Goeienaand Jaracal, hierdie navraag is grotendeels ter wille van nuuskierigheid en die akademiese waarde daarvan. Dalk kan iemand daarby baat.
Is dit die moeite werd - en moontlik - om ladings met oop visiere te ontwikkel? Of is dit juis waarom gewere vroeër met verstelbare visiere gemaak is: een lading, en elke geweer stel om die lading op kol te kry?
Hoe doen n mens dit, wat is die afstand om mee te werk, watter tipe akkuraatheid kan n mens verwag?
Enige gedagtes sal waardeer word.
Nota: Ek besit n 303 SMLE met oop visiere, en die oefenlopies sal op hom gedoen word. Die loop sal later verkort word, die kolf verander, knaldemper ens.
Lading ontwikkel met oop visiere?
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Lading ontwikkel met oop visiere?
Op my 375 het ek quick detach ringe met 'n 4-14x teleskoop. 90% van die tyd skiet ek oopvisier, maar kon die teleskoop gebruik vir lading ontwikkeling en so nou en dan as ek iets skiet op verder afstand.
As teleskoop nie moontlik is nie, sou ek waarskynlik skiet en 'n lading op quickload uitwerk. Dit behoort al taamlik akkuraat te wees, en kyk maar of mens 'n verskil kan sien op die papier. My redenasie is dat mens reeds nie so mooi kan mik met oop visiere nie, so ek wil nie hê 'n onakkurate lading moet my nog 'n ekstra 2 duim van teiken af gooi nie.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk

-
Krobb
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm
Re: Lading ontwikkel met oop visiere?
Ds. om die verskil tussen groeperings van verskillende ladings te sien moet jy baie fyn kan mik. Op 25 tree gaan jy mooi mik maar daar sal nie n beduidende verskil in jou groepe wees nie want dit is te naby.
As jy op 75 tree skiet gaan jy nie meer so konstant kan mik om geloofwaardige groepe te kry nie.
Ek sal nie tyd en patrone mors op ladingontwikkeling met oopvisier nie. Kry maar n teleskoop en skiet op 100m.
Ek het in my jong dae baie oopvisier geskiet en gejag. As jy nuwe pak patrone gekoop het, het jy by n gronddam dooierus in n boom se mik gevat en na n klip teen die wal gemik en geskiet wat so 50 tot 75 tree weg was. Daar was ook nie n vreeslike gestellery aan korrels en visiere nie.
Oopvisier is maar vir kort afstande en of n lading nou 2 duim of 3 duim groepeer op afstande onder n 100m gaan nie saak maak nie.

JF123
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Fri May 17, 2019 5:52 pm
Re: Lading ontwikkel met oop visiere?
Dit hang af van watter visiere. Die V-kerf en pennetjie van die ou Lee Enfield kan nie werklik verstel word nie en akuraatheid is maar power. Van almal wat ek ken wat lading ontwikkeling gedoen het vir standaard.303's, was die nodige spoed +-2450 fps. Dit is ook die spoed van die standaard 174gr Mk VII ammunisie en waarvoor die visiere opgestel is. As jy ander gewig ammunisie wil gebruik moet jy maar die afstand verstellings as merkies gebruik en vir jou 'n tabel opstel. Nie dat dit veel saak maak nie. Die minimum verstelling is 200 treë. Ek kan nie sien dat jy verder as dit sal jag met standaard visiere nie.
Die Lee Enfield se elvasie was gestel deur die voorste visier te vervang om die POI en POA te laat saamstem. Die was beskikbaar in verskillende hoogtes vir daardie rede. Hulle is skaars soos hoendertande.
Is dit die moeite werd? Ek weet nie. Hoe goed kan jy 'n groepering hou met die standaard visiere? Ek dink nie dit is nodig om te laai vir klein ES/SD nie, eerder vir groepering. Met genoeg skote (meer as 3) behoort jy te kan sien op watter lading jy die kleinste groep het. As jou POI nie na wense is nie sal jy maar moet timmer aan die visiere. Solank 200m POI gelyk is aan POA sal die geweer reg wees vir alle praktiese afstande.
Die ander opsies is om "aftermarket" visiere te gebruik. Parker Hale het gaaitjie visieregemaak vir elke .303 model. Akuraatheid is puik. Zero plaatjie is verstelbaar, maar ook gebaseer op die Mk VII ammunisie. Gelukkig het dit ook MOA lesing so kan gestel word soos 'n teleskoop.

- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 357
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Lading ontwikkel met oop visiere?
Ds J,
In die dae toe ek BP Bisley geskiet het het ek op die normale manier dopvoorbereiding ens, gedoen. Ek het my gegote koeels geweeg tot 0,5gr van mekaar en gebatch. Ek het 4x verskillende ladings gelaai en is dan skietbaan toe en het op 100m geskiet totdat ek tevrede was. Sodra ek dan n lading gekry het het ek soos met n teleskoop aantekeninge gemaak van elke afstand tot op 900m. Met my Bisley 45-70 op n Martini Henry aksie werk daardie lading vandag nog.
Toe ek oorskakel plankgeweer toe het ek egter ladingontwikkeling met n teleskoop tot op 300m gedoen. Omdat jy egter vanuit n ander posissie en styl skiet het ek daardie lading "verfyn" en aangepas vanuit die le posissie met n belt indien dit nodig sou wees. Dis vrek baie werk en koeels wegskiet maar ek het dit afgespeel teen die oefening wat ek op die baan gekry het. QL het eers daarna gekom.
Met n SAW 303 uitreiking het ek dieselfde gedoen met militere patrone maar het uiteindelik vanuit n voorsit posissie my blesbok op 50 tree geskiet.
Daar is dalk ander maniere maar dis hoe ek dit gedoen het.
Groete
Ferdi Bam

Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Lading ontwikkel met oop visiere?
Ek het vir my 303 oopvisierladings ontwikkel. Ek het kortafstand geskiet met die fyn visiere (opgetelde visier) en gewerk op groepe alleen - so ek het heeltyd op dieselfde plek gemik al was die skoot ver van die kol af. Die kleinste groepe het ek mee gewerk en dit het gewerk, maar was tydsaam en ek het daarmee gestop toe ek 'n teleskoop opgesit het.
PS: Staatsammunisie was snaaks genoeg van die akkuraatste met my geweer.