Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post Reply
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by henslin »

Is almal nou dik gejag of het almal hulle eie 'targets'  vir die jaar gekry - of is dit net ek wat nog probeer om die fight te wen ?
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
300Winmag

Re: Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by 300Winmag »

Eks ook nog hier!!  ;D ;D Vrydag verlof - gaan (al weer) probeer om bwb met gaan die boog te skiet.  Moet een of ander tyd gebeur!!
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by henslin »

Sterkte - daai een het my nog op ys !!! Maatjies van my die naweek weer gaan probeer. Van Donderdag tot gister - net twee Rooibokke. Lyk my hulle het ondersteuning nodig. Waar jy ? Kan 'n plekkie aanbeveel !!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
300Winmag

Re: Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by 300Winmag »

Ek is in Johannesburg (uuuhhhgggg) maar daar is darem so paar plekke so uur en 'n half
se ry van my af. Hulle is bietjie duur maar dis naby.

(Ons moet Blok oortuig om daai plaas op Potch 'n boog jag plaas te maak - sal soos 'n droom werk!!!)
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by BLOK »

Gee kans mater die jagseisoen is nou op n einde so skuilings kan begin bou word.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
300Winmag

Re: Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by 300Winmag »

BLOK wrote: Gee kans mater die jagseisoen is nou op n einde so skuilings kan begin bou word.

Ohhh Haaa !!! Goeie nuus !!!! Waar kan ek die dep betaal vir die die eerste
draai daar met die boog.  ;D ;D
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by Gerhard »

Die jag seisoen was maar sleg vir my wat boog jag aan betref.

Net my Takbok ram gejag einde April maand.

Maar kon darm baie in die veld kom agter jakkals aan.

Meskien kan ek n bosvarkie op line later in die lente.

Verder sal ek maar moet teiken skiet en oefen vir volgende jag seisoen.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by henslin »

Gerhard - julle moenie kla nie.
Darm Waterbok, Rooibok( 1 soek en 1 raak ) en Vlakvark met die boog gekry. Nou soos almal teen die tyd al weet wil ek graag 'n ordentlike Bosvark met die bogie aanvat.
Voer al die afgelope twee maande gereeld, trail cam en die toetie. Looppatroon so uitgewerk dat ek hulle amper kan nooi vir koffie.
Gisteraand was toe die aand. Boog, Slick Tricks, liggies en al die nodige.  12 Boor gaan saam vir die wis en onwis. Onthou, ek skiet in baie ruie veld en wil nie kanse vat nie.
Varkies moes 19h00 inkom. Wat is vyf minute laat ? Beer en groot sog.
OK. Hier kom dit nou. Wie de het al daaraan gedink as jy 'n voorsitplek bou dat die maan jou reg in die o? kan vang as jy aanl? en dan voel jy soos 'n puisie op matriekmeisie se voorkop met al jou fancy kleertjies en goete.? Glo my - dit gebeur. Dan wag ons maar net langer en improviseer sodat jy gemakliker met die ligstorie voel.
Sog ruik jou ( 15 yards) en laat waai. Beer gee pad en kom weer na 15 minute terug. Sog bly buite bereik. Die wetter weet van my en hou my dus heeltyd dop, of waar hy dink ek is m.a.w. nie 'n manier wat hy my sykante wys nie. Die manne wat bosvarke ken sal weet hoe dik die brisket ( borsgedeelte) van die outjie is. So die tipe van skoot van voor is na my mening 'n helse risiko - veral in die ruigtes.
Lang storie kort te maak. Hy het my besig gehou van 19h15 tot 21h10 - toe moer ek hom met die LG. Kan nie glo dat die varkie my in 2 ure se tyd nie 'n enkele kans op 'n dwarsskoot gegee het nie. Weet nou van span en ontspan ( SAGGIES) Twee ure se adrenalien en bokkoors - manne - net lekker !!!
Hy gaan lekker eet - 39 Kg uitgeslag
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by Gerhard »

Dis nou lekke Henslin....

Met bosvark in die donker het ek agter gekom my adrenalien vlakke klim baie vinniger as enige ander dier wat ek al gejag het....

Nou het jy darm weer bietjie tjops in die vrieskas.

Ek dink ek sal moet kom leer by jou oor bosvarke en voerplekke en wat nog.

Jou varkie met die boog kom nog... ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Hugo
Hero Member
Hero Member
Posts: 1977
Joined: Thu Apr 14, 2011 3:03 pm

Re: Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by Hugo »

Henslin

ekt die jaar darem 'n Blesbok, springbok, Rooibok en varkie gekry. Het nie rerig hard gejag nie, sal hopeilik 'n Zebra of 2 kry later die jaar as ek my gat uit die dorp uit kry.
.22LR Slazenger
.243 Howa
.303 Lee Enfield
30.06 Browning
.38spl Astra
Bowtech 340D

To be sure of hitting the target, shoot first and call whatever you hit the target.
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by henslin »

Hugo - Pak net jou tandeborsel, Broadheads en patrone in 'n ander sakkie. Ma gaan jou nie glo nie !!!! Dan vat jy die bakkie en gaan NOORD !!!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Wimpie le Roux

Re: Nou wat gaan hier aan !!!!!

Post by Wimpie le Roux »

Gerhard wrote: Dis nou lekke Henslin....

Met bosvark in die donker het ek agter gekom my adrenalien vlakke klim baie vinniger as enige ander dier wat ek al gejag het....

Nou het jy darm weer bietjie tjops in die vrieskas.

Ek dink ek sal moet kom leer by jou oor bosvarke en voerplekke en wat nog.

Jou varkie met die boog kom nog... ;)
Ek en jy moet dalk weer Heynertsburg toe vir bosvarke
Post Reply