Limpopo Vallei Rooibok Ram

Display your bragging rights here/ Plaas jou grotes hier.
Post Reply
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Brno308 jagter »

Mede Jagters

Ek was bitter bevoorreg om die mooi Rooibok ram te kom jag oor die lang naweek in die Limpopo Vallei naby die ou Buffelsdrift Grenspos. Ek en my gids het vroegdag so 06H30 begin loop en twee ramme gewaar in die bos, ons het vinnig aan 'n plan gedink om die ramme uit te oorle, ons plan het geslaag en ek kry 'n split sekonde waar ek 'n skoot kan waag op die ram in 'n erosie sloot wat oor die jare bietjie oop geword het, met gewvolg is jou skoot bietjie verder as die normale bosveld afstand, die skoot is ver vir die bos 160m maar ek het dooie rus op my skiet stokke en toe die skoot klap van my Sako 30-06 kan ek hoor hoe slaan die 165gr Swift Scirroco II punt die rooibok, dis 'n perfekte blad skoot en die bok val in sy spore.

Die ram is my grootste tot op hede en het die maatband verby 24 duim gerek, die ram meet toe finaal 24 en 7/8 gemeet deur Andre van Rooyen Taksidermis in Roodepoort.

Dis 'n groot eer vir my om die storie met julle te kan deel, en net so groot voorreg om te kan jag veral van die voet af soos ek dit verkies!

Groete,
Brno
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 1111
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by J le Roux »

Lekker! Baie geluk met 'n pragtige ram
Last edited by J le Roux on Wed Oct 07, 2020 10:22 am, edited 2 times in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Wouter Roets »

Geluk Brno met n pragram waaroor jy voorwaar op trots kan wees. Darem lekker as dinge so mooi uitwerk in die jagwereld.

Groetnis
Wouter
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4792
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Carl »

Baie mooi wêreld en mooi rooibok, geluk.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1986
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by sako 30-06 »

Baie geluk, dis n baie mooi ram. Lyk of hy n mooi dik nek ook het?

Hy gaan verseker mooi vertoon teen die muur.
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Brno308 jagter »

Dankie Kerels ek waardeer julle boodskappe. Ja soms is die geluk aan jou kant en ekt ook geleer 'n split sekonde in die bos kan een groot verskil maak tussen geluk en ongeluk.
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by airhunter »

Bravo
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by DWB »

Baie geluk!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13524
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Capt. Yoda »

Baie mooi en dit kon nie met n beter kaliber en maak geweer gedoen word nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by ruaanb »

Mooi ram wat was sy karkas gewig?
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Frederik »

Mooi rooibok lekker lang punte.
Last edited by Frederik on Wed Oct 07, 2020 2:16 pm, edited 1 time in total.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Mellies »

Well done.

Met `n vleisie...
User avatar
Toyrsi
Hero Member
Hero Member
Posts: 990
Joined: Fri Jul 03, 2015 5:29 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Toyrsi »

Baie geluk.
Voorwaar n baie mooi ram.
YOU WEREN'T BORN TO JUST PAY BILLS AND DIE!
Jacques Esterhuyzen
Kaalvoetthysie
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 253
Joined: Sat Nov 04, 2017 12:13 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Kaalvoetthysie »

Baie geluk


Sent from my iPhone using Tapatalk
knipmes
Hero Member
Hero Member
Posts: 704
Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by knipmes »

Geluk. So n mooi bok is altyd die "kersie op die koek" van n jag.
3kus
Full Member
Full Member
Posts: 149
Joined: Mon Mar 26, 2018 11:02 am

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by 3kus »

Baie geluk, dis n baie mooi ram!


Sent from my iPhone using Tapatalk
.22LR / 308 Win / 6.5x55 SE / 6.5CM / 7 RSAUM / 338WM / 375H&H / 9mm
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by JohanvB »

Geluk, stel ook belang in gewig, horings lyk bitter mooi, maar die lyf lykie so lekker nie, of is dit maar net soos hy lê?
Basie2
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 355
Joined: Tue Dec 23, 2014 2:09 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Basie2 »

Baie


Sent from my iPad using Tapatalk
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Brno308 jagter »

JohanvB wrote: Thu Oct 08, 2020 7:33 am Geluk, stel ook belang in gewig, horings lyk bitter mooi, maar die lyf lykie so lekker nie, of is dit maar net soos hy lê?
Johan, ja ek het die bok om en by 07H00 geskiet en die foto is omtrend 09h00 geneem omrede my foon se battery pap was, ons het maar intussen die pens uitgehaal met gevolg was die foto geneem sonder die pens in. Ek moes wag vir die ander jagters om uit die veld te kom voor ek die foto kon neem

Die bok het 33kg uitgeslag, wat nie sleg is as mens vat dis al laat in die seisoen nie.

Groete,
JohanvB
Hero Member
Hero Member
Posts: 2592
Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by JohanvB »

Steeds mooi horings
dwsmit
Newbie
Newbie
Posts: 32
Joined: Wed Dec 09, 2015 10:25 am

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by dwsmit »

Goeie dag BRNO, dit is n bitter mooi foto, as ek kan vra hoe het julle dit reg gekry om foto te neem dat die bok se kop regop is, ek kan nie sien dat julle n stokkie in die ore, bek of agter die nek gesit het om hom regop te druk nie?

Groete
User avatar
Brno308 jagter
Full Member
Full Member
Posts: 202
Joined: Tue Jan 12, 2010 10:04 am

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Brno308 jagter »

DWsmit wrote: Thu Oct 08, 2020 7:02 pm Goeie dag BRNO, dit is n bitter mooi foto, as ek kan vra hoe het julle dit reg gekry om foto te neem dat die bok se kop regop is, ek kan nie sien dat julle n stokkie in die ore, bek of agter die nek gesit het om hom regop te druk nie?

Groete
Die foto was so 2 ure geneem na ek die bok geskiet het, met gevolg was die bok al bietjie styf en kon ek sy nek so balanseer vir die foto, was maar net geluk gewees.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Spanner »

My maat is n PH in Dundee en hy het altyd n tol vislyn in sy bakkie. Hy maak dit om die kleiner bokke se horings vas en die ander punt aan n lang tak of stok vas wat die kop dan regop hou. Werk goed en as jy moeite doen, is die vislyn onsigbaar. Dit lyk nogal aardig om te sien hoe hy die foto opstel, maar die manne met die dollars beloon goed.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1483
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm

Re: Limpopo Vallei Rooibok Ram

Post by Eduard Venter »

Wat ook lekker werk as die grond sag is, is om jou mes in die sand in te druk en dan die bok se bek bo oor die hef te plaas. Sodoende bly die kop mooi regop en daar is niks stokkie sigbaar op die foto nie. Dit werk egter net in sagte grond bv as dit gereën het en met die kleiner spesies. 'n Skroewedraaier behoort ook te werk.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Post Reply