Hulp met 7x64 lading asb?
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 890
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Hulp met 7x64 lading asb?
Manne help asb gou. Ek het 162gr AMax gelaai met 51.0g S365. My gemiddelde spoed is 2812 fps. Ek het plat primers (CCI200) gekry op 50gr en op 51gr het als weer normaliseer. Ek het dit al vantevore ook gesien dat primers begin druk en as jy op gaan als weer normaliseer. My vraag is, kan ek nog opgaan tot s? 52gr of moet ek maar liewer bly waar ek is. Dis n nuwe loop. Ek het 'n 150gr pmp "rak ammo" deur die crony geskiet wat 2868 fps loop met plat primer na die tyd. Is dit omrede my loop nog "styf" is.
Wat my nog effens bekommer is die feit dat vanaf 49gr tot 50.5gr het ek gemiddelde spoed van 35fps per 0.5gr gegain maar van 50.5 tot 51.0 het ek 79 fps by gekry.
Dankie
Wat my nog effens bekommer is die feit dat vanaf 49gr tot 50.5gr het ek gemiddelde spoed van 35fps per 0.5gr gegain maar van 50.5 tot 51.0 het ek 79 fps by gekry.
Dankie
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
-
Flip Fouche
- Hero Member

- Posts: 584
- Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
Praat met Stefan764 hy het goeie raad.
Flip
Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 890
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
Ek het met hom gesels, hy ken darm die gunne. Baie dankie flip.
Groete
KK
Groete
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
Vertel ons ook wat aangaan asb. Ekhet ook die naweek die eerste skote met my nuwe 7x64 geskiet en dit is wat ek gekry het:: Alle ladings met pmp dop,cci 200 primers, s 365,
Proamm 150gr fabriek ammo-- 2740vt/s
Hornady 162gr,BTSP, 51gr--2670vt/s
Rhino 150gr, 50gr--2566vt/s
51gr--2638vt/s
52gr--2717vt/s
53gr--2790vt/s
Rhino 170gr, 47gr--2403vt/s
48gr--2475vt/s
49gr--2557vt/s
50gr--2618vt/s
51gr--2700vt/s
TPL. 83MM (MAGASYN LENGTE 84MM) (KAMER LENGTE 87MM) Met ander woorde n bullet jump van 4mm
?? Geen hoe druk ondervind. GROETE, GERT.
g
Proamm 150gr fabriek ammo-- 2740vt/s
Hornady 162gr,BTSP, 51gr--2670vt/s
Rhino 150gr, 50gr--2566vt/s
51gr--2638vt/s
52gr--2717vt/s
53gr--2790vt/s
Rhino 170gr, 47gr--2403vt/s
48gr--2475vt/s
49gr--2557vt/s
50gr--2618vt/s
51gr--2700vt/s
TPL. 83MM (MAGASYN LENGTE 84MM) (KAMER LENGTE 87MM) Met ander woorde n bullet jump van 4mm
g
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
Lyk my ek het die post gehijack.... sorry. Julle slim manne, kyk bietjie hierbo en se my wat julle dink, veral in terme van groot bullet jump. watter kant toe: magasyn laat langer maak of loop dieper indraai of net so los? Dit is n K98 aksie
GROETNIS
GERT
GROETNIS
GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
Jou geweer is 'n jaggeweer. Hopelik sal jy 30mm groepering op 100meter kan skiet = 1MOA. As jy beter doen is dit tot jou voordeel. Jy het niks van groepgroottes genoem nie. Ek sal my nie bekommer oor die groot sprong nie. Kyk eers of hy wil skiet en dan probeer jy regmaak as daar "werklik" fout is.gvdm wrote: Lyk my ek het die post gehijack.... sorry. Julle slim manne, kyk bietjie hierbo en se my wat julle dink, veral in terme van groot bullet jump. watter kant toe: magasyn laat langer maak of loop dieper indraai of net so los? Dit is n K98 aksie
GROETNIS
GERT
My 7x64 is op P14 aksie wat almal s? 'n onakkurate aksie is. Sy maksimum COL met verskeie patrone is 88mm. Ek skiet meeste koele met 1MOA. Wag voor jy jou geweer afskryf. Speel nog 'n bietjie. In my geweer het S385 met die swaarder en langer projektiele die beste akkuraatheid en nog 'n goeie spoed gelewer.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3311
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
My geweer se kamer meet 89.5 en my magasyn kan 87mm vat. Ek laai nou so en kry goeie resultate. Ek dink dat 7x64's standaard lang jumps het want ek het nou die dag 'n Sako gemeet en hy was net .5mm korter, hy het nog nie 150 patrone geskiet nie.
Ek weet nie meer wat om te dink. Al lus gehad vir 'n 7mm WSM
Ek weet nie meer wat om te dink. Al lus gehad vir 'n 7mm WSM
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
TRIPOD, Dankie vir die reaksie. Groepering was as volg: 150gr-- 2566vt/s--2skoot-13mm, 3skoot--28mm. 2638vt/s--2skoot--13mm, 3skoot--45mm. 2717vt/s--2skoot--18mm--3skoot--45mm. 2790vt/s--2skoot--12mm, 3skoot--50mm..... 170gr-2403vt/s--2skoot--11mm, 3skoot--40mm. 2475vt/s--2skoot--20mm, 3skoot75mm. 2557vt/s--2skoot--10mm, 3skoot--22mm. 2618vt/s--2skoot--22mm, 3skoot42mm. 2699vt/s--2skoot--10mm, 3skoot--25mm. Die geweer het n 23,5" loop met groefdraai van 1 : 9,5". Die skoot wat die groepering oop gemaak het was feitlik elke keer die eerste skoot van die 3 skoot groepering. Ek het ook die loop skoongemaak na elke derde skoot. Het in totaal 50 skote geskiet en glo dat die loop nou ook ingebreek is.
Groetnis
Gert
Groetnis
Gert
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
Dankie Christo, sal maar sien wat die tokoms inhou

.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
-
Gerard
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
Julle moet in ag neem dat die 7x64 Brenneke 'n Europese kaliber is en dat die loop se boor en groef deursnee verskil van die Amerikaanse dimensies. Die 7x64 en 7x57 is albei .285" (7.24mm) terwyl die 7mm Rem Mag en ander .284" (7.21mm) is.
Dit is egter nie die groot probleem nie. Die vryboor van die 7x64 is tipies heelwat langer as die 7x57 en dan begin die vryboor teen 'n groter deursnee ook.
Vir vergelyking:
Albei se loopdeursnee is 6.98mm boor en 7.24mm groef.
Net voor die kamer, begin die vryboor van 'n 7x57 op 'n deursnee van 7.30mm. Oor 'n afstand van 19.2mm, verminder dit na 6.98mm.
Net voor die kamer, begin die vryboor van 'n 7x64 op 'n deursnee van 7.32mm. Oor 'n afstand van 34.0mm, verminder dit na 6.98mm.
Dus, as ons .284" koe?ls in 'n 7x57 gebruik, is die verskil in deursnee tussen die koe?l en die vryboor, net voor die dop, 90 mikron (7.30 - 7.21). Met .285" koe?ls is die verskil 60 mikron. Met 'n vryboor kegel lengte van 19.2mm, is daar beperkte tyd vir die lang as van die koe?l om te draai voor dit die riwwe en groewe van die loop binnegaan.
As ons .284" koe?ls in 'n 7x64 gebruik, is die verskil in deursnee tussen die koe?l en die vryboor, net voor die dop, 110 mikron (7.32 - 7.21). Met .285" koe?ls is die verskil 80 mikron. Met 'n vryboor kegel lengte van 34mm, is daar baie meer tyd en meer plek vir die lang as van die koe?l om te draai voor dit die riwwe en groewe van die loop binnegaan.
Indien daar enige asimmetriese afwyking met die 7x64 is, sal dit 'n baie groter effek h? as met dieselfde afwyking in 'n 7x57.
'n 7x64 moet soveel meer perfek gemaak wees as 'n 7x57 en die herlaai moet ook met baie meer sorg gedoen word.

Jy het alreeds 3 ladings wat 1MOA geskiet het. As dit is waarmee jy wil jag kan jy alreeds die jagveld betree.gvdm wrote: TRIPOD, Dankie vir die reaksie. Groepering was as volg: 150gr-- 2566vt/s--2skoot-13mm, 3skoot--28mm. 2638vt/s--2skoot--13mm, 3skoot--45mm. 2717vt/s--2skoot--18mm--3skoot--45mm. 2790vt/s--2skoot--12mm, 3skoot--50mm..... 170gr-2403vt/s--2skoot--11mm, 3skoot--40mm. 2475vt/s--2skoot--20mm, 3skoot75mm. 2557vt/s--2skoot--10mm, 3skoot--22mm. 2618vt/s--2skoot--22mm, 3skoot42mm. 2699vt/s--2skoot--10mm, 3skoot--25mm. Die geweer het n 23,5" loop met groefdraai van 1 : 9,5". Die skoot wat die groepering oop gemaak het was feitlik elke keer die eerste skoot van die 3 skoot groepering. Ek het ook die loop skoongemaak na elke derde skoot. Het in totaal 50 skote geskiet en glo dat die loop nou ook ingebreek is.
Groetnis
Gert
Ek vind dat die eerste skoot uit 'n skoon loop bietjie loop vanaf die ander. Jy het nou 3 skoot groeperings geskiet en dan skoongemaak. Dit verklaar dan jou eerste uitskieter. Jy het glad nie rede om moedeloos te wees nie. Wees nog versigtig en skiet nou 'n fouler en dan die 3 skoot groepering. Sorg net dat jou loop nie te warm word nie. Konsentreer op daardie ladings wat potensiaal toon en laai 0,5 op en af. Miskien verbaas jou geweer jou. Jy het ook nog nie eers met jou TPL begin speel nie.
As jy jou water dopvolume van 'n gevuurde patroon en COL gee en die looplengte is reg vanaf slotkop na loop se punt sal QL 'n beter voorspelling vir akkuraatheid kan gee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Boesman
- Sr. Member

- Posts: 447
- Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
KK
My geweer se jump is ook baie as mens dit met BR gewere vergelyk, tog skiet hy met Pro Amm 150gr 12-14mm 3-skoot groeperings waarvan die eerste twee tipies in 8-9mm groepeer. Herlaaide groeperings is nog beter. My magasyn beperk die TPL op 84mm, maar ek het agtergekom dat ek daardie soort groeperings kry op 'n TPL van 82,3mm. So die jump is nou nog groter. Ek vee my dus nou af aan die jump en seat selfs die ProAmm patrone op daardie lengte. So, wanneer nodig koop ek van die rak af, druk hulle deur die seater die en ry veld toe.
My geweer se jump is ook baie as mens dit met BR gewere vergelyk, tog skiet hy met Pro Amm 150gr 12-14mm 3-skoot groeperings waarvan die eerste twee tipies in 8-9mm groepeer. Herlaaide groeperings is nog beter. My magasyn beperk die TPL op 84mm, maar ek het agtergekom dat ek daardie soort groeperings kry op 'n TPL van 82,3mm. So die jump is nou nog groter. Ek vee my dus nou af aan die jump en seat selfs die ProAmm patrone op daardie lengte. So, wanneer nodig koop ek van die rak af, druk hulle deur die seater die en ry veld toe.
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
Dankie manne, ek voel al klaar beter. Gerard, jy het n mondvol gese!!. My volgende toets ladings gaan met 190gr en 130gr wees. Ek dink dit was Wouter en/of Jagtersdok wat n formule op die forum geplaas het waarmee jy die ideale gewig koeel kan uitwerk. Lyk my, my geweer sal beter doen met die swaar koeels
GROETNIS
GERT
GROETNIS
GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
-
KalahariKlong
- Hero Member

- Posts: 890
- Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am
Re: Hulp met 7x64 lading asb?
Manne, baie dankie vir die terugvoer. My groepering is binne 30mm op 8 skote. Die jump maak nie n groot verskil nie. Ek het gelaai vir my magesyn en dan ook gelaai vir 0.5 jump en die groepe was BAIE naby aan mekaar. Ek sal net moet gaan seker maak van lengtes, maar die vry boor is baie lank.
Songdaugh "spelling, sorry Jaco" het die geweer vir my gebed en dit het klaar 'n groot verskil gemaak.
@ Gerard, hoe weet ek verseker dat ek 'n .285 loop het?
Ek is nie naby iemand om vir my te meet nie en dis al wat my terug gehou het om die GSC te probeer.
Dankie aan almal.