Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am

Ek het sommer lus vir gesels en draadsteek.
Daar word dikwels verwys na'n lekker kort bosveld geweer, of 'n lekker ligte stap en bekruip geweer. Manne praat sommer van lope afsny en kroon, of weier om 'n knaldemper op te sit want hoe gaan jy nou ooit kan stap met die lang swaar ding.
Ek wonder partykeer of hierdie regtig op logika en feite gebasseer is, en of ons sommer maar uit aannames of gewoontes stellings maak.
Kom ons kyk eerste na looplengte.
My .375 loop is 26 duim, met die 7x57 so 22 duim. Gaan die 4 duim ekstra my sommer in 'n bos laat vassit, of soos 'n ligtoring bo my kop uitsteek as ek hom met die band oor my skouer dra dat die koedoes my al op 400m al sien en laat spaander vir die lang loop? Indien wel, sou my eie lengte dan nie 'n bepalende faktor wees nie? Sekerlik is die effek van 'n geweer met 'n 26" loop geweer oor die skouer van 'n 6ft4" langeraat anders as wat 'n 5ft2" kortgat (sorry) hom dra? Of sou die 22" duim loop dan nou al reeds te lank wees vir die kort person of kind?
Ooo Wee, en die swaar gewere! Kom ons veralgemeen en neem aan dat 'n ligte jaggeweer so 7.5lb (3.5kg) weeg, met die ou grotes met knaldemper en scope so 14lb (6.5kg). Ek hoop darem nie dat iemand wat soos Bakkies Botha gebou is baie sal kla oor die ekstra 3kg nie! Terselfdetyd maak dit darem ook sin dat 'n relatief swaar geweer ongemak by baie jong of Klein geboude persoon gaan veroorsaak.
Self stap ek in die bosveld met my 30.06 met knaldemper op. Ek het die geweer band op sy langste gestel en hy steek skaars bo my kop uit as hy oor my skouer hang. Ek dra hom soms ook met kolf bo en demper na onder wat die lengte heeltemal teenfoeter. Teen 6ft1 en 135kg loop ek ook in elkgeval eerder om die bosse as om te buk of kruip.
Ek hoop daar is darem nog 'n paar opninies of kommentaar, is enkele kilogramme en duime dan nou regtig so belangrik? En onthou, ons praat van gewere, nie menere nie.

Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.

Basjan123
- Sr. Member

- Posts: 448
- Joined: Fri May 06, 2016 1:06 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Jys 'n besonderse groot kêrel , as ek so na jou stats kyk......... 
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Yip, ek het as laaitie laas 'n XL gedra.
Dit is soort van die punt, hoe kan mens 'n geweer klassifiseer as te swaar of te lank as jy nie oorweeg wie hom gaan dra nie.

Last edited by J le Roux on Thu Jul 23, 2020 2:59 pm, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Hoekom vertel lang mense altyd vir ons kortgatte hoe vêr hulle vanaf die grond is in ft?????Ek is klaar tekort en met 'n tekort in wiskunde kennis is ek nog agter met die storie vor ek nog begin. Kry jy saam met die lengte 'n imperial maatstaf?

Ek het swaar lang gewere met silencers en groot scopes op, jy pas moeiliker in tusse digte bos en jy dra swaarder en alles hak en raas en krap. As jy eers met ligte 20" loop geweer sonder scope gaan jag het in die bos besef jy hoe moeilik ons dit vir onself maak.
Vat jou groot swaar roer en probeer vinnig skote uit staande posisie sonder rus konstant as jy moeg is op teiken te kry. Doen nou dieselfde met ligte roer.

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Nee die maak nie sin nie. So omdat jy groot is pas die geweer nou deur daai tight gaaitjie in die bos of jy kan hom nou draai om die rots gesig met minimum spasie??? Nee hy doen nie. OMdat die draer groter is maak die die brykbare spasie nog minder. So klein outjie kan groter geweer in dieselfde spasie hanteer waar groot ou klein gun hanteer.J le Roux wrote: Thu Jul 23, 2020 2:43 pm Yip, ek het as laaitie laas 'm XL gedra.
Dit is soort van die punt, hoe kan mens 'n geweer klassifiseer as te swaar of te lank as jy nie oorweeg wie hom gaan dra nie.
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Die ongemak van 'n swaar geweer sluit in die geweerband wat jou skouers kou. Selfs met sinteties rekband byt hy maar hard teen die einde van 'n lang stap.
Wanneer jy moet aanlê is 'n klalnkdemper traag om by die teiken uit te kom en word makliker deur bosse en takke belemmer.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2150
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Ek is onlangs met twee gewere jagveld toe. Die een was my 7x57 op RSA-aksie met Swarovski 4-12x50 Z6 met Boyds duimgatkolf en 25"-loop en die ander my 6.5 Grendel met 20"-loop en Lynx 1-6x LX3. Die jagveld was digte bos in die verre Noord-Transvaal. Ek het die 7x57 vir twee dae gedra en ver gestap. Die lengte van die loop het nie te veel gepla nie maar die gewig van die geweer het my in die aande tam gehad. Op dag drie vat ek toe die klein Howa 6.5 Grendel. Wat 'n plesier om te dra. Die kort lopie het nie 'n reuse verskil gemaak nie maar tog effens gehelp waar ek deur ruie bos moes kruip en veral as ek die geweer dwars oor my skoot hou terwyl ek op my gat aanskuifel om te bekruip. Die groot verskil was egter die lekker ligte gewig. Ek was beslis minder moeg die aand. Net vir Tau: ek is 1.87m lank en weeg 100kg.
Mooi loop
Mooi loop
-
J le Roux
- Hero Member

- Posts: 1111
- Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Tau, Koos se 1.87m is 6ft2. Ek weet darem ook jy is nie regtig so kort nie.
Dit klank al meer of gewig 'n groter probleem as lengte is, met gewere en mense.
Dit klank al meer of gewig 'n groter probleem as lengte is, met gewere en mense.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 DWM .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser, Musgrave Mod 80 30-06.
- Lategan1
- Hero Member

- Posts: 2943
- Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
My ervaring.
Nie noodwendig aanhanger van 22” lope nie, hou van 24-26”.
My Sako L61R met kort Hunt Buddy demper op 24.5” loop, hierdie jaar saam Karoo/Nelspoort toe. My dagtaak was die stap gedeelte. Die jagmeester sien mos op jou gesig jy is die stapper
Het darem volgende dag voorsitplek gekry!
Nodeloos om te noem, in en deur baie ruig gedeeltes, op en af, welbekend aan my. Dit was ‘n lompe nagmerrie, liggewig Sako met scope en knaldemper op. Die dra is niks, die ‘dug a dive’ met die lamppaal is die ergste. Hy is ook heeltemal ‘top heavy’ en wil heeltyd omvoeter kop-om-laag.
Indien iemand nie ‘n werklike kortloop geweer verlang nie, was en is ek steeds oortuig die 22” loop het ‘n besliste plek, veral sonder knaldemper. Die ‘happy medium’ lengte vir bos en vlakte.
Vir dik ruigtes klink ‘n 20” met knaldemper na ‘n lekker geweer.
Beste.

Last edited by Lategan1 on Thu Jul 23, 2020 5:36 pm, edited 2 times in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Ek moes laas naweek 'n paar laaities laat jag met hulle pa se 270wsm gebou met 'n 28 duim loop op 'n warrior chassis en 'n knaldemper so lank soos 'n komkommer.
Na die 2de bekruip in die bosse wou ek die geweer oor my knieg breek. Na die 3de bekruip het ek my 30-06 gaan haal. Van die bakkie af is dit egter 'n besonderse geweer met geen gelyke op lang skote nie.
Hierdie geweer is wel 'n ekstreme voorbeeld, maar ek het nog nooit ongemaklik gevoel in die ruigtes met enige standaard jaggeweer hetsy 'n 22 of 24 duim loop nie. 'n Demper kan hom lank maak wat dit moeilik maak as dit baie ruig is (en deurkosyne loop deur in die begin)
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
Na die 2de bekruip in die bosse wou ek die geweer oor my knieg breek. Na die 3de bekruip het ek my 30-06 gaan haal. Van die bakkie af is dit egter 'n besonderse geweer met geen gelyke op lang skote nie.
Hierdie geweer is wel 'n ekstreme voorbeeld, maar ek het nog nooit ongemaklik gevoel in die ruigtes met enige standaard jaggeweer hetsy 'n 22 of 24 duim loop nie. 'n Demper kan hom lank maak wat dit moeilik maak as dit baie ruig is (en deurkosyne loop deur in die begin)
Sent from my SM-A520F using Tapatalk
- tau
- Hero Member

- Posts: 3942
- Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.

Cz .375 HH met scope en belt VS the mighty Ruger .375 Ruger. Naked and not afraid

Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
The Tool from Toolbag.
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Ek het nog nie 'n bakkie gekry wat nie my geweer kan dra nie.
So gewig/massa en lengte is vir my gladnie relevant nie!!!

- HeinSavage
- Full Member

- Posts: 118
- Joined: Thu Jul 10, 2014 4:13 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Ek het die laaste 3 maande op die plaas met lockdown so bietjie selektief uitgeskiet. Meeste was op die voet en so 50/50 tussen digte bos en relatiewe oop veld. Ek het twee gewere gebruik - .375 H&H 21" en 'n .308 20". Die .308 is redelik swaar ~5kg; die .375 is so ~4kg. DIK bos was die geweer in my hand, oop veld op my skouer. Gewig is verseker 'n groot faktor, die .308 raak swaar! Die kort gewere werk egter lekker met daai gerond kruipery. Ek weet die manne debateer "handling", maar vir my persoonlik is kort gewere vinniger op teiken en dit geld verseker meer vir skiet uit moeilike posisies uit. Toe doen ek 'n jag op 'n ander plaas en die .308 se demper moet terug op. Maak daai ekstra 3" toe nou 'n groot verskil! Ek is agter 'n bloubees met 'n strik om die nek in die dik bos in. Skielik toe voel daai geweer soos 'n ander man se geweer. Ek glo baie het te doen dat ek net aan hom gewoond was 3" korter, maar daai ekstra lengte het my paar keer vas laat hak en heelwat laat swets! My bakkie uitskiet geweer weeg 7kg en is 'n 26" loop met 'n maglight flits op die loop aangeskroef 
.22-250 Rem - Savage Mod 12 LPV
7mm-08 Rem Custom
.375 H&H Mag - Win mod 70 pre-'64
450 400 3" Dubbel
7mm-08 Rem Custom
.375 H&H Mag - Win mod 70 pre-'64
450 400 3" Dubbel
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Ek het die naweek n koppie geklim met n 10.5kg 28” loop geweer. Liewe genade boys ek het gedink hulle sal n chopper moet stuur om my da bo uit te gaan haal
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- skollie
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Fri Aug 19, 2016 1:53 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Werk aan daai kuite nodigCapt. Oblivious wrote:Ek het die naweek n koppie geklim met n 10.5kg 28” loop geweer. Liewe genade boys ek het gedink hulle sal n chopper moet stuur om my da bo uit te gaan haal
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Daardie kanonne wat julle gebruik kan doen met 'n affuit en groot wiele.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- ruaanb
- Hero Member

- Posts: 5557
- Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Watter kuite?skollie wrote:Werk aan daai kuite nodigCapt. Oblivious wrote:Ek het die naweek n koppie geklim met n 10.5kg 28” loop geweer. Liewe genade boys ek het gedink hulle sal n chopper moet stuur om my da bo uit te gaan haal
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
Skolla, ek jag die naweek in die berge in die bosveld en ek sal moet mooi beplan watse tekkies ek saam vat. My 30.06 os darem helfde ligter met n bitter lekker band maar ek kan nie weer so suffer nie. Ekt gedink eks half fiks en bq sterk maar as jy so oor los klippe moet sukkel met n swaar geweer in een hand en jou hamies wil bars dink jy vinnig terug aan daai eerste dunloop 22” 243tjie met die 4x40 scope opskollie wrote: Mon Jul 27, 2020 11:38 amWerk aan daai kuite nodigCapt. Oblivious wrote:Ek het die naweek n koppie geklim met n 10.5kg 28” loop geweer. Liewe genade boys ek het gedink hulle sal n chopper moet stuur om my da bo uit te gaan haal
Sent from my SM-G965F using Tapatalk
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13524
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Jaggeweer lengte en gewig, sommer 'n geselsie.
ruaanb wrote: Mon Jul 27, 2020 3:01 pmWatter kuite?skollie wrote:Werk aan daai kuite nodigCapt. Oblivious wrote:Ek het die naweek n koppie geklim met n 10.5kg 28” loop geweer. Liewe genade boys ek het gedink hulle sal n chopper moet stuur om my da bo uit te gaan haal