Scope te laag?

User avatar
Antondup
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Mon Oct 10, 2016 7:58 am

Re: Scope te laag?

Post by Antondup »

More Wynand

Ek het n ruk terug selfde probleem gehad na ek nuwe ringe en nuwe teleskoop gekoop het. Soos paar van die manne reeds genoem het, ruil jou twee ringe om maw voorste een kom agter en agterste een weer voor. Probeer dit voor jy eniges iets anders doen, dit het regtig my probleem opgelos en dit kos jou niks behalwe weer n paar skote op die baan en n man kan darem nie te veel kla om tyd op die baan te spandeeer nie!

Groete
Anton du Plessis

Tikka T3 .300WSM
Sig Sauer P320 9mm
Slazenger .22LR
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Scope te laag?

Post by tripodmvr »

Sny drie stukke wat die breedte van die ring is en plak hulle vas 90 grade uitmekaar. Maskeerband werk baie goed. Dit beskerm ook die teleskoop se buis.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Francoisv
Hero Member
Hero Member
Posts: 1614
Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm

Re: Scope te laag?

Post by Francoisv »

Ek sou eerder film negatiewe gebruik om mee te shim as die ringe omruil nie die gewensde uitwerking het.


2 daughters. Plenty guns.

Francois Vogel
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 7990
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Scope te laag?

Post by Arnold »

Vir die manne wat n rail voorstel wil ek net noem dat dit nie noodwendig die probleem oplos nie alhoewel dit die simptone kan aanspreek.

Indien die aksie se agterste deel laer is as waarvoor die rail gesny is gaan die rail buig. Die scope mag nou dalk mooi zero maar daar is nou ongewenste spanning op die teleskoop indien die ringe nie gelap word nie. Ander maklikke oplossing hiervoor is om die scope rail te bed.

Hierdie is iets wat ek met Howa aksies sien. Ek het nog met min Rem700 aksie tedoen gehad.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 1350
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am

Re: Scope te laag?

Post by Toxxyc »

OK ek het die ringe gemeet. Hulle is presies ewe hoog, met geen verskil tussen die hoogte van hulle. Ek het ook gou die turrets gezero op die scope, toe sien ek die boonste turret is aansienlik losser as wat hy moes wees, en so halfpad opgelig van sy basis af.

Ek het die turrets altwee toe gezero toe sien ek die boonste een draai baie dieper vas as wat hy gelyk het toe ek die scope ingeskiet het. Nou is hy vas, gezero en toe ek draai sien ek ek het nog gemaklik 'n volle rotasie en 'n half voor ek naby sy limiete kom. Dit sit my op so 8 mils wat ek kan dial, bo en behalwe die holdover wat my nog so 950m gee. So ek los hom net so.
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Scope te laag?

Post by Jacquesb »

N oubaas wat vir jare n gunsmith is het my gesê jy shim met waterkuurpapier omdat olie geen effek op hom het nie. As jy dikker moet gaan sal valemoid ook werk.
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
Post Reply