Barnes Bullets

Post Reply
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Barnes Bullets

Post by Raven »

Manne,

Wat is jule ervaring met Barnes TTSX koeels. Ek kyk om dalk my 25-06 te begin laai met die 100greiners.
Op die oomblik laai ek met Nosler Hunting BT's, wat ek gebruik vir jakkalse en klein wild, maar glo sterk ek kan groter wild aanvat met die punte.

Die een ding wat my pla is dat  Barnes se BC bietjie laer is as Nosler, maar dis nie te erg nie.

Die Nosler Hunting Ballistic Tips werk goed op lang skote,wanneer my spoed laer is, maar op korter afstande breek dit verskriklik op( 100-150m)
Op die oomblik het ek so 500 Noslers oor, en 200 Sierra Prohunters.Ek dink die Sierras penetreer ook goed, maar stel  baie belang aan Barnes.

Ek het gehoor dat Barnes nie altyd oopmaak nie...  :-\

Raven

 
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
300Winmag

Re: Barnes Bullets

Post by 300Winmag »

Raven wrote:
Ek het gehoor dat Barnes nie altyd oopmaak nie...  :-\

Raven
Ek dink hulle het dit toe met daai blou tips gefix. Ek dink as jy by die tipped version hou sal jy ok wees.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Wouter Roets »

Raves

Ek is maar n groot Barnes man maar alhoewel ek n klomp het vir die 25-06 het ek nog nie hulle gelaai nie. Meskien gaan die 100 greiners so bietjie te lank wees vir die 1:10 twist. Drie koeels wat mooi werk met daai Twist en darem nie te erg opbreek in die 25 nie is Hornady Interbonds 110gr; Swift Sirrocco 110gr en laaste maar nie die minste nie is Nosler se AccuBond 110gr. Hierdie koeels is dalk die beste kompromie tussen gewig vir twist, gewigretensie en baie bekostigbare prys.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Raven »

Wouter Roets wrote: Raves
Meskien gaan die 100 greiners so bietjie te lank wees vir die 1:10 twist.
Groetnis
Wout
Wouter, ek verstaan nie die stelling so mooi nie, verduidelik tog asb man, ek leer mos nog  ;) is dit nie dalk bietjie te lig eerder as te lank nie  :-\

Die probleem het ingekom so 3weke gelede, toe 'n vriend sy Pa uit Suid Afrika bring om 'n blesbok te skiet, hy gebruik toe my 25 en skiet hom op die blad. Naby skoot(70-80m) en die kooel breek heel op teen die bladbeen. Gevolglik moes ek  geweer gryp en opvolg skoot skiet om die Ram plat te kry.

[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... sbok-1.jpg[/img]

Later die namiddag skiet ek die koedoe koei 'n mooi nekskoot, afstand net oor die 300m, en die Nosler breek haar nekwerwel. Koedoe val net daar en is al dood toe ons by haar aankom.
[img width=560 height=420]http://i929.photobucket.com/albums/ad13 ... 4/Kudu.jpg[/img]

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Raven »

Wouter,
Ek wil 'n top kwaliteit premium punt laai, maar sal graag by 100gr wil hou omdat ek die trajek van my geweer redelik goed bemeester het.
Die Noslers gaan op my jakkalsjagte en dan 'n premium punt wanner ek op jagte genooi word.

So wat kan julle my aanbeveel op premium punte in 100gr of is dit beter om die 110greiners te laai.

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Geno »

Raves,
probeer gerus GS Custom 85gn HV koeels, hulle loop al te pragtig in my .25-06!
5 Gemsbokke is met my .25-06 met 85gr GSCHV koe?ls teen 3751vps geskiet.
Afstande het gewissel tot en met +-300m.
Die GSCHV's mors so min vleis dat jy letterlik tot teenaan die gat kan eet!
Hulle het ook 'n great skok-effek, as die koe?l die bok slaan, hol hy na die naaste bos toe (so 10 of 20m) en gaan l? net daar.
Uit die 5 GSCHV skote, is net twee koe?ls onder die vel aan die uitgangs kant gekry, die ander 3 trek nou nog...
Die 85 greinertjies het selfs op daardie afstand dwarsdeur die gemsbokke geskiet.

Wat betref die skok-effek, dit lyk verseker of hulle harder as ander koe?ls slaan daar voor.
My opinie oor die skok effek is die feit dat die GSCHV in .25 kaliber vinniger oopmaak as die swaarder Barnes koe?l in .30cal 165gn wat ons ook gebruik het, en sodoende meer energie aan die bok oordra.
Die twee GSCHV koe?ls wat ek in bokke gekry het, het wel hulle vlerke afgegooi na die groot skouerbene getref is, maar steeds in 'n reguit lyn aanhou penetreer soos enige soliede koe?l wat sy sout werd is, behoort te doen.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Barnes Bullets

Post by tripodmvr »

Skiet Barnes in al my kalibers. Omdat koper ligter is as lood moet koe?l bykans 20% ligter as normaal gekies word sodat dit nie te lank is en nie stabiliseer in die twist nie. In jou 25-06 se geval is 120gr lood gewoonlik die' keuse min 20% = 100gr in koper.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Raven »

Geno,
Wie in Namibia hou GS Customs aan, dis eintlik die probleem vir my.
Ek sal dan deur julle moet bestel en 'n plan maak om dit hier te kry.

Norton
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Geno »

Raves,
Hein KSV is die verspreider in die noord kaap, dalk kan hy vir jou plan maak.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Barnes Bullets

Post by tripodmvr »

Raven wrote: Geno,
Wie in Namibia hou GS Customs aan, dis eintlik die probleem vir my.
Ek sal dan deur julle moet bestel en 'n plan maak om dit hier te kry.

Norton
Gaan kyk op hul website. Hulle pos dit direk na jou na jou bestelling verwerk is.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Raven »

Geno,

Wat is die twist van jou 25-06, ook 1:10, stabiliseer 'n 1:10 die 85 greiners mooi??

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Raven »

Tripod,

Dankie ek sal gou gaan inloer daar.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Geno »

Raves,
Ja, my .25 se twist is ook 1:10"
Hulle stabiliseer baie goed.
Nosler BT 100gn is 28.32mm lank, en 85gn GSCHV is 26.64mm lank, so hy sal maklik stabiliseer as jou geweer van die 100gn loodkern koele hou.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Raven »

Geno,
Thx vir die info  8)

Kan nie nou enige orders plaas by GS customs nie, sien hul website het 'n probleem as jy wil order.
Sal volgende week inloer daar.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Geno »

Raves,
Order direk by Hein.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
namhunt
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 387
Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm

Re: Barnes Bullets

Post by namhunt »

Raven

Praat met my voor jy bestel. Dan kan ons dit saam doen.

Groete
Daan
User avatar
Hugov
Hero Member
Hero Member
Posts: 684
Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am

Re: Barnes Bullets

Post by Hugov »

Hello Raven.
Ek wil nou nie n "spanner in die works " gooi nie. Maar die Barnes 100 grein TTSX loop soos stroop in my 25-06 Voere. Ek moet ongelukkig nog die twist meet  :-[    Sal dit meet en laat weet.....
Het so maand terug met hom 5 Impala ooie gejag afstand was van 40m tot 240m . Daai koeels maak dood,
Groetnis H.

Ek het wel bietjie pressure signs gekry toe ek hulle naby aan die lands geseat het!. Seat nou 1,5 mm weg en geen probleem
9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Raven »

Hugo,

Geen probleem, hoe meer spanners, hoe vinniger "fix" ons die probleem.

Ek het egter vandag 200 x 85greiners van GS Customs bestel, wag ook nou vir 200 Nosler doppe wat ek saam met die GS Customs wil probeer.

EK sal julle op hoogte hou sodra ek hulle toets.

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Barnes Bullets

Post by JPS »

Raves,

Bly jy kon daai Doppe kry. Seker hoekom ek net die een box kon kry ;)

Laat weet my waneer jy daai toets met die GS Customs gedoen het. Ek sal ook in die resultate belang stel. Geno het dit ook al gebruik met groot sukses op Gemsbokke.

Groete
JP
PS. Ek is in Windhoek een van die Dae, onsgaan ons winkel daar vergroot. Weet noggie of ek oor gaan slaap nie sal nog kyk. Anders is dit invlieg en uitvlieg selle dag.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Raven »

JPS wrote: Raves,
PS. Ek is in Windhoek een van die Dae, onsgaan ons winkel daar vergroot.
JPS, nou s? dan vir my watter winkel van praat jy??

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Barnes Bullets

Post by JPS »

Raves,

Die Incredible Connection Winkel.

Beoog om die wee kvan 22 tot 25 erens daar in te val ;)

Groete
JP
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Raven »

JP,

Mooi man, ek is by Pinnacle Micro in NAM

Raves
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Barnes Bullets

Post by JPS »

Cool,

Moet kyk of ons bymekaar kan kom? soos gesle ek besluit nog of ek daar gaan oorslaap al dan nie.

PS. Wanner ek se "ons winkel" verstaan ek bedoel die maatskapy vir wie ek werk :angel: Ek is die Groep se risiko bestuurder.

Ps2. Jammervir die post hi jacking manne :angel:

Groete
JP
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7551
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Wouter Roets »

Raves

Jammer ek kom nou eers terug na jou toe. Ek dink jy het n skitterende keuse gemaak met die GS Custom en gaan nie spyt wees nie. Om terug te kom na die stabilisering storie. Met konvensionele 120 greiners is die 1:10 twist baie keer bietjie aan die stadige kant vir effektiewe stabilisering. Dit is in elk geval my ondervinding met n paar 25-06'se. Die swaarste konvensionele koeel wat in die meeste 25-06'se met 1:10 twists stabiliseer is gewoonlik 110gr. My vrees is dat die Barnes ook te lank gaan wees.

O-ja voor ek nou jou te deurmekaar maak is dit die lengte van die koeel wat die bepalende faktor is en nie die gewig nie. Driepoot het dit mooi verduidelik. Indien mens wil 120 greiners skiet is dit beter om n 1:9 twist te kry maar hulle is maar skaars.

Ek het ook so n paartjies van die Nosler doppies gevat, dis seker die rede hoekom daar niks oor is nie ;) Wag al agt maande vir hulle. Sien noggal uit om hulle deur hul passies te sit. Raves laai daai GSC presies soos aanbeveel op hulle site en as jy dan nog steeds nie gelukkig is nie sal ek jou help met n lading. Glo jy gaan hulle baie geniet!

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Barnes Bullets

Post by Raven »

Wouter,

Kanie wag nie, dankie vir jou hulp.

RAVES
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Post Reply