Hulp met 6.5 Grendel

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

Middag manne

Ek sukkel baie om consistent lading met my 6.5 grendel howa te kry (20" HB)

Skiet 107gr smk met s321 (28.5gr gee so 2630fps), die standaard plastiek kolf wat baie oopgemaak is voor

Sien lading op 100m geskiet, eers vertical string toe sommer horizontal string, dit alles binne 0.3gr uit mekaar??

Watter kant toe nou - ander kruit? Sal s335 werk?

Of ander kolf/chassis? Weet iemand van goeie opsies vir die howa mini action asb?

Dankie by voorbaat

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by Ds J »

Het jy die skroewe op die aksie nagegaan? Ek het twee mense met Howas gehelp wat nie wou skiet nie, en toe ons oë uitvee was altwee gewere se skroewe losserig.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

Ds J wrote:Het jy die skroewe op die aksie nagegaan? Ek het twee mense met Howas gehelp wat nie wou skiet nie, en toe ons oë uitvee was altwee gewere se skroewe losserig.
Ek het beide baie vasgetrek, dalk te vas? Is daar voorgestelde torque spec vir die skroewe asb?

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2141
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by Ds J »

Ek weet nie, maar "styf vas" is al beter as om hulle met n vingernael te kan uitdraai, soos wat met ons gebeur het.

Punt is dat dit al een oorsaak uitskakel.

As jy nog inligting kan gee sal dit dalk help:
Is dit n nuwe geweer, dws eerste skote? Of het jy al beter resultate met ander ammunisie gehad?

Is die teleskoop mooi vas?

Daar is n tweede rubber "bruggie" in die kolf wat soms ook aan die loop raak.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

Seker so 300 skote deur, nooit uitstekende groepe gekry nie. Nou oorgeskakel na 107gr smk vir hoër spoed. Wat my pla is as ek die agterste aksieskroef nie baie vastrek nie kan ek voel hoe aksie "skuif" wanneer ek loop heen en weer druk!! Alles wat ek al gehoor het sê voorste skroef moet stryf vas wees, agter minder vas (moet amper niks werk doen as aksie goed gebed/gepas is nie)

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk

User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

Weet nie van die bruggie nie?

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk

Carlc
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 271
Joined: Tue Nov 15, 2016 7:40 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by Carlc »

Ek skiet 123gr hornady sst's en ek gebruik CFE223 kruit. Spoed is hier by 2500fps. Glo nie jy gaan baie vinniger met daai gr punte kan gaan nie. As ek my kant bring dan sny die gate mekaar. Moet sè ek het nog nie baie verder as 200m met die geweer geskiet nie. Het nog oorspronklike plastiek kolf maar het wel die sneller laat ligter maak.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

Gate sny... Bliks#m

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk



User avatar
Gideon S
Full Member
Full Member
Posts: 207
Joined: Tue Jun 23, 2015 2:40 pm

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by Gideon S »

Snakker ek het selfde geweertjie in my kas en ons het baie mooi konstante resultate met 108gr Scenars en S335 gekry. TPL 57.8gr en 27.0gr S335 lot 713/15 met BR-4 primers vir spoed van 2510fps. Probeer gerus S335 met die SMK's. Hoop jy kom reg.
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

Gideon S wrote:Snakker ek het selfde geweertjie in my kas en ons het baie mooi konstante resultate met 108gr Scenars en S335 gekry. TPL 57.8gr en 27.0gr S335 lot 713/15 met BR-4 primers vir spoed van 2510fps. Probeer gerus S335 met die SMK's. Hoop jy kom reg.
Dankbaar, sal dit probeer

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk

User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

Hier is probleem waarvan ek praat: die ladings is op 100m slegs 0.3gr uit mekaar geskiet?? Image

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk

User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by jankraay »

Iets op daai geweer is los of die loop raak erens.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2469
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by Nico Harris »

Soos jan sê- bedding of iets los.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by tripodmvr »

Ek het gaan loer na nodes. Jy is naby maks druk met die 2630vps lading. Lyk asof die spoed meer in die 2540vps se orde moet wees. Kyk na 27,5gr S321.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

Dankie Oom Tripod. Ek het besluit om s335 te probeer, net een lading op 29gr gegooi om te kyk. Spoed so 2660fps uitgekom met geen druk tekens, lyk heel belowend (3 skote op 100m, ignoreer skoot links bo) . Sal verder eksperimenteer rondom daai puntImage

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk

User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

O ja, en het aksie skroewe beide teen 50 in-lbs getorque soos aanbeveel in Howa manual

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk

Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by Koos Barnard »

Ek het ook 'n Grendel. Moenie van hom 'n magnum probeer maak nie. Dit was nooit die Grendel se doel nie. Probeer die 107 skiet teen 2300 tot 2450 en kyk wat hy dan maak
Mooi loop
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by tripodmvr »

Volgens QL is jy nou beslis oor die rooi streep. S335 is warmer as S321 en jy het 'n nog hoër lading gebruik. Die maks druk is maar 52K psi.

Koos se spoedvlakke is reg - kyk na my aanbeveling.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

Dankie manne, waardeer raad en moeite

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk

Cbird
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Mon Mar 12, 2018 8:58 pm

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by Cbird »

N vriend van my toets en dit lyk baie belowend, TPL 57mm , 120gn ELDM en N135 met n spoed hier by 2450fps
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by tripodmvr »

Snakker, gaan kyk na Vihtavuori se aanbevole ladings en spoedvlakke. Omdat hulle meer tipes het sal sekeres meer spoed gee, maar kyk na die algemene tendens.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

Dankie Oom Tripod

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk

Henlo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 388
Joined: Thu Aug 11, 2016 8:31 pm

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by Henlo »

Waarvoor wil jy die geweer gebruik? Ek het 108 gr lapua scenars uit myne uit geskiet, hulle was super akkuraat teen 2280fps, vinniger het hulle nie so mooi geskiet nie
Te veel gunne en te min geld
User avatar
snakker
Hero Member
Hero Member
Posts: 1383
Joined: Sun Jul 12, 2015 7:28 am

Re: Hulp met 6.5 Grendel

Post by snakker »

Ek wil darem net terugvoer gee - die s321 lyk of hy die vlieg in die salf was heeltyd. S335 ladings baie meer consistent,kry darem al sal 0.4moa op 100m met relatiewe gemak. Dankie vir almal se raad en insette

Sent from my Redmi 7 using Tapatalk

Post Reply