PMP Koeels
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
PMP Koeels
Ek weet daar word baie gekla oor PMP koeels, beide standaard en Pro-am. Hoe moeilik sal dit wees om 'n redelike accurate lading op te werk as jy 'n geweer het wat goed groepeer met ander Koeels. Redelik praat ek van so + - 1", hulle is oor die algemeen baie goedkoper vir oefening rond te speel en sommer vir kleiner wild skiet. Ek praat van 270 en 300 Win. Daar work tog jaarliks duisende wild geskied met standaar PMP's. Meeste mense wat ek ekn koop 'n boksie ammo, skiet 'n skoot of twee op 'n teiken en gaan jag, en meeste bring vleis terug. Maar moet ook s? die meeste het nog nooit 'n groep geskiet met hulle gewere nie. Mense soos my broer het nog nooit in sy lewe 'n groep geskiet nie, tog bring hy die vleis huis toe, maar en hier is die groot maar ek is baie meer gepla oor accuraatheid en hoe koeels perform. So ek wonder hoe ander herlaaiers daaroor voel.
- suid wes
- Full Member

- Posts: 103
- Joined: Thu Jan 06, 2011 10:57 pm
Re: PMP Koeels
Weet proam is die beeter punt.Het hom al keer op keer bewys teen oor die pmp in my geval met n 243 en 308.Dit gaan net oor hoe goed hy groepeer.My friend se 308 hou van proam 150g en 200m springbok kop of nek is nie n probleem nie,en ook die 243 van my swaar,,Hang net af van die geweer.
BEETER,,,,,BEETHIR,,,,,BEETERHIRDIRSTE
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Re: PMP Koeels
Flip ek laai al die tye op my 243 net die pro-aim punte,100gr.Ek skiet net daar waar almal skiet en kry n goeie groepering daarmee.Mens is partykeer te tegnies oor die basiese goedere.Die ou mense het wel nie so baie herlaai nie en tog het hulle verskillende soorte ammo gemeng en so gejag.Hulle het altyd vleis gekry en nie getraak oor groeperings nie.
Groete
Blackie
Groete
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: PMP Koeels
Flip...ek het al sub moa groep met gewone pmp koeels geskiet..(17,6mm)....
Met koeel herwinning uit blesbokke was ek nie tevrede nie....hulle het heeltemal vervorm en omtrent
80% gewig verloor.....dit was 168gn oor 180 en 140 meters...
Met koeel herwinning uit blesbokke was ek nie tevrede nie....hulle het heeltemal vervorm en omtrent
80% gewig verloor.....dit was 168gn oor 180 en 140 meters...
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
- Wismit
- Hero Member

- Posts: 576
- Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm
Re: PMP Koeels
My ondervinding met gewone 180gr PMP punte (lees koeels vir die wat wil) is dat hulle baie goed groepeer in my 30-06. En as jy hulle spoed laag hou (2100 - 2200 f.ps) doen hy nie te sleg nie. Maar as hy bietjie vinnig (2400 f.ps < ) gelaai is dan breek hulle op en verloor heelwat gewig.
Maar dis maar net my ondervinding.
W.S
Maar dis maar net my ondervinding.
W.S
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: PMP Koeels
Hallo Flip
PMP koeels, standaard en Promm, is heeeltemal in staat om vir jou sub MOA groepering te gee met handladings. Vir papierskiet en oefening is hulle 100%. In die twee kalibers wat jy noem sal ek maar vir die swaarste gewig gaan aangesien beide kalibers hoe spoed kalibers is. 150gr in 270 en 220gr in 300. Indien jy jag met hulle moet jy jou skote mooi kies en groot bene vermy. Gaan maar vir agter die blad waar net ribbebene getref sal word of kop/hoe nek skote. Dit bly konvensionele koeels so moenie premuim koeel werksverigting verwag nie. Indien jy altwee in die 2200-2400ft/sek inpaksnelhede klas hou sal hulle biltong besorg. Gaan hoer en jy begin met die tier se akkers speel. Jy kan defnetief na iets in die Nosler/Hornady(Accubond/Interbond) stal kyk met hulle uitstekende pryse waarteen hulle verkoop deesdae sonder hierdie beperkinge.
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: PMP Koeels
Daar slaat oom Wouter hom weereens op sy KOP 
Ek sluit aan hier by Wout in terme van die impakspoed wat laag genoeg moet wees sodat die punt/koeel nie opbreek of verbrokkel nie. Ek het hier by my n herwinde 7mm 150gn ProAmm koeel wat ek uit n gemsbok van my gehaal het laasjaar. Die bok is op 350m agter die blad geskiet en die koeel is met n gewigretensie van 95% net onder die anderkant van die vel uitgehaal. Die koeel lyk soos , Rhino. Baie manne wat moes raai watse koeel dit is het presies hierdie fout gemaak!
Punt (koeel
) is, teen die regte spoed gaan hy perfek werk. Maar, hoekom? Hoekom R2 of R3 per skoot wil spaar en in die proses n " swakker" tipe koeel te skiet....
Teiken skiet perfect, daarmee stry niemand, maar jag, haikona......skiet premium koele....
Stef
Ek sluit aan hier by Wout in terme van die impakspoed wat laag genoeg moet wees sodat die punt/koeel nie opbreek of verbrokkel nie. Ek het hier by my n herwinde 7mm 150gn ProAmm koeel wat ek uit n gemsbok van my gehaal het laasjaar. Die bok is op 350m agter die blad geskiet en die koeel is met n gewigretensie van 95% net onder die anderkant van die vel uitgehaal. Die koeel lyk soos , Rhino. Baie manne wat moes raai watse koeel dit is het presies hierdie fout gemaak!
Punt (koeel
Teiken skiet perfect, daarmee stry niemand, maar jag, haikona......skiet premium koele....
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: PMP Koeels
Stef
Die rede hoekom ek vra is 99% van my skote sal nie op groot wild wees nie. Ek het die voorreg om op my eie plaas te jag, ek bly nie op die plaas nie, inteendeel ek bly oor die 400 kg daarvan, ek probeer elke maand daar uitkom, kyk dat alles reg. Meeste sal ek of die kinders sommer op 'n blik of boom of miershoop 'n skoot of twee aftrek, die res ry hy maar saam vir die od jakkals, meerkat en nou en dat 'n duiker of iets vir die werksmense. As ek gaan om iets groot te skiet stem ek heel saam skiet Premium punte maar meeste van die tyd is dit net nie nodig nie. Jy sal sien in die post s? ek vir klein wild. Elke ou moet mos maar na sy sak kyk, As mens met 'n swakker punt skiet moet jy baie versigtig wees as jy groot wild aandurf, as dit moet en ek het al sal ek agter die blad of kop skiet, moet by sit dit was net as ek vinnig moet skiet, ek verkies om met ordentlike punte te skiet

Flip nel wrote: inteendeel ek bly oor die 400 kg daarvan,
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
-
300Winmag
Re: PMP Koeels
Hy ry met perde kar - dis die gewig van die voer wat die perde vreet op die trip...Wismit wrote:Flip nel wrote: inteendeel ek bly oor die 400 kg daarvan,![]()
![]()
-
Gerard
Re: PMP Koeels
Premium punte is ongetwyfeld beter as gewone punte maar jy sal die hele premium koeel moet koop om die punt te kry.
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: PMP Koeels
perde kar ry nie, al dink ek dit gaan alwees wat ek kan bekostig as die prys van brandstof weer opgaan.
Okay okay Oom Gerard ek sal met PMP Koeels die bokke skiet
-
300Winmag
Re: PMP Koeels
Ek dink om in ons gejaagde lewe soms 'n trip op so karretjie te kan maak is 'n luukse ... !!Flip nel wrote: Wragtig ons is darrem nie so agter dat ons nog moet perde kar ry nie, al dink ek dit gaan alwees wat ek kan bekostig as die prys van brandstof weer opgaan.
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: PMP Koeels
Gerhard
Kan ek net aanhaal die punt is alreeds hier http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ;topicseen bespreek, kom ons hou dit maar daar
En help hierdie man met sy Koel vraag
Kan ek net aanhaal die punt is alreeds hier http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ;topicseen bespreek, kom ons hou dit maar daar
En help hierdie man met sy Koel vraag
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Gerard
Re: PMP Koeels
Blok,
Wat meer kan mens s??

Wat meer kan mens s??
Ek weet daar word baie gekla oor PMP koeels. So ek wonder hoe ander herlaaiers daaroor voel.
Weet proam is die beeter punt.
Flip ek laai al die tye op my 243 net die pro-aim punte
Met koeel herwinning uit blesbokke was ek nie tevrede nie.
En as jy hulle spoed laag hou (2100 - 2200 f.ps) doen hy nie te sleg nie.
Dit bly konvensionele koeels so moenie premuim koeel werksverigting verwag nie.
Teiken skiet perfect, daarmee stry niemand, maar jag, haikona......skiet premium koele....
ek verkies om met ordentlike punte te skiet
Ek dag daar is klaar gepraat en nou is ons in ligter luim.Hy ry met perde kar - dis die gewig van die voer wat die perde vreet op die trip...
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: PMP Koeels
Ou Paflof
Jy kan jou self maar net nie help nie, ne! Hoe de hel jy in een stuk deur skool gekom?
Jy kan jou self maar net nie help nie, ne! Hoe de hel jy in een stuk deur skool gekom?
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: PMP Koeels
Wouter Roets
Ding Dong

Beretta
Beretta
-
Gerard
Re: PMP Koeels
Ek het baie gou geleer mens moet hartaanvalle en maagsere gee, nie kry nie. En julle, Wouter en Beretta, wat het julle geleer? Hoe het julle dit in een stuk gemaak, of nie?
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: PMP Koeels
Ek tik gereeld ombeskofte replies op die uwe se-dikwels snedige- opmerkings en vee dit maar weer uit omdat ek streef na ordentlikheidWouter Roets wrote: Ou Paflof
Jy kan jou self maar net nie help nie, ne! Hoe de hel jy in een stuk deur skool gekom?
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: PMP Koeels
Gerard wrote: Ek het baie gou geleer mens moet hartaanvalle en maagsere gee, nie kry nie. En julle, Wouter en Beretta, wat het julle geleer? Hoe het julle dit in een stuk gemaak, of nie?
Van ons is soms goed gemoer, want almal kan mos nie moer-goed wees nie
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: PMP Koeels
Gerard
Ek kan nou nie namens oom Wouter praat nie maar hartaanvalle en maagsere nee my omie ek is so kalm soos n poep walm

Vriendelike groete hier op die punt van my stoel

Beretta
Ek kan nou nie namens oom Wouter praat nie maar hartaanvalle en maagsere nee my omie ek is so kalm soos n poep walm
Vriendelike groete hier op die punt van my stoel
Beretta
- Jaco Swart
- Hero Member

- Posts: 804
- Joined: Tue Feb 16, 2010 1:50 pm
Re: PMP Koeels
Middag Manne.
Dit lyk vir my dat ons nou weer hier van die punt af gaan.
Gerard.
Ek praat ook van punte, nou wil ek vra, is jy hier om 'n Afrikaanse letterkunde te bespreek of is jy hier om saam mede jagters oor ons stokperdjies te praat. Ek het nou so bietjie na die ander posts gaan kyk , en in baie voeg jy absoluut geen waarde by nie,maar wil vir ons van punte en koeels vertel.
Indien jy die taalgebruik hier ondraaglik vind , is dit dan nie beter om maar eerder nie die posts te lees nie.
Flip.
Ek het 'n vlakvark geskiet met 'n 243 met PMP 100gr op 400 m en ek kon ook die punt herwin. Hy het 80gr geweeg, maar ek moet byse dat hy been ook getref het. Ek gebruik deesdae premium punte, maar is van opinie dat vir al die jare het die manne net met PMP gejag en hul het sukses behaal.

JACO SWART
Rustenburg
Noord-Wes
Rustenburg
Noord-Wes
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: PMP Koeels
Ai kerels kom ons los nou maar die gatkrappery!!
Groetnis
Groetnis
- Flip Nel
- Hero Member

- Posts: 2485
- Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm
Re: PMP Koeels
Dankie Jaco
Dit moes omtrent 'n skoot gewees het, heng 'n vark moet klein vertoon op 400m, hier by my is dit net teen 'n lyndraad af wat jy so iets sal kry, die meeste skote as jy stap is maar so 50m, ek kan nie dink dat ek al 'n vark meer as 100m geskied het nie, maar nogsteeds great shot