Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag. Op die plaas aangekom, s? hy vir liefie om links teen die rivier af te loop,
dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoof hek ontmoet.
So ges?, so gedaan. Hy het skaars tussen die bosse ingeloop toe hy drie skote kort opmekaar hoor klap.
Hy hardloop val-val terug na waar die die stofwolk bo die doringbome hang. So deur die stof sien hy haar vaagweg en dit lyk op 'n afstand kompleet of sy haar eerste epileptiese aanval beleef.
Toe die stof effens gaan l? kry hy haar vir die eerste keer mooi gesien. Sy loop-val-storm in 'n klein sirkel soos 'n rot wat te min gif ingekry het en sy praat
onophoudelik op een van daai bloed-stollende toonhoogtes wat uit paniekbevange desperaatheid gebore is. Tussen die gekraak van die takke deur kom hy agter sy is in 'n argument met 'n ander
man betrokke, en die kragwoorde rol die een na die ander en sonder veel moeite tussen die twee lae stowwerige rooi lipstick deur.
"Meneer, dit is my Kudu die! Ek het hom eerste gesien. Jy kan die drie gate in sy kop meet. Dit was MY koe?ls!" gil sy terwyl sy die 306 se loop roekeloos deur die
tonnels in die stomme dier se skedel druk om te demonstreer.
"Goed mevrou, bedaar net!" s? die man vir die swaar gewapende en total-histeriese vrouejagter. Ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan maar die KUDU vir jou. "Gee jy om om net jou safety op jou
geweer te sit terwyl ek my saal en toom van jou kudu afhaal?!?!?!"
DIS HOEKOM VROUENS NIE MAG GAAN JAG NIE .......
- Frikkiedbr
- Hero Member

- Posts: 4254
- Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am
DIS HOEKOM VROUENS NIE MAG GAAN JAG NIE .......
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6971
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: DIS HOEKOM VROUENS NIE MAG GAAN JAG NIE .......
Hehehehehehehe
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
- Armand Steenkamp
- Hero Member

- Posts: 3528
- Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am
Re: DIS HOEKOM VROUENS NIE MAG GAAN JAG NIE .......
Hahaha goeies!
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
