Nodes, half nodes en ladingontwikkeling

Anything regarding this program here/alles rakende die program hier.
Post Reply
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7989
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Nodes, half nodes en ladingontwikkeling

Post by Arnold »

Ek sien gereeld ouens wat raad vra oor 'n ladingontwikkeling en word dan gou aangebied om gehelp te word deur sy medemens wat al so bietjie met QL gespeel het.

Hierdie is baie gaaf maar soms is daar 'n man wat netnie regkom nie al is hy op die voorgestelde node volgens die kronograaf.

Op my tyd was ek 'n groot voorstander van QL en gebruik dit self baie gereeld asook GRT wat ek nou meer gebruik. Wat vir my opvallend is met my eie ladingontwikkeling is dat party kombinasies mooi skiet op 'n node en ander op 'n half node, in dieselfde geweer. My ladingontwikkeling volg egter die roete om 'n spoed ladder te skiet en ek kies dan 'n lading waar die spoed redelik konstant is tussen 'n paar ladings. Van hier af sal ek dalk die patroon lengte wissel om die groepering te verbeter. (ek het al gesien dat mense eers die patroon lengte stel en dan die spoed kies wat dan ook werk)

Ek sien nou terwyl ek doppe fireform na ackley dieselfde waar ek met die eerste 10 skote vir my 'n lading uitwerk sodat ek die ander 90 doppe sinvol kan gebruik. My fireform lading met 140gr Nosler CC en Rel22 skiet op 'n node maar dit lyk of die Berger 156gr met Rel26, wat ek wil probeer, op 'n half node wil skiet (teen 'n laer spoed as waarvoor ek gehoop het).

My punt wat ek wil maak is dat die nuwe tegnologie seker al baie mense aan die raai gehad het want hulle doen alles volgens die resep maar hulle luister nie as die geweer sê hy hou nie van die resep nie instede daarvan probeer hulle tervergeefs die resep afdwing. Presies soos hierbo waar ek eintlik teen 50 fps vinniger wil skiet (wat prakties geen verskil gaan maak nie) het ek lank na die data gekyk en gesoek vir 'n node wat nie daar was nie.

Elkgeval, ek dog ek deel maar my stukkie met julle sodat iemand dalk hieruit iets kan leer of dalk vir my iets kan leer.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Nodes, half nodes en ladingontwikkeling

Post by tripodmvr »

Uit my meer as 1000 berekeninge met QL skat ek dat meer as 90% suksesvol was. Die rede waarom sommiges nie werk nie kan hoofsaaklik aan die volgende toegeskryf word :-

1. Onakkurate data van die geweer - die handleiding sê 22 duim loop en dit word so deurgegee en nie gemeet nie. Dieselfde geld vir dopvolume - 'n verskil van 1 grein maak 'n verskil van omtrent 20vps by die middelslag kalibers. TPL wat gegee word en die sprong na die lande is soms baie deurmekaar. Die doplengtes en moontlike donuts speel ook 'n rol.
2. Spoedmeting - die spoed verskaf deur 'n skut word as die korrekte waarde aanvaar. Ek het nou al 'n verskil van 70vps tussen 'n Caldwell en my Magnetospeed gekry. Sulke verskille maak dat die QL berekening ook met 70vps verkeerd is.

Akkurate data is dus onontbeerlik om die korrekte waardes te bereken. Indien die skut nie MOA kan skiet nie help dit veel om met sy swak groepering gevolgtrekkings te maak. Moffieproppe en klankdempers, waar die koeëls die toerusting raak, bring ook hul eie dimensie in die skietery.

Ons moet aanvaar dat alle geweerplatforms uniek is en daarom kan daar uitsonderings op die reël wees. Met die probleemkinders moet die praktiese skiet dan die oplossing gee.

Die gebruik van QL help gewoonlik baie om die aantal skote met ladingontwikkeling te verminder. Dit is vir my 'n groot plus faktor waar komponente so duur geword het. Verder is die drukwaardes 'n handige ding om te kry sodat sinvolle ladings geskiet word wat die looplewe moontlik kan verleng en die aksie nie oorwerk nie
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Nodes, half nodes en ladingontwikkeling

Post by Kallie Fernhout »

Arnold wrote: Tue Sep 07, 2021 8:44 am Ek sien gereeld ouens wat raad vra oor 'n ladingontwikkeling en word dan gou aangebied om gehelp te word deur sy medemens wat al so bietjie met QL gespeel het.

Hierdie is baie gaaf maar soms is daar 'n man wat netnie regkom nie al is hy op die voorgestelde node volgens die kronograaf.

Op my tyd was ek 'n groot voorstander van QL en gebruik dit self baie gereeld asook GRT wat ek nou meer gebruik. Wat vir my opvallend is met my eie ladingontwikkeling is dat party kombinasies mooi skiet op 'n node en ander op 'n half node, in dieselfde geweer. My ladingontwikkeling volg egter die roete om 'n spoed ladder te skiet en ek kies dan 'n lading waar die spoed redelik konstant is tussen 'n paar ladings. Van hier af sal ek dalk die patroon lengte wissel om die groepering te verbeter. (ek het al gesien dat mense eers die patroon lengte stel en dan die spoed kies wat dan ook werk)

Ek sien nou terwyl ek doppe fireform na ackley dieselfde waar ek met die eerste 10 skote vir my 'n lading uitwerk sodat ek die ander 90 doppe sinvol kan gebruik. My fireform lading met 140gr Nosler CC en Rel22 skiet op 'n node maar dit lyk of die Berger 156gr met Rel26, wat ek wil probeer, op 'n half node wil skiet (teen 'n laer spoed as waarvoor ek gehoop het).

My punt wat ek wil maak is dat die nuwe tegnologie seker al baie mense aan die raai gehad het want hulle doen alles volgens die resep maar hulle luister nie as die geweer sê hy hou nie van die resep nie instede daarvan probeer hulle tervergeefs die resep afdwing. Presies soos hierbo waar ek eintlik teen 50 fps vinniger wil skiet (wat prakties geen verskil gaan maak nie) het ek lank na die data gekyk en gesoek vir 'n node wat nie daar was nie.

Elkgeval, ek dog ek deel maar my stukkie met julle sodat iemand dalk hieruit iets kan leer of dalk vir my iets kan leer.
Het ook al die selfde ondervind Arnold.
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 902
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Nodes, half nodes en ladingontwikkeling

Post by Andre308 »

Is dit nie oor julle manne aan daardie "weighting factor" torring nie >:D >:D >:D

Een ding wat waar is, is dat verskillende skuts verskillende goed soek uit n lading en dit ook n bydrae lewer tot hierdie verskynsel.

Vir een persoon is ES en SD met n sub half MOA groep op 300 meter baie belangrik want hy wil waterlyn skiet op afstand en net die wind probeer raai.

Die ander persoon soek net snyers op 100 meter want hy wil tot 350meter n bok teiken in die kop skiet. Daar speel ES en SD weer nie n baie groot rol nie.

Dus kyk hulle nie altyd na die selfde dinge as dit by nodes kom nie.

Ek het self die ander dag weer n lading moes doen vir my 6.5. Ek het GRT gebruik om my n aanduiding te gee waar om te soek, maar n ladder gaan skiet om dit te bevestig. n Ladder lieg ook nie.

Groete
Andre
User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 992
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Nodes, half nodes en ladingontwikkeling

Post by Kallie Fernhout »

Baie waar wat jy sê Andre oor verskillende skuts soek verskillende einskappe uit n lading.
Vir my werk n speedladder weer die beste, ek hou daarvan om presies te weet hoe groot my nodeband is veral met n kompetisie soos Xsssa waar daar n graat tempratuur verskil kan wees van die oggend tot die middag of tussen winter en somer.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Nodes, half nodes en ladingontwikkeling

Post by Capt. Yoda »

Andre308 wrote: Tue Sep 07, 2021 12:23 pm Is dit nie oor julle manne aan daardie "weighting factor" torring nie >:D >:D >:D

Een ding wat waar is, is dat verskillende skuts verskillende goed soek uit n lading en dit ook n bydrae lewer tot hierdie verskynsel.

Vir een persoon is ES en SD met n sub half MOA groep op 300 meter baie belangrik want hy wil waterlyn skiet op afstand en net die wind probeer raai.

Die ander persoon soek net snyers op 100 meter want hy wil tot 350meter n bok teiken in die kop skiet. Daar speel ES en SD weer nie n baie groot rol nie.

Dus kyk hulle nie altyd na die selfde dinge as dit by nodes kom nie.

Ek het self die ander dag weer n lading moes doen vir my 6.5. Ek het GRT gebruik om my n aanduiding te gee waar om te soek, maar n ladder gaan skiet om dit te bevestig. n Ladder lieg ook nie.

Groete
Andre

Ek sal ook graag wil weet wat manne as suksesvol sien.
Ek het al die meeste metodes gebruik en vir my werk Erik Cortina se metode op 100m tans die beste, na hom sal ek n ladder vat maar Erik se manier wys vir my baie mooi hoe die "curve" loop en waar die nodes le en die 100m aspek beteken ek kan dit in n binnehuis baan doen waar ek n klomp ander faktore uit skakel.

QL en GRT help baie met n nuwe kombienasie of kaliber net om n idee te kry van wat aan gaan en waar om te begin maar ek verkies maar om self die goed op n tyken uit te figire, dalk is maar net dom of stadig
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3067
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Nodes, half nodes en ladingontwikkeling

Post by Apie »

My ervaring met my en vriende se gewere onder andere
22Creedmoor
6Creedmoor
6.5x47
2 x FTR 308’s

Is dat die speed ladder se flatspot nog elke keer gekorreleer het met GRT se nodes.

Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply