BUFFEL-GEWEER

Post Reply
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

BUFFEL-GEWEER

Post by PWV »

Ek het rondgesoek op die forum, maar kry nie die antwoord nie.

'n Vriend van my wil 'n geweer aanskaf waarmee 'n buffel gestop kan word - veral as "backup". Ek is n koffin op die gebied van buffeljag, daarom wil ek graag by kenners hoor met ondervinding. Moet 'n geweer wees wat nie 'n arm en 'n been kos nie.

Het met Wouter gepraat en hy dink mens moet begin by 'n .416.
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Supacow »

In die gesprekke rondom die onderwerp wat ek al afgeluister het was die manne dit eens jy koffin nie rond jy koop n 500NE en klaar. Baie ander sal werk maar die was die konsensus met minste stry.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
Krobb
Full Member
Full Member
Posts: 178
Joined: Sat Mar 01, 2014 4:57 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Krobb »

Oom Pw
Sê vir jou vriend hy moet SA Jagter se spesiale uitgawe genaamd Kolskoot koop. Hy is nou op die rakke. Alles wat die gewone man op straat wil weet van grootwild kalibers en gewere is daarin.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by DWB »

Oom Pieter,

Wat is die grootste geweer wat die persoon al geskiet het.

Die 416 / 423(404) reeks kalibers is nog handteerbaar, maar die 458s en op raak ñ perd van ñ ander kleur.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Frederik »

Daar bestaan nie iets soos 'n stopper wat ons self kan hanteer nie. As Buffel besluit om te storm gaan jy nie hom gestop kry sonder om sy ligte af te sit nie.

Maat hoe groter jou kaliber en hoe nader jy aan die brein of nek en rug werwels gaan skiet gaan die skok tog effek hé en dalk die buffle laat val of draai.

Meeste mense kan 416 mooi hanteer en hy het genoeg slaankrag en penetrasie. Hoe groter jy gaan hoe moeiliker raak dit om te leer om skoot perfek te plaas.

So eerder as om na kaliber te kyk is dit beter om te kyk na die praktiese aspekte van so geweer.

Gaan die geweer heeldag en aldag gedra word.
Magasyn kapasieteit?
Oop visier, teleskoop of dalk reflex?
Last edited by Frederik on Mon Oct 05, 2020 5:22 am, edited 1 time in total.
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2139
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Ds J »

n Professionele jagter hier naby ons het laasjaar vir hom n dubbelgewere aangeskaf. Hy het gesê daardie tweede vinnige skoot is soms die verskil tussen lewe en dood. Hy self het vir baie jare met n slot-aksie in 458 WM gewerk, totdat die stomende buffel eendag in n gat getrap en gestruikel het. Toe skiet hy bo-oor die buffel en sy tweede skoot was net-net betyds om die buffel op enkele meters te stop.
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Pappabeer »

Oom PW, ‘n .375 kan dit doen. Vir wat dit werd is kan ‘n 9,3 van soorte dit ook doen, en seker ‘n .338 ook. Maar hulle is vêr van ideaal af vir die taak.

Daar is ‘n wesenlike verskil tussen die kriteria vir ‘n klient se geweer, nl. ‘n goed geplaaste skoot met ‘n kaliber wat jy akkuraat skiet, op ‘n dier wat stil staan en ‘n relatiewe maklike skoot bied, en die kriteria vir ‘n gids of beroepsjagter se geweer, nl. om ‘n buffel te stop wat storm, of ‘n slegte weghardloop skoot bied.

Die geweer moet goed hanteer, foutloos funksioneer, en ‘n koeel lanseer wat die ligte gaan afsit teen enige hoek. 400gr .400 kaliber teen 2150-2400fps is ‘n begin, en alhoewel ek uiters tevrede is met beide my .416 Ruger en .450-400 3&1/4” se vermoë om n buffel op die plek neer te sit, sou ek nog gemakliker gewees het met ‘n .458 of .474 koeel van 480 of 500gr vir die taak, sou ek dit elke dag doen. My keuse sal ‘n .458 Lott in ‘n grendel aksie wees of ‘n .450 NE dubbel, met die .470 NE kort op sy hakke. Lg se balistiek is identies.

Wat die wapen betref is ek ‘n groot voorstaander van ‘n dubbel, wat die vinniger tweede skoot bied, en in my ervaring is daar selde tyd vir n derde of meer skote.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
OomMatt
Full Member
Full Member
Posts: 197
Joined: Tue Nov 17, 2015 1:48 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by OomMatt »

More weer Pieter

Het al die komintaar hier bo gelees , en my 10c is hoe groter hoe beter en as hy storm .... storm hy....... en moet jy raak skiet of boom soek as jy kans het.
Die ou storie is , skiet met wat jy gemaklik is en goed kan hanteer.
Vir wat dit werd is , my seun PH(72kg) gebruik .458 wat ons in Lott verander het , kos ook nie n arm en been nie. Het baie saam met hom ladings getoets en hier by die 8-10de skoot begin jy voel jy skiet met n GUN.
Gebruik die geweer met oop vesier en glo my maar gerus , ons doen dit gereeld dat hy in oefening kan bly , veral nou die jaar , skiet ons kleiduif skywe op 30m en mis nie sommer nie(90% sukses), maar skiet en laai vinnig.

Maar weet daar gaan nou weer stories kom oor wat is die beste geweer ens. dus bly ek by my stand ....... hoe groter hoe beter wat jy kan hanteer
It's not whether you get knocked down …….. It's whether you get up!!!!
They may damage your pride , but never give them the
power to crush your spirit.
User avatar
saswart
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 482
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by saswart »

Oom PW - ek is geen kenner of PH, maar hierbo is goeie advies genoem. Dubbel natuurlik in iets groter as 450 sal baie goed werk, maar Oom se vraag was "wat nie arm en neen kos nie".'n Dubbel sal. Dus sou ek se kyk na Brno/CZ/Winchester of iets soortgekyk in 458 Win/ verkieslik Lott. Ja 416/404 is ook goed maar as mens gaan oplees oor die kalibers is hul nie bekend as "stoppers" nie. 416 kos selfde as die Lott's in die fabrikate so maak soos Ruark gese het...

Natuurlik is daar die korrekte opinie dat 'n korrekte skoot met enige kaliber (Karamajo Bell met sy 6,5x54 en 7x57) sal enige dier stop. MAAR die skote vat mens as jy tyd het en regte skoot plasing het.

Soos Pappabeer bo noem, as daai dier weghardloop of 'n buffel/olifant storm het jy selde daai geleentheid en dan kort jy iets wat deur skedel,been ens kan gaan.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by PWV »

Baie dankie vir die terugvoering. As ek nou so 50 jaar jonger was, sou ek graag 'n buffel wou skiet. Toe was ek nog lekker rats en sou die eerste skoot nie tref nie, sou ek maklik in die eerste boom kon kom! ;)

As ek alles wat geseg is moet opsom, kom dit daarop neer:
1. Wees geduldig. Sorg dat jou eerste skoot die man laat lê. Dit kan met 'n 375 gedoen word as jy weet wat jy doen.
2. Sorg dat jy genoeg kaliber het vir 'n opvolg om die buffel se ligte af te skakel, as hy skielik "retaliate".
3. Dit lyk my 'n dubbelloop is, in laasgenoemde geval die aangewese ding omdat dit vinniger gaan en die kanse vir 'n "jam", uitskakel.

Jammer vir die Engelse terme, maar hulle sê solekker!! :)
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Wouter Roets »

Pappabeer wrote: Mon Oct 05, 2020 1:34 am Oom PW, ‘n .375 kan dit doen. Vir wat dit werd is kan ‘n 9,3 van soorte dit ook doen, en seker ‘n .338 ook. Maar hulle is vêr van ideaal af vir die taak.

Daar is ‘n wesenlike verskil tussen die kriteria vir ‘n klient se geweer, nl. ‘n goed geplaaste skoot met ‘n kaliber wat jy akkuraat skiet, op ‘n dier wat stil staan en ‘n relatiewe maklike skoot bied, en die kriteria vir ‘n gids of beroepsjagter se geweer, nl. om ‘n buffel te stop wat storm, of ‘n slegte weghardloop skoot bied.

Die geweer moet goed hanteer, foutloos funksioneer, en ‘n koeel lanseer wat die ligte gaan afsit teen enige hoek. 400gr .400 kaliber teen 2150-2400fps is ‘n begin, en alhoewel ek uiters tevrede is met beide my .416 Ruger en .450-400 3&1/4” se vermoë om n buffel op die plek neer te sit, sou ek nog gemakliker gewees het met ‘n .458 of .474 koeel van 480 of 500gr vir die taak, sou ek dit elke dag doen. My keuse sal ‘n .458 Lott in ‘n grendel aksie wees of ‘n .450 NE dubbel, met die .470 NE kort op sy hakke. Lg se balistiek is identies.

Wat die wapen betref is ek ‘n groot voorstaander van ‘n dubbel, wat die vinniger tweede skoot bied, en in my ervaring is daar selde tyd vir n derde of meer skote.
Oom Pietta

Dewie eggo baie mooi wat ek vir Oom oor die foon gese het, Oom se vriend kan maar gerus hierdie raad volg. Indien hy n dubbel oorweeg sal ek na iets kyk in n 470NE vir die eenvoudige rede die beskikbaarheid van komponente asook herverkoop waarde agv gewildheid van die rondte.

Groetnis
Wout
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by PWV »

Ek raak nou so lus en drink 'n paar Bell's en skiet 'n paar buffels!!! ++>:
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Gerhardu »

Ek persoonlik sal kyk na betroubaarheid en gemak vir jou as persoon. Dubbel is altyd lekker en n goeie opsie. Maar dit help ook nie jy skiet n 500NE en kan nie n A4 papier op 50m raakskiet nie. Ek het self n 375HH en 458Lott en omdat ek kort is het ek die LOP korter gemaak en dit verseker my skiet verbeter, so ook het ek die feeding ramp van altwee mooi gepolish sodat daar geen voer probleme is nie veral op tweede skote. Dis maar n persoonlike keuse wat die kaliber is. Ek dink daar is meer goeie big bore kalibers as slegtes. Gaan kyk na Pierre Van Der Walt se Dangerous game boek. Al die groot kalibers is daar met beskrywing. Eks n groot voorstander van n dubbel 416/500. Maar ruil my 2 CZ gewere vir niks. Hulle vat stof en werk hard sonder probleme.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7548
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Wouter Roets »

Gerhardu

Ek het dit al van te vore hier gese maar hierdie nuwe tendens van die laaste paar jaar dat gevaarlike wild slegs suksesvol met n dubbel geskiet en opgevplg kan word is loutere snert. Daar word nog en daar is tot nou toe by verre meer opvolg werk gedoen met slotaksie gewere as met dubbels. Daar is absoluut op dees aarde niks fout met n slotaksie nie en ek verstout my om te se dat ek al net soveel probleme gesien het met dubbels as met slotaksies, indien nie meer in verhouding as n mens die hoeveelheid dubbels teenoor slotaksie gewere in ag neem.

Groetnis
Wouter
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Gerhardu »

Wouter stem 100% saam dis hoekom ek se dis maar persoonlike keuse. Dis waarom ek op daai twee gewere van my besluit het n hele paar jaar terug toe ek gekyk het na opsies. Ek sal nooit vergeet van een jaar op proEX (Huntex) was daar n Blaser dubbel in 458lott wat ek amper gekoop het. Bly ek het nie maar nie te min. Soos wat ek se betroubaarheid en Kaliber waarmee jy gemaklik akuraat kan skiet. Dit gaan vir my maar baie oor skootplasing ook. My 375HH met 300gr teen 2400fps en 458lott met 500gr teen 2300fps is n lekker kombinasie en hulle pas my mooi. Ek skiet ook baie gemaklik met hulle. By gese met n slotaksie geweer wat 5 rontes vat en mooi voer is moer vinnig. En met n bietjie speed shooting oefening word dit nie beter! Ek ken n hele paar manne wat 'back up' met slotaksies en hulle is nogal gevaarlik met n enkelpyp in die hand op gevaarlike wild.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by DWB »

Hoor Hoor! Hier is paar van die BASA manne wat 'n slotaksie kan roer!

Ons almal droom seker van 'n dubbel, maar ek sal nie vrees met 'n goeie slotaksie in my hand nie!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Frederik »

Maak nie saak of jy die beste slot aksie of dubbel geweer in die wereld koop nie as jy nie met hom gereeld gaan oefen nie gaan jy maar sukkel met backup. So ekonomie maak ook saak grootse wat jy kan hanteer en jou sak pas om gereeld te oefen.

Het al gesien die groot manne wat groot jag kom so eenkeer BASA skiet gewoonlik begin of einde van die jaar vaar nie te wel nie en ons sien hulle nie weer nie. Ek was een van hulle maar het aangehou BASA bywoon dit het my baie gehelp en lat leer.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by tripodmvr »

Loer hier vir krag van 'n olifant. En dit is nie ons Afrika manne nie.

https://youtu.be/lgKNXb2Ne7I?t=258
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Bonesjara
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 75
Joined: Tue Jun 07, 2016 8:10 pm

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Bonesjara »

DWB wrote:Hoor Hoor! Hier is paar van die BASA manne wat 'n slotaksie kan roer!

Ons almal droom seker van 'n dubbel, maar ek sal nie vrees met 'n goeie slotaksie in my hand nie!
Deon ek het al gesien hoe jy jou slotaksie op 'full auto' werk. Jy hoef nie te vreesImage

Sent from my SM-N960F using Tapatalk

User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by DWB »

Hahahahahahaha Dankie P :)
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
PVZ
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sun Apr 05, 2020 1:09 am

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by PVZ »

PWV wrote: Tue Oct 06, 2020 12:47 pm Ek raak nou so lus en drink 'n paar Bell's en skiet 'n paar buffels!!! ++>:
Hahaha! Hierdie is nou 'n lekker draad en ek wens ek was nou in daai mark! Soos wat Frederik gesê het, daar bestaan nie regte "stoppers" nie. Ek wonder net, aangesien jy die senuwee stelsel moet tref om die dier in sy spore te stop - is 'n kleiner kaliber (.375 H&H) nie dalk 'n veiliger opsie nie? Kleiner kalibers moet tog meer hanteerbaar wees as die groottes en in 'n ongemaklike situasie dink ek sal 'n gemakliker geweer dalk handiger wees..
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Frederik »

PVZ, voordeel van groter kalibers as 375 is die skok en tref krag as jy met 375 die olifant se brein gaan mis gaan dit dit nie eers lyk of jy hom raakgeskiet het nie. Maar die groter kalibers se skok, groter koeel deursnee en energie met dieselfde amper raak gaan vir jou kans gee vir nog 'n skoot. Die olifant gaan of val of net staan soos pilaar vir klein tydjie wat jou kans sal gee om te laai en weer te skiet.
PVZ
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Sun Apr 05, 2020 1:09 am

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by PVZ »

Hi Frederik, dankie dit maak sin. Ek het jou artikel oor die .375 in die kolskoot tydskrif baie geniet - dankie daarvoor! Nadat ek daai video van Roland gesien het waar die olifant nie omgegee het oor die eerste skoot uit 'n 600 NE nie (dis hoe dit vir my gelyk het, ek kan verkeerd wees) wonder ek maar net oor daai skok golf en die effek daarvan op groot diere. Ek is seker die effek sal meer wees op die kleiner diere.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5021
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: BUFFEL-GEWEER

Post by Frederik »

PVZ jy is reg die olifant het nie regtig omgegee nie maar dit is hoekom ek ook geskryf het dat dit amper raak moet wees nie ver mis nie.

Dankie vir die terugvoer oor die artikel.
Post Reply