Bob Skinstad se bekende springbokpastei

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Bob Skinstad se bekende springbokpastei

Post by Frikkiedbr »

Genoeg vir 6-8
Bestanddele:
3e (45ml) kanola-olie
1,2 kg springbokvleis, in blokkies gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
1 middelslag ui, fyngekap
1 middelslag geelwortel, fyngekap
1 selderystingel, fyngekap
1 knoffelhuisie, in skyfies gesny
2e (30ml) koekmeel
2k (500ml) rooiwyn
1t (5ml) tamatiepasta
1k (310 ml) Guinness
500 g jong aartappels, gekook
1 pak (500g) gekoopte skilferdeeg


Bob se metode:
Verhit die olie en verbruin die vleis in ?n swaarboomkastrol.
Skep vleis met ?n gleuf?lepel uit en hou eenkant. Geur met sout en peper.
Braai die ui, geelwortel en seldery tot sag in die oorblywende olie.
Voeg knoffel by en braai vir ?n minuut.
Voeg die meel by en braai vir ?n minuut.
Voeg die rooiwyn en tamatiepasta by en laat byna alles wegkook.
Voeg die Guinness by en laat twee derdes wegkook.
Skep die vleis terug in die kastrol en laat prut met die deksel op oor lae hitte
totdat die vleis sag is (sowat ?n uur).
Voeg die aartappels by en verwyder van die hitte.
Bedien in ?n bak of skottel met ?n deksel van skilferdeeg.
Om die deksel te maak, sit die bak onderstebo op die uitgerolde deeg neer en
sny ?n deksel met ?n skerp mes uit.
Sit die deeg op ?n bakplaat wat met bakpapier uitgevoer is en bak vir 10 minute
tot 15 minute in die oond by 200?C.
As jy die pastei in afsonderlike bakkies wil bedien, moet jy vir elke bakkie
?n deksel maak.


Springbokboud

gestop met skaapstertvet en voorgesit met portroomsous
6 ? 8 persone

Bestanddele:
4k karringmelk
1 springbokboud van sowat 2kg
3 knoffelhuisies, geskil en in repe gesny (opsioneel)
125 ? 250g skaapstertvet of swoerdlose spekvleisstukkies
?k olyfolie
1t dro? roosmaryn
growwe sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1k pinotage of ander rooiwyn

Sous:
? k port
3e meelblom
1e appelkooskonfyt
?k room

Gooi die karringmelk oor die vleis en marineer vir 1?2 dae. Draai nou en dan.
Voorverhit oond tot 160?C.
Druk die boud droog en maak klein snitte oraloor met ?n skerppuntmes.
Stop met repies knoffel en skaapstertvet of spekvleisstukkies.
Sit in ?n kasserolbak en besprinkel met olyfolie, roosmaryn, swartpeper en sout.
Giet die wyn oor. Bedek en bak sowat 2 ure.

Haal die boud uit en verbruin vir ?n paar minute onder die oondrooster.
Gebruik ongeveer 2k van die sous en gooi die port by. (Indien te min sous, vul dit aan met kookwater).
Los die meel op in ?n klein bietjie water en roer by die sous tot dit verdik het.
Geur met die konfyt.
Bedien warm met gebraaide aartappels en groente of koue skywe op ?n laag roketblare.



Gebraaide springboklende in Weber
6 ? 8 persone



Bestanddele:
1 springboklende van ongeveer 1kg
12-18 swoerdlose repe spekvleis
1 rooi en 1 geel soetrissie, ontpit en in ?groterige stukke gesny
growwe seesout en varsgemaalde swartpeper, na smaak

Vir die marinade:
1 ui, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
?k olyfolie
?k sojasous
2e druiwe-asyn
2e bruinsuiker
1e Dijon mosterd
1t tiemie
1k chardonnay

Maak eers die marinade deur die uie en knoffel in 2e olyfolie te soteer tot sag.
Gooi al die oorblywende bestanddele by en bring tot kookpunt.
Roer vir ?n minuut of so en laat dan afkoel.
Marineer die lendestuk vir 12 ? 24 uur.
Haal die lendestuk uit marinade en geur met sout en peper. (Onthou die sojasous gee reeds goeie souterige smaak).
Bedek die lende met spekrepe en steek vas met tandestokkies, indien nodig.
Giet die soetrissie en oorblywende marinade in ?n groot genoeg druppan.
Sit die lende op die rooster reg bo die druppan.
Braai vir 20 ? 25 minute in ?n Weber op die indirekte metode.
Die vleis moet sag en nog pienk in die middel wees.
Laat effens afkoel en sny in dun skyfies as voorgereg om saam met drankies te geniet.



Gebakte springbokskenkels met ryk groenpepersous
6 persone


Bestanddele:
6 springbokskenkels
3e olyfolie
1t koljander, varsgemaal
2 klein uie, gehalveer
3 klein worteltjies
?k rosyne
2 naeltjies
2 knoffelhuisies, gehalveer
1 lourierblaar
1 roosmaryntakkie
1k gekapte spek
1k port
?k lemoensap
growwe sout en v arsgemaalde
swartpeper, na smaak
Voorverhit oond tot 160?C.
Smeer die skenkels met olyfolie.
Vryf dan in met sout, peper en koljander.
Sit in ?n groot baksakkie en gooi al die ander bestanddele by.
Sit die baksakkie in ?n groot oondpan.
Bak vir ongeveer 2 ure tot sag.

Ryk groenpepersous:

(Sowat 1? k sous)
1 ui, fyngekap
3e botter
3e groenpeperkorrels
1t aangemaakte mosterd
2e brandewyn
1k room
2e gekapte pietersielie
?t sout
Soteer die uie in die botter tot sag maar nie bruin nie.
Gooi die peperkorrels en mosterd by.
Maak die brandewyn effens warm.
Steek dit aan die brand en gooi dit oor die uiemengsel.
Kook die sous tot dit na sowat ?n derde verminder het.
Verlaag die hitte en gooi die room, pietersielie en sout by.
Laat stadig prut tot die sous verdik.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Post Reply