppe sal julle aanbeveel?
3. Watse koeëls koop ek om sommer op die baan uit te skiet en watse grein verkies julle?
Byvoorbaat dank
Chris

BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2140
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Moenie herlaaide rakpatrone koop nie. Koop betroubare fabrieksammunisie soos S&B, of Winchester witboks, of so. Die goedkoop herlaaide ammunisie bevat uitgeboorde Berdan doppe, en dit is n frustrasie.
Of koop tweedehandse doppe wat duidelik sê dat dit min gebruik is, en nie Berdan slagdoppies gebruik nie. Ek het goeie diens van Duys Arms in Pretoria gekry.
Oor die koeels: dit hang van jouself af. 124gr LRN werk gewoonlik die maklikste; heelparty sportskuts verkies 147gr; jy kan met groot gerustheid van die "plastiekbedekte" loodkoeëls skiet.

OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Jy het geen eksotiese matryse nodig vir handwapen herlaai nie. Selfs Lee werk perfek.
Kyk na "carbide" matryse. Jy het geen smeermiddel (lube) nodig nie.
Gaan na enige skietbaan, of 'n geweerwinkel met 'n skietbaan. Die meeste verkoop doppies wat hulle na opleidingsessies optel vir goedkoop. Ek gooi almal bymekaar, en laai almal net so na ek hulle in 'n "wet tumbler" skoongemaak het. As jy regtig lus is, kan jy dalk na die tyd die rondtes uitsorteer om min of meer soort by soort doppe te gooi. Tensy jy 'n olimpiese skut is, maak dit nie 'n noemenswaardige verskil nie.
Ek verkies 'n lading wat so na as moontlik in die middel van die minimum en maksimum lading val. Die pistool moet net behoorlik "cycle" sonder om oormatige stremming op die pistool te plaas. Dan kan jy met geruste hart jou "powder dispenser" gebruik sonder om te veel bekommerd te wees oor .1 grein afwyking enige kant toe. Daar sal dan ook nie oormatige drukvlakke wees nie, ongeag die geringe verskille in dopkapasiteit tussen verskillende soorte doppe.
Pistole se drukvlakke is baie laer as gewere s'n en dit is glad nie so krities om byvoorbeeld elke enkele lading te weeg soos by gewere nie. Die grootste probleme is rondtes wat nie die korrekte lengte gelaai is nie en sommiges wat dalk 'n effense "crimp" mag verlang om mooi te voer. In die verband is 'n 9mm "case gauge" baie nuttig. Rondtes wat daarin pas, sal as 'n reël nie stoor nie. Met 9mm is dit nie sommer 'n probleem nie, maar by my .45 is daar genoeg spasie in die dop vir 'n dubbel lading. Ek hou dus daarvan om so 50 of 100 doppe se lading te gooi en dan visueel te inspekteer dat almal se ladings dieselfde is alvorens die koeëlpunte gelaai word. Dit verhoed ook dat 'n rondte sonder kruit deurglip. Dit is die een waar die slagdoppie die koeëlpunt net diep genoeg in die loop instoot vir die volgende projektiel om amok te maak.
Soos Ds J sê, werk die plastiekbedekte koeëls goed (Silver Rapids, Bullet Corp, ens.). Frontier CMJ werk ook goed, maar is wel duurder. Ek self het al enigiets van 115gr tot en met 147gr gebruik, maar verkies so ongeveer 124gr. Hulle almal werk.
Moet jou ook nie te veel bekommer oor die tipe kruit nie. Vat wat op die rak is en maak dit werk. Van die jonger manne wat ernstig is oor hierdie dinge is oortuig sommige soorte kruite brand skoner of wat ook al die adverteerders beweer. Na so 33 jaar se speel met herlaai is my ervaring dat hulle almal maar dieselfde doen. Ek maak in elk geval my pistole skoon na 'n skietsessie. Dit maak nie saak of die lappies soms vuiler is na die tyd nie.
Hoe meer jy skiet, hoe minder puntenerig gaan jy raak oor klein dingetjies.

Baie dankie, julle het my nou baie mooi gehelp, sommer met vrae wat ek nog sou vra in die toekoms ook.
Ek het bietjie rond gekyk, en die Hornady dies gesien wat se dit is Nitride, is dit selfde as Carbide dies?
Hornady 9mm Custom Grade New Dimension Nitride 3-Die Set 9mm Luger-9 x 21 (.355) 3-Die Set

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Of moet ek liewer die Lyman stel vat?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Kyk net mooi watter matryse daardie van Hornady is. Iewers het die adverteerder 'n fout gemaak. Die 9mm Luger, 9mm Parabellum en 9 x 19mm is almal dieselfde, maar nie 9 x 21mm nie!
Ns. Ek redigeer my sin hierbo, want ek het self nou iets geleer. Dit is inderdaad matryse wat klaarblyklik vir beide 9 x 19 en 9 x 21mm werk. Ek los doelbewus my dom stelling hierbo want dalk leer iemand anders iets daaruit.
Die Nitride matryse is glo selfs harder as carbide. Dit sal dieselfe werk, indien nie beter nie. Die hele idee is dat jy nie nodig het om met "lube" te sukkel nie. As jy baie wil speel en laai, skakel dit 'n onnodige stap uit.
Kry sommer byvoorbaat 'n ekstra "decapping pin" vir die stel. Hopelik is dit nooit nodig nie, maar daar is altyd die een dag wat jy 'n doppie op die skietbaan optel met 'n Berdan slagdoppie en dit nie raaksien nie. In die aand is die geweerwinkels toe.

JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Dit hang af hoe dik die nitride lagie is. Redding tanium nitride bushings werk uit na 'n klompie duisend geweer doppies, so ek is versigtig vir dit.
Dit is 'n 9mm, niks fancy nodig nie. As jy die Lee 4-die carbide stel kan kry, vat dit. Werk net so goed as die duur goed. En die kanse dat jy 'n Lee de-capping pin gaan breek is baie skraal. Indien iets breek is spaar parte maklik beskikbaar. As jy nie omgee oor prys nie, kry die Dillon stel en 'n Lee factory crimp die. Om by te sê, maak nie saak watter stel jy kry nie, kry die Lee Factory Crimp die ook.

- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3124
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Ek sal nie se n carbide die het glad nie lube nodig. Hulle begin ook moeilik deur gaan na n sekere hoeveelheid doppe. Lube maar elke 10de doppie of so. Bygese dis nou doppe wat nie skoongemaak was voor die tyd.
9mm doppies is goedkoop tweedehands. Koop vir jou n 1000 op n slag dit kan maar gemengde soorte wees dis mos net oefen rondtes. Solank hulle boxer primed was.
S121, S221, MS200, MP200, Vectan, Longshot, Lovex al die kruite kan werk dit hang af wat jy kan kry.
As dit kom by koels is daar n verskeidenheid beskikbaar. Frontier het vir my te duur geword. Daar is bullet corp en silver rapids wat lood koels met n coating is. Hulle diameter is bietjie groter as n frontier cmj. Jy gaan jou doppe moet expand voor jy hulle kan seat waar met n cmj kan jy wegkom sonder daai stap. Ek het nou nog n goedkoper koel begin skiet wat vir my beter seat as die ander coated koels. Dit maak 9mm skiet weer goedkoop vir my. Ek heg n foto aan met details. Ek skiet tans die 130gr maar sien hy het begin 125gr maak.

HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Koop doppe by Duys Arms en punte by Bullet Corp. Lee dies is goed. Spandeer liewer die ekstra geld op 'n (dalk tweedehandse) Lee 3 turret press om vinniger en makliker te laai. Daai duur press van jou is net 'n pyn in die gat vir 9mmP
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Baie dankie vir julle hulp, ek waardeer dit baie. Net een vraag nog asseblief, die Lee Factory Crimp Die, hoe werk hy. Seat mens die punt ook met hom en dan krimp hy die punt ook sommer als in een aksie of seat jy eers met n' n' seating die en doen dan die crimping agter na met die crimp die En waarvoor is die crimp, hou dit die punt stewiger vas in die dop?
Ek sal so met tyd kyk vir n' turret press ook, dankie vir die voorstel.
Ek sal so met tyd kyk vir n' turret press ook, dankie vir die voorstel.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Ek het n Dillon Square Deal B 2dehands gekoop. Glo my, mens skiet baie meer skote met jou rewolwer of pistool i.v.m. jou gewere.
Herlaai vir handwapens raak n werk.
Herlaai vir handwapens raak n werk.
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Ek hou van LEE se carbite dies vir handwapen. Soos reeds genoem benodig dit geen lube nie. Aanvanklik is single stage lekke maar as Mamma en dalk kinders begin saam skiet raak dit 'n pyn. Ek gooi self al my 9mm en 45 koeëls maar ek sien die coated lood koeëls is redelik bekostigbaar en baie populêr hier by ons rond. Gewig vir 9mm dink ek is rondom 124gr die mees algemene gewig.
- Killzone
- Hero Member

- Posts: 646
- Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Dankie. Ek gaan hierdie bietjie probeer.LUAN wrote: Sat Nov 26, 2022 9:18 amEk het nou nog n goedkoper koel begin skiet wat vir my beter seat as die ander coated koels. Dit maak 9mm skiet weer goedkoop vir my. Ek heg n foto aan met details. Ek skiet tans die 130gr maar sien hy het begin 125gr maak.
![]()
-
JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Jy "seat" die koeël met die seating die. Die Factory crimp die gee dan 'n taper crimp aan die nek en size die res van die doppie indien nodig.Chris (vdB) wrote: Sat Nov 26, 2022 9:59 am Baie dankie vir julle hulp, ek waardeer dit baie. Net een vraag nog asseblief, die Lee Factory Crimp Die, hoe werk hy. Seat mens die punt ook met hom en dan krimp hy die punt ook sommer als in een aksie of seat jy eers met n' n' seating die en doen dan die crimping agter na met die crimp die En waarvoor is die crimp, hou dit die punt stewiger vas in die dop?
Ek sal so met tyd kyk vir n' turret press ook, dankie vir die voorstel.
Jy kan nie die koeël seat met die factory crimp die nie.
- Ratel
- Hero Member

- Posts: 1876
- Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Chris
PM my. Ek wil graag 'n verskil maak om jou aan die gang te kry. Ek stuur jou 500 once fired SB doppe gratis. Ek doen dit so nou en dan op die forum. Stuur my jou Post Net besonderhede.
En koop gerus Lee carbide dit werk net so goed. Ek het al duisende doppe herlaai in 9mm en 40 SW met my Lee matryse. Maak maar net jou matryse so nou en dan skoon met surgical alkohol en jy sal nie probleme he nie. As n reel krimp mens nie sommer 9mm doppe nie. Miskien net terug druk na specs toe as jy die nekke baie gerek het om Silver rapids se polymer bonded punte te laai.
As jy jou "bullet seat and feed" matrys reg stel druk dit die voorste deel van die dop weer mooi terug. Soos al hierbo gese is, as jy net wil teiken skiet stel ek voor jy werk op n lading wat net jou sluitstuk en wapen laat mooi funksioneer sonder storings. Tensy jy kompitisie skiet an faktor moet laai.
Ek gebruik tans Lovex S020 met Silver Rapids se 125 gr Polymer rooi bonded punte. Frontier se CMJ het te duur geraak.
Maak asb baie seker elke dop het kruit in ten einde "squip" ladings te vermy. Anders dan dit is dit vet pret om vir 9mm te herlaai.

Maak 'n verskil
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Baie dankie JF123, nou verstaan ek. Sal probeer om daardie Lee Carbide stel van 4 sommer van die begin af te kry, soos wat die ander manne ook voorgestel het.JF123 wrote: Sun Nov 27, 2022 4:59 pmJy "seat" die koeël met die seating die. Die Factory crimp die gee dan 'n taper crimp aan die nek en size die res van die doppie indien nodig.Chris (vdB) wrote: Sat Nov 26, 2022 9:59 am Baie dankie vir julle hulp, ek waardeer dit baie. Net een vraag nog asseblief, die Lee Factory Crimp Die, hoe werk hy. Seat mens die punt ook met hom en dan krimp hy die punt ook sommer als in een aksie of seat jy eers met n' n' seating die en doen dan die crimping agter na met die crimp die En waarvoor is die crimp, hou dit die punt stewiger vas in die dop?
Ek sal so met tyd kyk vir n' turret press ook, dankie vir die voorstel.
Jy kan nie die koeël seat met die factory crimp die nie.
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
- Chris (vdB)
- Hero Member

- Posts: 741
- Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am
Re: 9mm - herlaai toerusting raad nodig
Wow Ratel, baie baie dankie vir die groot geskenk, ek waardeer dit baie!! Ek gesels met jou op PMRatel wrote: Sun Nov 27, 2022 6:16 pm Chris