Starline brass vs Lapua brass kapasiteit op 6.5 CM

Post Reply
Murray
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am

Starline brass vs Lapua brass kapasiteit op 6.5 CM

Post by Murray »

Hallo

Het iemand al die dop kapasiteit tussen Starline en Lapua doppe vergelyk?
Ek het altyd Lapua doppe gebruik en wil nou Starline gebruik. Wil weet of my ou lading min of meer dieselfde gaan werk.

Dankie
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Starline brass vs Lapua brass kapasiteit op 6.5 CM

Post by tripodmvr »

Starline se eie woorde oor hul doppe.

"Our .308 case is slightly thicker than most other brands towards the base, giving it slightly less case capacity. This feature will allow the reloader to reduce their load slightly and still achieve the same velocity as other brands."
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Starline brass vs Lapua brass kapasiteit op 6.5 CM

Post by JohanvB »

Starline se H20 volume is minder as Lapua se doppe, dus minder kruit gooi as jou lapua doppe
Murray
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am

Re: Starline brass vs Lapua brass kapasiteit op 6.5 CM

Post by Murray »

Baie dankie, sal maar met so so 2gr minder begin en kyk wat die spoed maak
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
Murray
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 94
Joined: Mon Nov 03, 2014 7:20 am

Re: Starline brass vs Lapua brass kapasiteit op 6.5 CM

Post by Murray »

Jis
Ek het toe begin met ladings. My spoed was baie laag en meet toe die H2O dop kapasiteit. Verbasend was die Starline se H2O kapasiteit .75 gr meer as Lapua doppe.
Ek moes .6gr kruit meer gooi om selfde spoed te kry op die Starline doppe.

Goed gaan
Anschutz match 54 1967 .22
Anschutz match 54 1964 .22
Sako 22-250 HOERKIND
Sako 243 AI
Howa 6.5 creedmoor
K98 30-06 AI
Beretta A300 12ga
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1516
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Starline brass vs Lapua brass kapasiteit op 6.5 CM

Post by swc-tr »

Murray daar bevestig jy nou weer een van die goue reëls van herlaai, moet nooit onbekende aannames maak nie, om te meet is om te weet.

Sent from my SM-A125F using Tapatalk

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
Vleisie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 439
Joined: Sat Oct 11, 2014 2:07 am

Re: Starline brass vs Lapua brass kapasiteit op 6.5 CM

Post by Vleisie »

More Murray
Net vir interessantheid wat is die H20 volume van jou Starline brass? Ek het van Starline na Peterson geskuif en het gevind die Petersons was 0.4gr minder as die Starline.
Myne meet as volg:
Starline 52.5gr H20
Peterson 52.1gr H20
Savage Model 12 .22-250 Rem
Benelli Supernova 12 Br
Savage Custom 6.5Creedmoor
Savage Model 11 .243 Win
Glock 19 Gen 4 9x19mm
Mossberg 402 palomino .22 lever action
Canik TP9 Sub Elite 9x19mm
Howa 1500 338 Win Mag
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Starline brass vs Lapua brass kapasiteit op 6.5 CM

Post by JohanvB »

Murray wrote: Sun May 16, 2021 5:47 pm Jis
Ek het toe begin met ladings. My spoed was baie laag en meet toe die H2O dop kapasiteit. Verbasend was die Starline se H2O kapasiteit .75 gr meer as Lapua doppe.
Ek moes .6gr kruit meer gooi om selfde spoed te kry op die Starline doppe.

Goed gaan
Ek vra om verskoning.. My data gaan check, die Starlines se volume IS groter as die Lapua s'n.

Jammer hieroor.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1481
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Starline brass vs Lapua brass kapasiteit op 6.5 CM

Post by Hein22 »

Ek het ook nou onlangs oor geswaai na Starline brass toe en is baie tevrede daarmee. Nes die ander groot name kan mens ook kies tussen large en small rifle primer pockets in sekere kalibers.

Soos genoem is daar van die doppe se nekke wat stampe en stote het uit die pakkie maar ek hardloop in elk geval al my virgin doppe deur 'n die voordat ek hulle laai, so dit pla nie.

Teen die prys dink ek nie hulle kan geklop word nie. Tyd sal nou leer hoe hulle gaan hou maar ek kan nie sien dat hulle enigsins sal terugstaan teen ander make nie.



Sent from my SM-A546E using Tapatalk


Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
Post Reply