Na my droogtespel kon ek nie meer wag om weer te gaan jag nie, nogal in Rietbron (was nog nooit daar nie), en ons begin reel. Ons jag 1 Mei 2020, lekker!! ...... toe befoeter Covid ons mos, en ons moes nog 'n jaar wag. Ons boek toe vir einde Junie 2021.
Dit gee my toe genoeg kans om mooi load development te doen, en my skietkuns te verbeter.
Na 12 maande se gereelde skiet, was ek vol vertroue, en kon gemaklik 'n 15cm gong skiet tot op 500m van verskillende posisies af ...... so ek kan mos
Op 1 Julie is ons die eerste keer opsoek na koedoes, moes paar keer vashou as ons hulle gewaar in die rivierloop, die manne in daai geweste ry 'n Cruiser in die veld vinniger as wat ek my bakkie op teer ry. Ons het gaan voorsit en gewag dat die manne die rivierloop opstap en die koedoes aanjaag na ons kant toe. So skiet 'n vriend van ons 'n koedoe ooi in die hardloop, en moes ons bloedspoor vat. Na 2km sien ek "haar" so 80m van my af, en trek haar plat sommer so uit die vuis uit. NOU loop my confidence mos eers hoog
2 Julie word nog 'n paar koedoes geskiet, maar ek kry nie my kans nie. Was saam 'n vriend wie sy eerste jag beleef het, en gesien hoe hy sy eerste bok, 'n mooi koedoe bul, plattrek. Was so bly vir hom.
3 Julie en ons gaan springbokke jag, voorsit. By die eerste kamp is my geluk maar min, hulle kom tot so 400m van my af, maar vir so klein bok op 400m het ek nog nie kans gesien nie. Na paar ure kom die wind lekker op, en ek kry 'n skoot op 'n mooi ram so 280m van my af. Ek vat die skoot, maar die rondte is onderdeur, kwaad vir myself dat ek die afstand so verkeerd geskat het, maar voel nogsteeds baie positief.
Na nog 'n paar ure kry ek nog geleenthede 180m (van die bakkie af), 200m, 160m (van die bakkie af) en 250m ........ almal mis
Ek besluit toe ek gaan nou op 'n lekker koppie le en slaap, de hel met die res. Na so 20min kom 'n trop al teen die draad af gehardloop en gaan staan reg agter my so 60m ..... nou wat nou? ek rol toe stadige op my rug en skiet 'n mooi ram tussen my bene deur, en hy val dadelik. Nou ek kan nie vir julle vertel hoe verlig ek was nie, want ek was op die punt om rolbal op te neem.
Die trop hardloop toe wragtag net tot op 180m en gaan staan toe weer, ek vat toe maar nog 'n skoot, en daar val die ooi. Baie in my noppies, gaan haal ek die binnegoed uit, en neem sommer stelling in langs die een karkas vir my middag slapie.....nie 30min nie toe hoor ek hoe 'n trop amper oor my hardloop, hulle gaan staan so op 220m en ek trek sommer nog een plat .... nou begin ek weer confidence kry, die laaste een was over confidence (skoot op 420m met dwarswind) en skiet toe die agter been af, het haar toe doodskoot gegee op 100m (voel nou nog sleg om so 'n kans te vat in sulke weer, definitief my les geleer).
Wat ek geleer het, is dat jag jou vinnig "humble" maak, maar om in die karoo te jag, met niks selfoon opvangs nie, en great vriende, het elke man nodig om sy "sanity" te hou in die moeilike tye waarin ons leef.

