Overberg Vaalribbokjag
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Overberg Vaalribbokjag
Dagsê
Ek het so twee dae in die Overberg gekamp en vaalribbok gejag. Na die afgelope twee weke se reën en koue is die plek waar ek gejag het baie nat. Water syfer oral teen die bulte af en uit die landerye. Soos sommige van julle weet, is die Overberg mak wêreld waar daar baie koring, canola en ander weidingsgewasse aangeplant word. Dis egter ook 'n gebied wat ryk is aan wild ten spyte van die mens se ingryping. As jy gelukkig is om met die regte mense kontak te maak, kan jy wel baie lekker jag in die Wes-Kaap. Ek het die twee dae terdeë geniet. Behalwe vir vaalribbokke en takbokke het ek duikers, muishonde (twee soorte) rooiborsjakkalsvoëls, kolganse, wildemakoue, witkruispaddavreters, tarentale, fisante, ens, ens, gesien.
Nadat ek vroegoggend uit Stilbaai weg is, het ek na so twee-en-'n-half ure se ry my kamp opgeslaan en toe gou die geweer gaan check. Daarna is ek veld toe, of te wel heuwels toe. Op die eerste dag het die ribbokke my egter ontduik en het ek hulle glad nie opgespoor nie. Op die tweede oggend is ek vroeg na 'n hoë uitkykpunt en het vandaar af die ruens gefynkam met die verkyker. Toe 'n entjie verder gery en drie ribbokke gesien. Ek het die bakkie gaan parkeer buite hul sig en hulle toe met 'n ompad bekruip. Eers het tarentale en later kolganse en wildemakoue my byna weggegee. Op een stadium was ek sowat 150m van die bokke af maar kon hulle nie onder my in die laagte mooi sien nie agv die steil helling en lang gras. Dis toe dat drie wildemakoue my game weggee en die bokke laat hardloop tot oor die 300m.
Ek het so 15 minute doodstil gelê op my maag en toe nader geseil (eers so 20m gekruip en toe verder geseil).
Die bokke het weer rustig geraak maar die ram het met sy gatkant na my toe gestaan en wou net nie draai nie. En toe gaan lê hy en die twee ooie. Die ram natuurlik met sy gatkant toe reg na my toe. Al wat ek kan doen, was om te wag. Ek het nog so 7m vorentoe gekruip om 'n mooi skoon skoot oor die grasspriete te kry en was toe 258m van die ram af. Hy het uiteindelik na 1 uur 20 minute opgestaan en gelukkig dadelik plankdwars gedraai. So gou as wat ek die kruishaar mooi stil op hom kon hou, het ek die sneller gedruk. Die skoot is styf agter die blad in en toe die koeël tref, het die ram sy rug krom getrek maar in plaas van spring of hardloop, vir seker so drie sekondes "gevries" op die plek. Toe steier hy in die rondte en slaan neer.
Ek het my Blaser .270 Win gebruik, gelaai met 140gr Sierra GameKing HPBT-koeëls. Hulle is gelaai voor 49.5gr Norma URP. Ek het nog nie eens die spoed gemeet nie, maar die Sierras groepeer mooi en ek ken die trajek tot op 300m. Toe ek die bok slag, het ek gesien dat die koeël 'n rib op ingang en uitgang getref het. Dit het ook die hart getref en die verste bladbeen reg by die elmboog gebreek. Vleisskade was minimaal en so ook die bloedswam. Dis wat soms so onverklaarbaar is - die bloedswam was veel minder as wat dit was met 'n koedoekoei wat ek met die Grendel geskiet het. Die gat deur die naaste rib was klein en so ook die ingangswond in die hart. Waar die koeël uit is by die hart, was die gat omtrent dubbel kalibergrootte.
Na die fotonemery het ek gou die ram se pens uitgehaal en hom die sowat 300m bult af gedra na die naaste pad. Toe het ek aangestap om my bakkie te gaan haal.
Die kampery was ook baie lekker maar soos te verstane vrek koud, so in die middel van die winter.
Terloops die ram se horings meet 8.25".
Mooi loop

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Last edited by Koos Barnard on Tue Jul 27, 2021 8:49 pm, edited 1 time in total.
- Methos
- Hero Member

- Posts: 580
- Joined: Tue Dec 12, 2017 4:12 pm
Re: Overberg Vaalribbokjag
Baie geluk Oom!
Ek het self in Riviersonderend gebly - mooi wereld daai. Geluk met die bok en mooi geduldig gewees!

- dennisinpe
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm
Re: Overberg Vaalribbokjag
Lekker om so op eie tyd te jag teen eie tempo en dan nog hele plaas vir self ook!
Koos, hoekom die hollow points eerder as die standaard 140gr Spitzer?
Ek skiet lg en dit verinneweer n klein bokkie.
Hoor graag.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Koos, hoekom die hollow points eerder as die standaard 140gr Spitzer?
Ek skiet lg en dit verinneweer n klein bokkie.
Hoor graag.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Overberg Vaalribbokjag
Hi Dennis
Ek het die gewone sagtepunt-koeëls geskiet maar toe hulle op was, was die hollow points al wat ek in die hande kon kry einde verlede jaar. Die prys was baie billik toe koop ek sommer 300 van hulle.
Mooi loop
Ek het die gewone sagtepunt-koeëls geskiet maar toe hulle op was, was die hollow points al wat ek in die hande kon kry einde verlede jaar. Die prys was baie billik toe koop ek sommer 300 van hulle.
Mooi loop
- dennisinpe
- Full Member

- Posts: 242
- Joined: Thu Jan 21, 2016 8:30 pm
Re: Overberg Vaalribbokjag
Dankie Koos. Net laaste vraag asb.
Vind jy n verskil in vleisskade, siende Sierra dit adverteer as n harder koeël.
Ek oorweeg juis om dit te probeer.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Vind jy n verskil in vleisskade, siende Sierra dit adverteer as n harder koeël.
Ek oorweeg juis om dit te probeer.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Overberg Vaalribbokjag
Baie geluk en dankie vir die deel. Lyk my die see het jou darem nog lank nie sag gemaak nie Koos!
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

Kaalvoetthysie
- Sr. Member

- Posts: 253
- Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm
Re: Overberg Vaalribbokjag
Baie geluk! Klink na n bitter lekker jag, nie die tiepe wat mens elke dag kry nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Overberg Vaalribbokjag
Dankie almal.
Dennis hierdie is die eerste bok wat ek met die holpunte skiet. Ek sal meer bokke moet skiet om 'n mening oor hulle te kan lug. Die normale sagtepunte mors maar met vleis.

Supacow
- Hero Member

- Posts: 2111
- Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm
Re: Overberg Vaalribbokjag
270 manne word nie mak gemaak
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
6x51 Europese Magnum
- Gian_dP
- Hero Member

- Posts: 1617
- Joined: Thu Mar 06, 2014 9:43 pm
Re: Overberg Vaalribbokjag
Lyk na 'n heerlike jag! Dankie vir die deel.
Ek dink die grootte van die bloedswam rondom 'n bladskooot hang van baie verskillende faktore af. Hoe lank bok nog asemhaal, het bok gehardloop voor/na skoot, presies watter deel van long getref is, of hart/groot are bo hart getref is ens. Het waarakynlik alles te make met hoeveel lug en bloed uit die borskas in die weefsel ingepomp word.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk

_____________________
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308
Gamo CFX .177
Howa/Krieger 6XC
Howa .243AI
Howa .300 WM
Musgrave .308