308 Node Hulp

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

308 Node Hulp

Post by Zane de Beer »

Naand almal,

Ek vra weer vir hulp op nodes, die keer vir my vrou se .308

Kaliber: .308
Koeel: Nosler Ballistic Tip
Koeel gewig: 150gn
Maak Dop: Norma
H2o Dop: 56.6gn
Slagdop: Federal 210GM
TPL: 71.5mm (max lengte 74.3mm tot op lande)
Magasyn kas Lengte: 79mm
Loop Lengte: 560mm
Kruit: Varget @ 44.5gn
Lading 1 Spoed: 2623fps

Spoed is gemeet met chrony 5m voor die kroon.

Baie dankie
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 Node Hulp

Post by tripodmvr »

44,7gr vir 2640vps op die chrony 5m weg. Dop is 104% vol en 'n hoër node sal nie verkry kan word nie. Druk bereken as 48K psi.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Jacques.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 499
Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am

Re: 308 Node Hulp

Post by Jacques.308 »

Zane de Beer wrote:Naand almal,

Ek vra weer vir hulp op nodes, die keer vir my vrou se .308

Kaliber: .308
Koeel: Nosler Ballistic Tip
Koeel gewig: 150gn
Maak Dop: Norma
H2o Dop: 56.6gn
Slagdop: Federal 210GM
TPL: 71.5mm (max lengte 74.3mm tot op lande)
Magasyn kas Lengte: 79mm
Loop Lengte: 560mm
Kruit: Varget @ 44.5gn
Lading 1 Spoed: 2623fps

Spoed is gemeet met chrony 5m voor die kroon.

Baie dankie
Watse Chrony is gebruik? Iets lyk nie vir my 100% reg nie

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

Jacques.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 499
Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am

Re: 308 Node Hulp

Post by Jacques.308 »

Ek kom op dieselfde as Oom Tripod uit op jou spoed gebruik vir kallibrasie.

44.7 gr Varget teen 'n node spoed van 2640.

Myne wys 97.2% dop vul teen 87.9% verbranding.

En die hoër vol node (node 4) ook 104% dopvul maar onveilige druk.

Ek sou wel net gaan ondersoek instel het of die Chrony reg meet,die spoed lyk vir my te laag en volgens die program ook.

Dan sommer my ondervinding met Varget in .308 was dat hy nie goed werk met ligter punte en korter lope nie (Selfse gevolgtrekking op albei my .308's). Ek het nooit 100% ontbranding gekry nie.

Net my 2c




Sent from my SM-G960F using Tapatalk

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 308 Node Hulp

Post by Lategan1 »

“Dan sommer my ondervinding met Varget in .308 was dat hy nie goed werk met ligter punte en korter lope nie (Selfse gevolgtrekking op albei my .308's). Ek het nooit 100% ontbranding gekry nie.”

Dit is hoe ek dit ook het, Varget en 165gn koning in 24” (en langer) loop. Wat sê QL?

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 Node Hulp

Post by tripodmvr »

QL kan nie sulke afleidings maak nie. Verwerk bloot die syfers wat aan dit gevoer word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: 308 Node Hulp

Post by Zane de Beer »

Môre almal, baie dankie vir al die insette.

Die chrony wat ons gebruik het is 'n Caldwell Ballistic Precision.

Die spoed wat ons kry is BAIE random met die geweer en die combo tans, dis hoekom ek aanvanklik gevra het oor die node. Iemand het aan my voorgestel dat die geweer (Steyr CL ii) met sy 1:12 loop beter gaan skiet met 150gn as met 165gn. Maar ek begin die raad tans bewyfel :confused:

Ek is tans oop vir voorstelle: ek het nog heelwat 150gn punte en Varget. Ek het ook klomp 165gn punte in die kas, so kan maklik oorswaai na 165s toe. Ek kan ook by die 150gn bly en 'n ander voorgestelde kruit probeer (verkieslik iets wat beskikbaar is :) en nie Somchem nie :laugh: )

By voorbaad dank
Jacques.308
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 499
Joined: Sun Mar 15, 2015 10:25 am

Re: 308 Node Hulp

Post by Jacques.308 »

Zane my voorstel sal wees om weer die combo te laai maar eerder jou spoed met 'n Magneto of met 'n Labradar te meet as jy toegang het tot een van die twee.

Ek sal ook voorstel dat jy die 165gr punte probeer met varget die 1:12 twist sal hulle stabiliseer.

Ekt my .308's uitgesort met H4895 maar dis nou onbekombaar. Ek het ook twee mooi ladings op my een .308 met RifleX se RFX en een met die RFL.

Vanwaar is jy?

Sent from my SM-G960F using Tapatalk

User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: 308 Node Hulp

Post by Zane de Beer »

Hi Jacques,

Ongelukkig het ek nie tans toegang tot 'n LR of 'n MS nie. Ek moet bysê, ons het al baie van hierdie rondtes op 'n paar geleenthede gemeet, en die wisselvaligheid is elke keer daar (met die 375 meet die chrony baie konstant)

Ek sal in die week gou 165gr/Varget laai om Vrydag middag te gaan toets, net om te kyk wat die spoed meet.

Is daar dalk 'n VV kruit wat sal mooi brand agter 'n 150gn wat ek kan probeer as die loop te kort is om lekker met die 165/Varget te werk?

Ons bly in Pretoria Oos (Moreleta Park)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 308 Node Hulp

Post by Lategan1 »

Jy noem nie of dit nuwe of gebruikte doppe wat voorheen in hierdie geweer geskiet is nie?

Vraag dus, is julle besig om die Norma doppe te fireform?

Ek tans self hiermee besig in 9.3 met ruim kamer, wisselvallige lesings gemeet met Magneto Speed. Die behoorlike fireform duidelik sigbaar met skerp hoeke ens.

Daarna is lesings gelykmatig.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: 308 Node Hulp

Post by Zane de Beer »

Môre almal,

Die doppe was reeds in die geweer geskiet, en was daarna deur die vol lengte matrys gewees.
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 308 Node Hulp

Post by Lategan1 »

Zane, jy kan vir jou ‘n Labrador koop, jou keuse. Ek sou eers 100% seker maak my doppe is reg gevorm vir my geweer.

My 2 c.

Ek plaas vir jou ‘n uittreksel.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 308 Node Hulp

Post by Lategan1 »

Hierdie was oor headspace. Lees op oor rattlefit en wanneer ‘n dop te veel gesize is. Hierdie loop hand aan hand asook een of die ander.

viewtopic.php?f=31&t=84360

Hierdie spesifieke paragraaf:
Due to increased end-play in the chamber, a cartridge with excessive headspace is not going to shoot as accurately as one that’s correctly headspaced. The firing pin blow is partly absorbed in driving the cartridge forward against its stopping point. Because the cartridge is not positioned uniformly in the chamber from shot to shot, ignition of primer and charge is likewise not going to be uniform.

Hierdie is die rondomtalie gespreek oor fullsize, necksize en bodysize. Soos Wouter en ander al genoem het, wanneer ons Yankee Eric Cortina vriend praat van fullsize only, meld hy nie dat sy goed alles gepasmaak is met die fynste toleransies nie.

Ek het vir meer as 10 jaar gelaai met laaste Phrochrony, my wild sterf met 1ste skote, behalwe waar ek dalk fout maak tot op 400m.

Verskoon Engelse woorde.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: 308 Node Hulp

Post by Zane de Beer »

Lategan1 wrote: Wed Apr 20, 2022 1:28 pm Zane, jy kan vir jou ‘n Labrador koop, jou keuse. Ek sou eers 100% seker maak my doppe is reg gevorm vir my geweer.

My 2 c.

Ek plaas vir jou ‘n uittreksel.

Beste.
Môre!

Baie dankie vir die uittreksel ek wardeer dit, ek gaan vanmiddag gou vir my 'n headspace gauge koop om te meet wat die doppe maak wat gevorm is. Ek sal hulle dan net 0.002" terugdruk met die FL matrys en weer die spoed meet oor die naweek.

Ek is nie 'n groot voorstaander van Labrador's nie, ek verkies Terriers of Worshonde ++>: ++>: ...

Ek smag al lank na 'n Labradar, so dis darem nie uitsluitlik oor hierdie 308 se issues nie ;)
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 308 Node Hulp

Post by Lategan1 »

Zane de Beer wrote: Thu Apr 21, 2022 9:57 am
Lategan1 wrote: Wed Apr 20, 2022 1:28 pm Zane, jy kan vir jou ‘n Labrador koop, jou keuse. Ek sou eers 100% seker maak my doppe is reg gevorm vir my geweer.

My 2 c.

Ek plaas vir jou ‘n uittreksel.

Beste.
Môre!

Baie dankie vir die uittreksel ek wardeer dit, ek gaan vanmiddag gou vir my 'n headspace gauge koop om te meet wat die doppe maak wat gevorm is. Ek sal hulle dan net 0.002" terugdruk met die FL matrys en weer die spoed meet oor die naweek.

Ek is nie 'n groot voorstaander van Labrador's nie, ek verkies Terriers of Worshonde ++>: ++>: ...

Ek smag al lank na 'n Labradar, so dis darem nie uitsluitlik oor hierdie 308 se issues nie ;)
Zane, let wel ek sê nie dit is jou kopspasie nie, aangeheg vir jou as voorbeeld wat deel van die moontlike probleem kan wees met die gevolglike wisselvallige lesings en akuraatheid waarna jy verwys het. My klem is op die algehele pas van die dop binne die kamer.

Ja, ek hou maar by ‘n klein wit Poodle hondjie :laugh:

Beste.
Last edited by Lategan1 on Thu Apr 21, 2022 10:45 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: 308 Node Hulp

Post by Zane de Beer »

Baie dankie, ek het dit darem nie so opgeneem nie

Sal een variable op 'n slag uitskakel moet tot ek op die einde by die oplossing uitkom.

Indien dit die kamer is, sal die oplossing wees om net 'n nek matrys te gebruik of 'n "bushing bump + neck" matrys?
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: 308 Node Hulp

Post by Lategan1 »

Enige een, ek sou daar begin. Soos Jacques hier gemeld het, iets veroorsaak die wisselende lesings en POI.

Gedeeltelike volmatrys sal nie noodwendig jou probleem elimineer nie, jy doen steeds deel van die dop se romp “partial resizing”.

Ek aanvaar alle voorbereiding in plek, bv. doplengtes.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: 308 Node Hulp

Post by Zane de Beer »

tripodmvr wrote: Thu Apr 21, 2022 12:40 pm Ek dink dat die PMP doppe die grootste probleem is. Dopvolumes wat verskil gaan 'n variasie in spoed gee en dit kan die op en af verklaar. Vir jagdoeleindes sal die geweer egter deug, selfs met die huidige groep.
Middag Tripod... die is Norma doppe :)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 308 Node Hulp

Post by tripodmvr »

Jammer op verkeerde plek geplaas. Het dit verwyder.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Zane de Beer
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Tue Apr 09, 2019 1:05 pm

Re: 308 Node Hulp

Post by Zane de Beer »

Môre almal,

Bietjie terugvoer. Ek het Vrydag middag al die doppe net deur die nek matrys gesit, en daarna al die lengtes weer reggesny (ja, van hulle was te lank... dankie Lategan1, ek het heeltemaal vergeet om dit na te gaan)

Die ou 150gn lading het soos volg geskiet:
2657fps (min 2632, maks 2694)
SD 24.1
22mm groep

Ek het toe ook 'n 165gn lading gelaai en die volgende gekry:
2623fps (min 2611, maks 2639)
SD 12.5
15mm groep
Post Reply