Spelling en leestekens

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 956
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Spelling en leestekens

Post by OosKaapJagter »

Deesdae sien 'n mens oral spelfoute ens.

Oor die algemeen sal 'n mens dit maar oorsien solank die boodskap net duidelik oorgedra word.

Hierdie is aangepas uit iets wat ek jare terug gelees het. Skuif net die komma.

Die ou man wil die volgende op sy vrou se grafsteen sit:
Hier lê Magriet. In die hemel is sy, nie in die hel, dit weet ek wel.

Toe die grafsteen kom staan daar:
Hier lê Magriet. In die hemel is sy nie, in die hel, dit weet ek wel.

Spelling is net so gevaarlik. Die ou stuur vir sy vrou die volgende boodskap:
"I am having a wonderful time. Wish you were her"
User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2943
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am

Re: Spelling en leestekens

Post by Lategan1 »

Ek probeer redelik korrek wees. My probleem is ek dink meestal in Engels, ook studeer in die rooi taal, my taalkonstruksie is baie keer Engelse “gramatika” wanneer skryf in Afrikaans.

Dit gaan al beter deur die jare nadat baie mense aandag daarop vestig. Het ‘n kwaai sekretaresse gehad, het my gedril!

Kortom, goeie taalgebruik en sakebriewe en veral e-posse, moet korrek wees.

Mooi onderwerp.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by tripodmvr »

Ek lees gereeld nuusberigte op msn.com. Die Engelse taal word daar werklik verkrag en soms sukkel mens om sin te maak van sommige berigte. Die verslaggewers proeflees beslis nie hul eie berigte nie, wat nog van hul seniors wat dit behoort na te gaan.

Dit is deesdae so maklik om spelling met Google na te gaan. Ek is pynlik wanneer dit kom by spelling en grammatika, maar mens leer mettertyd geduld met die skrywes op die forums. "Predictive text" neuk ook nog tussenin om jou sinne op te voeter.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by Capt. Yoda »

Mense wat julle kinders leer spel
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by Gawie(13mm) »

Capt. Oblivious wrote: Mon Jan 31, 2022 9:48 am Mense wat julle kinders leer spel
Jy het nou kat aan die klinkkers beet maat.🤣

Daai jong man se onderwysers kan spel.
Die persoon wat die geleentheid aangebied het is sekerlik 'n "tenderpreneur", wat die kontrak losgeslaan het omdat hy of sy, die hoogste bod ingesit het.🤔

Die grootste probleem is dat hulle nie eens weet waar die Paarl is nie.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by Capt. Yoda »

EK hoor die tannies noem vir Jason Prins van die Perel
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Spelling en leestekens

Post by Andre308 »

Capt. Oblivious wrote: Mon Jan 31, 2022 1:07 pm EK hoor die tannies noem vir Jason Prins van die Perel
So dog ek dit is Hings van die Perel >:D
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2331
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by Diesel Dog »

Ek sukkel maar met spelling en taal reels oor die algemeen. Sien ek het op snoek kop en patats groot geword en my enigste voorgeskrewe boek was Koos Duintjies eet rosyntjies. Maar een ding is seker ek praat en skryf nie in raaisels nie. :laugh: :laugh:

DD
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by tripodmvr »

DD, jy skiet jou spelling reg !!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
win270
Hero Member
Hero Member
Posts: 2104
Joined: Tue Nov 05, 2013 11:53 am

Re: Spelling en leestekens

Post by win270 »

Dit sal handig wees as mens op Jaracal se webwerf opsie kan kies om jou spelling en grammatika (hetsy in Afrikaans of in Engels) te kontroleer voor jy plaas.

Let wel, dit moet opsioneel wees.

Hoe lyk dit, moderators? Is dit moontlik?
User avatar
Vergo10
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Mon Jul 14, 2014 3:20 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by Vergo10 »

win270 wrote: Tue Feb 01, 2022 7:59 am Dit sal handig wees as mens op Jaracal se webwerf opsie kan kies om jou spelling en grammatika (hetsy in Afrikaans of in Engels) te kontroleer voor jy plaas.

Let wel, dit moet opsioneel wees.

Hoe lyk dit, moderators? Is dit moontlik?
...en dit sal handig te pas kom met die woord "die". Hierdie woord het drie verskillende betekenisse op die forum en telkemaal gebruik manne dit agtereenvolgend.
Howa .308 Std 22", Howa .243 Bull 24", CZ 455 Evo Varmint 20.5", 300WSM Mod70 Supergrade

I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
User avatar
Vergo10
Full Member
Full Member
Posts: 100
Joined: Mon Jul 14, 2014 3:20 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by Vergo10 »

win270 wrote: Tue Feb 01, 2022 7:59 am Dit sal handig wees as mens op Jaracal se webwerf opsie kan kies om jou spelling en grammatika (hetsy in Afrikaans of in Engels) te kontroleer voor jy plaas.

Let wel, dit moet opsioneel wees.

Hoe lyk dit, moderators? Is dit moontlik?
...en dit sal handig te pas kom met die woord "die". Hierdie woord het drie verskillende betekenisse op die forum en telkemaal gebruik manne dit agtereenvolgend.
Howa .308 Std 22", Howa .243 Bull 24", CZ 455 Evo Varmint 20.5", 300WSM Mod70 Supergrade

I was trying to daydream, but my mind kept wandering!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by tripodmvr »

En dan sit mens nog ook met Crapatalk se dubbelplasings !!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 841
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Spelling en leestekens

Post by Dawie Malan »

Hier was 'n man op Jaracal wat advies aan almal gegee het hoe om hulle gewere beter te laat skiet. Maar die man het elke keer "akkuraat" met net een K gespel. En toe hy hoor ons lag daaroor op Whatsapp forums, toe vee die man elke liewe plasing van homself uit.

Spelling is belangrik.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by Capt. Yoda »

Ek het nie eers geweet hy kry 2 k's nie, wil jy nou meer
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by Riaan Kriel »

Capt. Oblivious wrote: Tue Feb 01, 2022 1:29 pm Ek het nie eers geweet hy kry 2 k's nie, wil jy nou meer
Jy bevestig dit mos reeds in jou profiel "Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet." ;) ++>: :laugh:
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by Capt. Yoda »

Ja Riaan, in daai dorp waar jy bly het hulle ons net leer brannewyn drink op skool
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Riaan Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1284
Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm

Re: Spelling en leestekens

Post by Riaan Kriel »

Capt. Oblivious wrote: Wed Feb 02, 2022 7:23 am Ja Riaan, in daai dorp waar jy bly het hulle ons net leer brannewyn drink op skool
++>: :laugh: ++>: Ja né
Post Reply