Ek hoop om met hierdie draad insette te kry wat jagters op beperkte begrotings kan help teleskoop kies. Ek ys as ek sien manne jag met geniepsige kalibers met teleskope op wat meer geskik is op 'n .22.
Miskien kan ons kyk om terugskop op te deel in:
Ligte stampie (.22 .243 30-30 6.5x55 6.5CM 7x57 .260 ens.)
Stamp (.303 .308win 270win 30-06 7x64 ens)
Skop (7mmRM 300WSM 300WM 338WM .375 en groter)
Kom ons gesels bv oor waar die intree tot middelvlak teleskope begin sukkel met bv zero verloor, swak tracking of kruishare wat breek as dit by skoppers of selfs stampers kom.
Teleskope: Watter kan terugskop hanteer en watter nie
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

Klein Chris
- Hero Member

- Posts: 612
- Joined: Wed May 21, 2014 1:47 pm
Re: Teleskope: Watter kan terugskop hanteer en watter nie
My swaer het n Burris op sy 375.
Nikon ook opsie. Was op 30-06 toe op swaer se 375 nou op die 303.
Hawke se Airmax ook opsie. Het paar jaar op springer windbuks oorleef. Nou op die 30-06

Skiet bly maar lekker
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5022
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Teleskope: Watter kan terugskop hanteer en watter nie
My bietjie ondervinding met teleskope wat nie hou by zero is dat dit meestal die mounting siteem wat die probleem eerste gee voor die teleskoop.
-
Pierre1
- Jr. Member

- Posts: 88
- Joined: Thu Mar 17, 2016 9:52 am
Re: Teleskope: Watter kan terugskop hanteer en watter nie
Middag almal,J le Roux wrote: Mon Feb 14, 2022 8:44 am Ek hoop om met hierdie draad insette te kry wat jagters op beperkte begrotings kan help teleskoop kies. Ek ys as ek sien manne jag met geniepsige kalibers met teleskope op wat meer geskik is op 'n .22.
Miskien kan ons kyk om terugskop op te deel in:
Ligte stampie (.22 .243 30-30 6.5x55 6.5CM 7x57 .260 ens.)
Stamp (.303 .308win 270win 30-06 7x64 ens)
Skop (7mmRM 300WSM 300WM 338WM .375 en groter)
Kom ons gesels bv oor waar die intree tot middelvlak teleskope begin sukkel met bv zero verloor, swak tracking of kruishare wat breek as dit by skoppers of selfs stampers kom.
Ek het 'n NF op my .300WM gehad wat maar bekend is vir terugskop en het nooit enige probleme gehad nie. Ek het onlangs oorgeskuif na Zeiss toe wat ek glo (en hoop) daar ook nie meer probleme gaan en sal wees nie. Die Vortex Viper doen diens op my .243 en ek is meer as gelukkig met hom! 'n Hawke 3-9 doen diens op my .22LR BRNO en weereens is daar geen klagtes nie. Puik glas vir die paar sent wat ek betaal het vir hom en ek skiet sommer lekker wyd met hom.
My broer het 'n Zeiss op sy .300WM gehad vir 'n paar jaar en het toe 'n Burris III gekry in sy plek bloot a.g.v die rangefinder opsie wat hy jou bied. Met beide is en was (in die geval van die Zeiss) hy gelukkig.
My 2 sente...
.300 Win Mag Savage 116 Bear Hunter
.243 BB HOWA 1500
.22LR BRNO Mod 2
.22 BRNO Hornet ZKW465
9mm CZ PO9
.38 Special Rossi
12 Gauge Sabatti O/U
.243 BB HOWA 1500
.22LR BRNO Mod 2
.22 BRNO Hornet ZKW465
9mm CZ PO9
.38 Special Rossi
12 Gauge Sabatti O/U
- Philip_R
- Hero Member

- Posts: 613
- Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm
Re: Teleskope: Watter kan terugskop hanteer en watter nie
Ek het n Nikon Monarch 3 op my 375 probeer en hy het na dit nooit weer n zero gehou nie. Die 375 was teveel vir hom. Ek het toe weer die ou 4x40 Japenese Tasco opgesit en hy skiet onder 1" groepe op 100m vir die laaste 4 jaar op die 375. My oë is nog goed so die Tasco kan nog n paar jaar werk voor ek beter Glas sal soek vir hom.
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
Sent from my SM-A515F using Tapatalk
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
- Jaco vdW
- Hero Member

- Posts: 696
- Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm
Re: Teleskope: Watter kan terugskop hanteer en watter nie
Ek weet nie of dit heeltemal in die "beperkte begroting" kategorie val nie, maar ek gebruik Zeiss Conquest teleskope op n verskeidenheid gewere.
Dit is die ouer model, asook 2 HD5's. Glo die V4, V6, ens sal net so goed wees, maar hulle pryse stap ook al aan.
Die Zeiss 3-9 op my 375 is sedert 2009 gemonteer op Mauser QD mounts, en werk nog 100%. Die res is op kleiner kalibers, van .222 tot .30-06, en ook almal foutloos.
Dit is die ouer model, asook 2 HD5's. Glo die V4, V6, ens sal net so goed wees, maar hulle pryse stap ook al aan.
Die Zeiss 3-9 op my 375 is sedert 2009 gemonteer op Mauser QD mounts, en werk nog 100%. Die res is op kleiner kalibers, van .222 tot .30-06, en ook almal foutloos.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Teleskope: Watter kan terugskop hanteer en watter nie
Dankie, alle insette word waardeer. Hoe vaar die Vortex Crossfire en Nikko Stirling Diamond?
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1873
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Teleskope: Watter kan terugskop hanteer en watter nie
Ek het al ondervind dat 'n magnum-kaliber geweer 'n telekoop "stukkend" geskop het (die zero het geskuif). Dit was 'n vorige generasie Lynx en die agente het hom vinnig herstel. Ek gebruik hom nou op 'n medium kaliber. Hy hou al 'n paar honderd skote daar.
Oor die algemeen is dit nie die skop wat teleskope beskadig nie. Ek vind dat een of ander verstelling, gewoonlik die ene wat die meeste gebruik word, op 'n stadium uitslyt en dan probleme gee. Op die goedkoper teleskope gewoonlik vinniger. Ek sou die heel goedkoop reekse vermy vir 'n toepassing waar hy baie gebruik gaan word.
Dit help ook baie om 'n fabrikaat te kies wat goeie plaaslike naverkoop diens bied. Ek het ondervinding van Vortex, Leupold en Lynx se diens, daarom kan ek die make aanbeveel. Daar is een spesifieke maak wat die maan en sterre belowe in hulle advertensies, maar sodra jy 'n probleem het verwys hulle jou na die fynskrif. Hulle kan maar hulle teleskope hou, baie dankie. Ek glo alle teleskope kan uiteindelik 'n nuk ontwikkel, hetsy weens gebruik of dalk misbruik. Party moet jy weg gooi as dit gebeur, ander kan herstel of vervang word teen min tot geen koste. Kies versigtig.
Maak net baie seker jou probleem is nie by die monterings nie. Ek het al heelwat los, gekraakte en krom getrekte monterings gesien. Moenie spaar op die basisse en ringe nie.

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Teleskope: Watter kan terugskop hanteer en watter nie
Alwin, monteringsfoute kan groot probleme veroorsaak.
'n Kennis van my het 3 Swarovkis op sy 375 moeg geskiet, voor hy agtergekom het dat die ringe spanning op die buis geplaas het wat die interne lense en meganika beskadig het. Korrekte montering is dus 'n vereiste.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br