Hi Julle
Ek het op een van die bogenoemde scopes af gekom en het hom vir n spot goedkoop prys gekry. Die scope
is regtig soos nuut en ek ken die scope se hele geskiedenis.
Nou wil ek graag by die manne weet wat dalk so n glasie het wat dink julle van hom en wat negatief of positief
kan julle van hom met my deel.
Op die oomblik het ek n 3-9 Redfield op my 30.06 en die kombinasie is dodelik akuraat en het gedink om dalk die Nikon
op te sit en dit sal my dalk n bietjie meer help as ek die dag op die baan wil bene rek.
As ek dalk meer weet van ander se bevindings oor die scope sal dit my dalk n beter idee gee wat ek regtig met hom wil doen.
Dankie Manne
Nikon Monarch 3 4-16x42
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2946
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Nikon Monarch 3 4-16x42
Ek gebruik hulle, o.a. Hierdie model. Terwyl nog nuut beskikbaar, uitstekende waarde vir geld, ‘n nie jammerkry teleskoop, lig vir stap met sterk vergroting, x4 werk ook nog vir Bosveld. Uitstekende glas met gemiddelde turrets.
Beste.
Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Nikon Monarch 3 4-16x42
Die enigste probleem is dat Nikon opgehou het om geweerteleskope te vervaardig.
Aangesien jy die teleskoop spotgoedkoop gekry het, glo ek jy gaan uiters gelukkig daarmee wees. Probeer net om nie iets soos 'n "turret" af te breek nie, want jy sal waarskynlik nie weer onderdele kry nie.
Aangesien jy die teleskoop spotgoedkoop gekry het, glo ek jy gaan uiters gelukkig daarmee wees. Probeer net om nie iets soos 'n "turret" af te breek nie, want jy sal waarskynlik nie weer onderdele kry nie.
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1350
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Nikon Monarch 3 4-16x42
Dis great teleskope daardie. Ek dink amper ek ken iemand met een op sy Rem 700 in .223, met bull barrel. Die ding skiet 'n barshou.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Nikon Monarch 3 4-16x42
Nou as iemand my net duidelikheid kan gee oor die Parralax. Stel ek hom bv in op 100m en hy sal reg wees as ek bv 200m of 300m skoot vat of moet
ek nou eers die Parralax stel vir 200m of 300m?
ek nou eers die Parralax stel vir 200m of 300m?
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1350
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Nikon Monarch 3 4-16x42
As jy werklik akkuraat wil skiet, gaan jy die paralax moet stel vir elke afstand.
- RUPERT
- Hero Member

- Posts: 1192
- Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm
Re: Nikon Monarch 3 4-16x42
vir algemene jag tussen 100-200-300 gaan dit n grood verskil maak. In die bos bv het n man nie tyd om eers verstellings
te maak nie
te maak nie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nikon Monarch 3 4-16x42
Jy kan kyk wat maak die parallaks as jy hom op 100m stel en dan kyk na teikens op 200 en 300m. Hou jou oog effens verder weg van die oogstuk en beweeg van links na regs. Nou sal jy agterkom as daar 'n groot verskuiwing op die teiken is. As jou oog egter mooi gesentreer is behoort dit geen effek te hê nie.
Vir bosveldjag sal ek dit nie te vêr stel nie, omdat naby teikens dan uit fokus gaan wees. Kleiner vergroting kan ook help om die dowwe beeld te verminder. Gaan speel bietjie en kyk wat prakties die beste gaan werk.
Vir bosveldjag sal ek dit nie te vêr stel nie, omdat naby teikens dan uit fokus gaan wees. Kleiner vergroting kan ook help om die dowwe beeld te verminder. Gaan speel bietjie en kyk wat prakties die beste gaan werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Toxxyc
- Hero Member

- Posts: 1350
- Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Re: Nikon Monarch 3 4-16x42
My paralax op my teleskoop maak vir my geen verskil as die teleskoop nie ver ingezoom is nie. Op die 4 tot 6 vergrotings maak dit vir my nie verskil op die fokus of die paralax nou op 10m of 500m is nie, het ek al gesien.
