Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Manne ek is nuut op die forum maar spandeer baie tyd om na julle inligting en kommentaar te luister.
Ek besit ook n paar jagkalibers maar wil graag n ligter kaliber aanskaf, het gedink aan 25-06.Wat dink julle manne van
hom of sal julle iets anders aanbeveel.
Ek moet eintlik vir jou oom se ma baie welkom hier! Ek dink daai 2506 sal mooi werk!! Alowel ek ook sal se vat die 243. Seker ook maar net omdat ek so n kaliber het. n Man kry nie n slegte kaliber nie.
Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Hasie
Ek sal se 25-06 met 1-10 twist. Jy behoort dan 100gr en bietjie swaarder punte te kan gebruik wat wind bietjie beter kan hanteer. Ek het n 25-06 en dit is die geweer waarmee ek omtrent alles skiet, van kraaie, kolganse en makoue tot koedoes en gemsbokke. Vir koedoes en gemsbokke gebruik ek Rhino 100gr punte.
Groete
Ribbok
Nee op 'n ernstiger noot, Wil jy nie eers begin deur aan te dui watter ander kalibers jy besit en wat jy met die geweer wil doen.
Lees gerus eers van die ander posts want hierdie tiepe van vrae word gedurig gevra en menigte kalibers is reeds bespreek. Miskien kry jy reeds jou antwoorde in van die ander posts.
Dankie manne vir raad reeds gegee.Ek het reeds n .22,.22 hornet 12boor,30.06,375 en ja ook .303 Bsa sport.
Ek wil hom gebruik vir springbok,blesbok makoue, takbokke en miskien selfs bietjie groter goed ook.
Ek stem saam met altwee kalibers genoem, die 25-06 asook die 243win.
Vir die groote diere wat gaan aangepak word sal ek dalk eerder die 243 aanbeveel omdat jy 'n groter verskeidenheid ligter koeels kan skiet teen 'n hoer trompsnelheid(jy moet maar kyk waarvan die geweer hou), en jy kan die 30-06 aflaai tot by 110gr koeels.