Goeie dag.
Manne met kennis en ervaring.
Die sukkel snellers van die Rem700 is alombekend. Minimum veilige stelling op myne is 2.1pd en steeds breek hy soos ‘n stok.
Watter ekonomiese alternatiewes beveel julle aan?
Geweer .223Rem Remington model 700 BDL(die ou delux)
Aanwending: Jag en baan tot 400m.
Sneller stelling vereiste tussen 1.5-2.5pd en skoon breek.
Bank tegniek: Kruisarm.
Dankie by voorbaat.
Beste.
Remington Model 700 sneller- Gevind.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Remington Model 700 sneller- Gevind.
Last edited by Lategan1 on Thu Jan 20, 2022 7:49 pm, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
Diesel Dog
- Hero Member

- Posts: 2331
- Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Remington Model 700 sneller
Dankie DD.
Het Tim Elite Hunter gekry by lid. (1.5-4.0pd)
Beste.
Het Tim Elite Hunter gekry by lid. (1.5-4.0pd)
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Remington Model 700 sneller
My sneller ontvang by 6mmMusgrave.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Remington Model 700 sneller- Gevind.
Bietjie terugvoer.
Geen vergelyking tussen die Remington vs Timney sneller nie. Op 2pd weet ek amper nie van die Timney nie. Vir jag 0-400m en bank tot 300m is dit elke sent die moeite werd. My groepe onmiddelik bymekaar op 200m.
Weet dit word aanvaar die Jewell is beter in die REM MOD700, glo nie dit maak veel saak op my afstande of doel nie. Die Tim kan af na 1.5pd sou ek wou, ek verkies stelling vir jag.
Maar ja, dit is early days en hou dop.

- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Remington Model 700 sneller- Gevind.
Jewelis nie regtig n jag sneller nie. Gebruik hulle op my F jlas gewere en n Triggertec Special op my jag geweer
-
Mellies
- Hero Member

- Posts: 1980
- Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Re: Remington Model 700 sneller- Gevind.
Al my Rem 700’s het n Timney op. Ook 2lb. Trigger Tech op een 30-06. Beide is baie nice.Lategan1 wrote: Sat Jan 29, 2022 11:52 am Bietjie terugvoer.
Geen vergelyking tussen die Remington vs Timney sneller nie. Op 2pd weet ek amper nie van die Timney nie. Vir jag 0-400m en bank tot 300m is dit elke sent die moeite werd. My groepe onmiddelik bymekaar op 200m.
Weet dit word aanvaar die Jewell is beter in die REM MOD700, glo nie dit maak veel saak op my afstande of doel nie. Die Tim kan af na 1.5pd sou ek wou, ek verkies stelling vir jag.
Maar ja, dit is early days en hou dop.
Beste.
Met n vleisie...
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1349
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Remington Model 700 sneller- Gevind.
Ek het vir my 'n TriggerTech Primary op myne gesit. Jaggeweer, maar die sneller breek soos glas en is ligter as Castle Lite. Ek het hom redelik swaar gestel juis omdat ek met hom jag maar net die sneller se uitruil van die fabrieksneller (waarmee ek baie lank gepeuter het om hom ligter en beter te kry sonder om hom onveilig te maak) het my groepe ook verklein. Van 'n net-net onder 1" groep tot 1/2" met dieselfde ammunisie, net omdat ek die breek kan "voorspel". Dis ongelooflik hoeveel verskil 'n sneller kan maak.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Remington Model 700 sneller- Gevind.
Dankie vir almal se insette.
Die geskikte Trigger Tech was my eerste keuse, onbeskikbaar huidiglik in RSA. Darem rapsie goedkoper as die Timney - vir jag soos Frikkie ook bevestig.
Die Engelse het ‘n mooi woord wanneer iets traag met inspanning verloop en jy “suffer”, t.w. “labour”.
Ek het agtergekom ek “labour” op die sneller alvorens die skoot klap, soos wanneer jy ‘n tak wil breek. Probleem is ook dat dit van wisselende aard was, asof hy wegkruip.
Die Tim stel ek ook op 2.5-3.0 pd op my swaarder kalibers vir jag, stem saam ToX. Breek steeds drasties beter as die ou sneller op 2.1pd. Hierdie sneller gepas op .223, bietjie ligter gestel vir behoefte.
Het ook 12-jaar gelede Tim @ 2.5pd op .243 Rem700 gepas. Soos jy hier uitwys, my groepe ook omtrent halveer, dit nadat alles anders reeds gedoen is.
As jy die koste in berekening bring om baan toe te gaan, sukkel heen en weer, bok te kwes op 250m omdat jy sukkel met ‘n verdompte sneller, is dit goeie geld om te betaal vir ‘n goeie sneller.
‘n Swak sneller breek vertroue en saai twyfel!

Ja ek het met my ou een op die geweer eendag skoonpa ge"challenge" vir 100m kleiduif skiet, uit die vuis uit. Ek het eerste een geskiet, raak, toe gee ek die geweer vir hom. Hy vat hom, maak slot toe en lê aan. Ek kyk hoe hy maar bietjie sukkel tot hy die geweer laat sak en vir my vra hoekom ek hom vir hom gee met die veiligheidsknip aan. Ek tel toe slot op en kyk - knip is nie aan nie. Die ou sneller het nie net swaar gebreek nie, maar hy het ook so drasties verander van skoot na skoot dat die een wat hy moes trek so swaar was, dit het gevoel of die knip aan was.
Dit was die laaste strooi en ek het vir my 'n sneller aangeskaf.