.280 Remington

Post Reply
User avatar
Pumba30-06
Full Member
Full Member
Posts: 221
Joined: Tue Jun 28, 2011 8:50 am

.280 Remington

Post by Pumba30-06 »

Naand aan al die manne
Ek wil graag n baie aangename ervaring deel wat ek laas week ervaar het. Ek het die geleentheid gehad om saam my pa se boetie te gaan jag op n plaas naby Vredefort. Op die spyskaart was Swartwildebees, Springbok en Blesbok. My oom het twee gewere saam gebring met ladings wat hy ontwikkel het vir die vlaktes. Die legendariese 7x64 BRNO met 160 gr Winchester Failsafe en n nuwe een vir my sy .280 Rem in Ruger No.1 met 140 gr Barnes TTSX.

Ek het vroeg die eerste oggend die geleentheid gekry op my Blesbok op 206m met die rangefinder. Ek het hom met die 7x64 geskiet reg van voor in die kuiltjie. Met die klap van die skoot het die bok net daar in sy spore gesak en nie weer geroer nie. n Bonus was, met die meet van die horings het die ram se horings 17.9 duim gemeet. Die Failsafe het sy werk gedoen soos altyd en ek het hom gekry binne die pens.
My oom het met die .280 geskiet. Sy eerste geleentheid was 'n jong Swartwildebees bul op 168m. Hy het hom reg van voor geslaan en waar ek met die verkyker gekyk het kon ek sien hoe die bloed by sy neus uit gespat het met die inpak. Toe ons hom oopslag was sy longe en hart een gepulpte massa. Hy het nog twee Blesbokke die dag geskiet met die .280 waar die verste een 289m was. Hy het hom reg op die blad getref, die koe?ltjie is reg deur die bladbeen met n koe?l groote ingangs en uitgangs wond. Die binne kant was weer eens redelik verniel met minimale vleis skade.

Die twede dag is dit die Springbokke se beurt. Ek het met die .280 geskiet. Ons kry 'n rammatjie wat staan op 309m, en ek besluit ek sal die skoot neem. Op die geweer is 'n Nikon Monarch 4-12x42 met die BDC. Al hoe  ek bereid was om die skoot te neem was agv. die tegnologiese hulp.  My oom gee die lesing op die rangefinder, en se ek moet die eerste sirkel gebruik. Ek het my asem onderbeheer gekry, my hand stadig toe gemaak en toe een van die grootste adrenalien "rushes" van my lewe gehad. Toe die skoot klap, het die rammetjie 3 tree gegee en net gaan le. Ek het hom deur altwee longe geskiet met weer eens top terminale skade binne hom en minimale vleis skade. Dit was my verste skoot ooit en n ongelooflike gevoel toe als saam werk. Die dag val nog 2 springbokke albei met die .280.

Ek was ongelooflik beindruk met die kaliber. Al die diere wat met hom geskiet was is in die blad geskiet behalwe die Swartwildebees. Die terminale skade was ongelooflik en die vleis-skade was minimaal. Ek het bietjie gaan op lees oor die .280 en hulle se hy is die Amerikaanse 7x64. Persoonlik is dit my eerste ervaring met die kaliber en glo daar is beslis plek vir hom in n kluis.

Kort en lank het ek 'n nuwe kaliber leer ken en kans gehad om God se natuur te beskou en benut en die lekker kuier saam familie.

Groete
Jurgens

NS: As iemand my kan help met die foto's laai sal ek dit baie wardeer ;D
'Hunting is a bush walk with a purpose"
Post Reply