Frankryk 2021/2022 Jag seioen

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

tripodmvr wrote: Mon Oct 04, 2021 8:56 pm Iets anders om te jag in Frankryk.

[youtube]https://youtu.be/m7V6bNedxso[/youtube]
Dankie vir die deel Oom. Ek sal nogal daarvan hou om dit te gaan doen! Sal eers bietjie moet gaan draf voor ek so iets aanpak! Ons kry hulle egter net in die Alpe. Nie iets wat hier my area nie. Nie eens takbokke nie. Net varke. Ek gaan Febuarie bietjie Savoie toe so ek hoop dat ek so iets kan organiseer.

Ons het nie die naweek gejag nie - ook maar goed want dit was die vrou se verjaarsdag! Ek en die 5 jarige het Sondag oggend die haelgeweer vir 'n stappie geneem. Het gaan patryse soek maar ek het min of meer geweet dat dioe kanse skraal is. Sy praat meer as wat ons jag. Ons het darem 'n goeie paar kilometer gestap en sy het nie eens baie moeg geraak nie. Klein beitjie oefening ;)
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by tripodmvr »

Ja, die kinders verbaas 'n mens met hul stapvermoë.

Ons kyk uit vir jou volgende jagekspedisie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Hi

Drukjag #5

Was Saterdag oggend weer uit saam met die span. Ons moes 8 uur daar wees. Kom toe so 9 uur in die veld. Ons is in 'n lyn saam met die lyn baas Paul. Hy verduideliuk vir my en my pal waar ons moet gaan etc. Ons kom op die plek wat vir ons gesê is om te gaan en daar staan al klaar 2 manne... Hulle het van anderkant af opgekom en daar word harde woorde oor die Walkie Talkies gepraat.

Ek en Didier - my pal word toe gesê om 2 valleie verder on plek te gaan inneem. Ons stap aan en kom eventually op die regte plek - ek plaas vir Didier in die eerste vallei - hy het 'n 300WM maar met 'n snaakse rooi dot - heel op die punt van die geweer - so dis maar basies soos oopvisier. So hy kan nie te ver skiet nie, dus sit ek hom daar waar die vallei split - As daar iets kom sal hy kan skiet op max 50m.

Ek gaan in die volgende vallei - lekker hoog bo. Gaan net sit en daar klap die skote - dis die ouens wat ons plek gegaps het - Sog van 70kg...

Sit toe nog maar en daar lui die telefoon - dis Paul - daar is 'n vark in die volgende vallei links van my wat ontsnap het. Dammit

Ruk later kyk ek na die regterkant en ek hoor 'n klip rol agter my en daar is nie klokkies wat klinggel nie - moet 'n vark wees. Kyk en sowaar - teen die oorkant van die vallei en hy kom skuins af. Die bokant van die vallei is 200m van my en die onderkant so 110m. Aan die onderkant loop daar 'n sloot so as die vark in die sloot is kan mens nie hom sien. DIs vark van so 40kg.

Ek lê aan en die skoot loop. Net oor hom. Hy hardloop vinniger . Skiet weer . Net agter hom. Haal weer oor en korrel en skiet - baie hoog op die blad. Val en hol aan. Kan nie weer skiet want hy is in die sloot. Gaan in die digte bosse in en uit my sig. Ons mag nie ons poste verlaat nie so ek gaan sit maar weer en wag sodat die honde ouens kan kom kyk. Hulle kom na 'n ruk daar aan maar stap nie waar ek verduidelik nie...

Aan die einde van die jag stap ek en Didier af. Kry bloed en volg dit. Dit gaan in die bosse in en ek soek oral maar kry niks. Toe kom ou wat om die draai was en sê hy het die vark doodgeskiet so 100m verder. Verlig!

Altesaam is daar 4 varke geskiet. 2 Soe van so 70kg elk, die een van 40 en 'n groot beer van 98kg. Maak toe leeg en kap op. Die manne wil nie regtig vleis werk nie en ek vat die groot beer se helfte en laai hom vir my en Didier. Nee sê hulle vat stuk van die groot beer. Kom by die huis met 3/4 van die grote. Dis nog warm hier so slag vinnig af en begin ontbeen en sit in yskas.

Het onlangs vir my 'n Reber vleismeul gekoop en ek kan nie gelukkiger wees met hom nie. Sondag sny ek gou als in stukke en jaag hom deur die meule. Maak 3 kilos russian vleis - 6 pakke mince vir bolognaise etc. Moet vanaand die wors stop.

Cheers
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Johan Nel »

Netjies!
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by tripodmvr »

Goed gedoen. Lyk my jy begin regkom met die hardloopskiet.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Drukjag #6

Het laasweek Saterdag gejag - Op die rand van 'n bos geplaas gewees in die olyfboorde. Vroeg in die jag kom die honde voor my verby. Hulle gaan verby en so 100m verder jaag hulle 'n groot vark op - hy vat die pad deur die olyfboorde maar ek kan niks sien - te veel bome. Daar was niemand langs my gepos so vark ontsnap. Net na dit hoor ek geluid aan my linkerkant. Kyk en daar kom vos op my afgehol. Toe ek veiligheidsknip afhaal hoor hy dit en so 5m van my af draai hy links en in bos in - kruis op hom maar weet nie waar die honde is nie - geen veilige skoot so los maar. Niks anders gebeur heel oggend nie. Hier by 12 uur word die jag gestop en hulle hulle wil ons na ander plek jag - ek sê ek gaan eerder ry want my dogter het haar verjaarsdag party die middag. Later gehoor daar is niks geskiet die heeldag nie.

Môre jag ons, ons grootste sektor van ons jag area. Dis waar ek laasjaar teen berg se kruin moes stap en 160m hoog gesit het. Hou duimvas!
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Jag vandag hier. Die wind waai erg! Image

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Het met die laaste jag 'n vark gesien op 250m. Wou nie skiet want die uitsleep sou hel wees. Toe jag verby is moes ek vinnig aankap want ons moes gaan goed koop vir my dogter se verjaarsdag party. Nes ons wil ry word ons gebel - moet asb gou kom help om klein varkie van 30kg so 50 m te sleep. Sal 5 min vat - 1 uur later is ons nogsteeds daar. Vark is so 400m van die pad af - teen hengse berg op, en het blykbaar na hy met mes doodgesteek is gewig opgetel want hy weeg nou 60kg.

Lekker gesweet teen daai berg op. Op 'n stadium sukkel ons so deur die bosse dat ek die vark oor die skouer tel en dan hom maar dra. Gelukkig bring hulle op 'n stadium 'n lang tou en sleep hom laaste 100m teen die berg op met bakkie.

Laasweek se jag is toe gekanseleer agv baie harde reen heel Saterdag. Sondag aand sou die party gewees het maar die moes ook uitegstel word want die hele plaas waar ons dit sou hou was net modder. So Saterdag pleks van wat ek gaan jag, sny ek pampoene en stel party op. My pal wat gegaan het, het darem vir my laat weet hulle jag alweer om die huise. Bly gewees om daai een te mis.

Gisteroggend gaan ek en my pal toe vinnig vir 'n paar fisante. Sy hond is 'n corsino de corse - dis nie 'n pointer hond nie - dis maar eerder vir vark jag. Maar sy het darem al 'n paar fisante vir hom geflush en 'n paar hase. Ons volg 'n paadtjie en sy hol albei kante van die pad en soek. Gaan tot bo maar niks - stap terug tot waar ons die kar gelos het en gaan in ander rigting - so 150m van die karre af begin sy opgewonde rondhardloop. Sirkel al hoe meer en volgende oomblik vlieg daar 'n fisant hen op. Didier skiet eerste skoot maar dis mis - ek het al vertel hoe vrot ek met 'n haelgeweer skiet - maar het min tyd so ek oordink nie die storie nie en skiet eerste skoot - net bo-oor - laat loop met 2de skoot en daar val sy!

Tel op en sê mooi vir die hond. Stap ent aan so paar honderd meter verder begin sy weer opgewonde raak - weer sirkels - weer 'n hen wat opvlieg, weer Didier wat eerste skiet mis weer - ek wil aanlê maar die geweer haak teen die baadtjie vas - kom uiteindelik op teiken en laat loop, Eerste skoot laat vere spat maar sy val nie - 2 de skoot vou vlerke en grond toe! Ek het sommer 7.5 kleiduif patrone gebruik. Was heel impressed!

Stap terug kar toe om hond te gaan water gee. Daar is 'n ander jagter daar en ons praat oor klompie goed terwyl ons daar staan. Volgende oomblik sê hy kyk die klomp duiwe en hy skeeu vir my skiet die laaste een. Ek lig geweer en laat loop. Wragtig waar daar val hy! Ek het al op klompie geskiet maar nooit luck gehad nie. My eerste wood pigeon!

Lekker oggend jaggie! Volgende week weer terug vir vark jag.
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Het nog 'n duif gekry van die ander jagter. Image

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Frederik »

Netjes mooi geskiet met die hael.
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Vandag was vakansiedag in Frankryk. Was genooi vir 'n jag 110km van die huis. Die area wat gejag was was 400 hektaar. Ons was 58 ouens of die poste en 10 honde handlers. Ek en Luc was gestasioneer saam met 6 ander ouens op 'n paadjie. Baie baie ruig. Was 9 uur op ons poste, het 5 uur opgestaan.

Was vir paar uur daar maar niks
Honde bring toe varke oor maar ongelukkig draai hulle toe regs. Een ou het toe bietjie luck en skiet 4.

Op einde van dag was daar 11 varke geskiet. Lekker dag gewees. Lekker braai gehad na die tyd.

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Mooi manier om varke te present, op 'n leerImage

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Johan Nel »

Netjies spanpoging daar Methos.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by tripodmvr »

Loop en bekruipjag

https://youtu.be/lSA1yuu3Hbs
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Werk gou 'n oggend jag in. Halwe dag se verlof ingesit. Daar het net nou varkie oor pad gehol. Het hom laat gesien want het anderkant toe gekyk. 4 skote op hom geskiet. Honde is agterna. Dink een skoot is raak. In die bosse in daaronder. Wind waai baie sterk. 8m/s. Moeilik om hulle te hoor in bis voor ons. Dink daar is al so 5 plat. Dis vrek koud. 5 grade met die wind. Aan voelbare temp is 1 graad. Bewe nou lekker ImageImageImageImage

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Jag vandag in die berge. Honde het paar varke gelig. 2 grottes her hulself in digte bos gaan wegkruip. Honde vat toe spoor van kleiner varkie. Hy kom tussen my en ander ou op maar ander ou skiet nie want hy is te klein. Ek probeer die honde stop maar hulle wil niks weet. Order kom oor radio. Volgende ou wat die varkie sien moet hom skiet want anders kry ons nooit honde gevang om agter die groot varke te gaan. Hy kom van agter my aangehardloop en gaan oor na vallei van die jag president. Ek skreeu hy is vir jou! Hy draai om en hardloop weer in my vallei af. Ek moet skiet anders stop ons nie die honde. Skiet hom toe op so 30m. Nie my trotste oomblik maar moes gedoen word. Seker so 18 kg. Maar nou ja. Hoop maar hulle kan nou die grote opjaag... Image

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by tripodmvr »

Lekker sawwe vleisies daardie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2172
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Johan Nel »

Methos wrote: Sat Dec 18, 2021 12:53 pm Jag vandag in die berge. Honde het paar varke gelig. 2 grottes her hulself in digte bos gaan wegkruip. Honde vat toe spoor van kleiner varkie. Hy kom tussen my en ander ou op maar ander ou skiet nie want hy is te klein. Ek probeer die honde stop maar hulle wil niks weet. Order kom oor radio. Volgende ou wat die varkie sien moet hom skiet want anders kry ons nooit honde gevang om agter die groot varke te gaan. Hy kom van agter my aangehardloop en gaan oor na vallei van die jag president. Ek skreeu hy is vir jou! Hy draai om en hardloop weer in my vallei af. Ek moet skiet anders stop ons nie die honde. Skiet hom toe op so 30m. Nie my trotste oomblik maar moes gedoen word. Seker so 18 kg. Maar nou ja. Hoop maar hulle kan nou die grote opjaag... Image

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk
Pragtige uitsig daar.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Jag vandag ons grootste jag. Dis massief. Ons is 27 ouens op poste en seker so 60 honde. Op pad na ons pos jaag ons 10 varke op. Mag nie skiet. Vark het so uur terug verby my gekom maar nie doodskoot gehad nie somaar laat gaan.

Dit is vries koud. Aanvoelbare temp is 0. Nog nooit so koud gekry nie. 5 lae klere aan. Wind maak my dood. Image

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

User avatar
Chris (vdB)
Hero Member
Hero Member
Posts: 741
Joined: Mon Jan 05, 2015 11:10 am

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Chris (vdB) »

Methos watse bok soorte kan julle jag daar?
BRNO - ZKK600 - 30-06
HOWA - 243 AI Varminter
HOWA - 22-250 AI Varminter
BRNO - O/U ZH303 -12 boor
BRNO - .22 Mod 2
CZ P10C - 9mm
User avatar
Methos
Hero Member
Hero Member
Posts: 580
Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm

Re: Frankryk 2021/2022 Jag seioen

Post by Methos »

Hier by ons jag ons net wilde varke.

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk

Post Reply